1 En n hierdie dinge het ek iets soos 'n groot stem van 'n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!
2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.
3 En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid.
4 En die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja!
5 En 'n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!
6 En ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.
7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.
11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was 'n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
12 En sy oë was soos 'n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het 'n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
13 En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
15 En uit sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met 'n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,
18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
1 这些事以后, 我听见天上好像有一大群人大声说: "哈利路亚! 救恩、荣耀、权能都属于我们的 神,
2 因为他的审判是真实公义的。他审判了那大淫妇, 那以淫乱败坏了世界的; 并且为他的仆人向淫妇伸了流血的冤。"
3 他们再一次说: "哈利路亚! 烧淫妇的烟往上冒, 直到永永远远! "
4 那二十四位长老和四个活物, 就俯伏敬拜那坐在宝座上的 神, 说: "阿们! 哈利路亚! "
5 接着有声音从宝座发出来, 说: "所有 神的仆人哪! 凡是敬畏他的, 无论大小, 你们都应当赞美我们的 神! "
6 我又听见一个声音, 好像一大群人的声音, 像众水的声音, 又像大雷的声音, 说: "哈利路亚! 因为主、我们全能的 神作王了!
7 我们要欢喜快乐, 把荣耀归给他! 因为羊羔的婚期到了; 他的新娘也自己预备好了。
8 并且有光洁的细麻衣, 赐给她穿上; 这细麻衣就是圣徒的义行。"
9 天使对我说: "你要写下来: ‘被邀请赴羊羔婚筵的人有福了! ’"他又对我说: "这都是 神真实的话。"
10 我就俯伏在天使脚前要拜他。但他对我说: "千万不可以这样! 我和你, 以及你那些为耶稣作见证的弟兄, 都是同作仆人的。你应当敬拜 神! 因为预言的精义, 就是耶稣的见证。"
11 我观看, 见天开了。有一匹白马, 那骑马的称为"忠信"和"真实"; 他按着公义审判和作战。
12 他的眼睛好像火焰, 头上戴着许多皇冠, 他身上写着一个名字, 这名字除了他自己没有人认识。
13 他身穿一件浸过血的衣服, 他的名字称为" 神的道"。
14 天上的众军, 都骑着白马, 穿着洁白的细麻衣, 跟随着他。
15 有一把利剑从他口中吐出来, 他要用这剑击打列国, 他必用铁杖治理他们; 并且还要踹全能 神烈怒的压酒池。
16 在他的衣服和大腿上, 写着"万王之王, 万主之主"的名号。
17 我又看见一位天使站在太阳中, 向高空所有的飞鸟大声呼喊说: "你们来吧! 齐集起来赴 神的大筵席!
18 可以吃君王的肉、将领的肉、壮士的肉, 马和骑士的肉, 以及自由的、作奴隶的、大的、小的, 所有人的肉。"
19 我看见那兽和地上的众王, 以及他们的众军, 都集合起来, 要跟那骑白马的和他的众军作战。
20 那兽被捉住了; 连同在兽面前用奇事迷惑人, 使他们接受兽的记号, 并且拜兽像的那假先知, 也一起被捉住了。他们两个就活活地被拋在烧着硫磺的火湖里去。
21 其余的人都被那位骑白马的口中所吐出来的剑杀了。所有飞鸟都吃饱了他们的肉。