1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, rig jou aangesig teen die berge van Israel, en profeteer teen hulle

3 en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE! So sê die Here HERE vir die berge en vir die heuwels en vir die klowe en vir die dale: Kyk, Ek bring 'n swaard oor julle, en Ek sal julle hoogtes vernietig;

4 en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word; en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode;

5 en Ek sal die lyke van die kinders van Israel voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi.

6 In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes 'n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word.

7 En die wat verslaan is, sal onder julle lê, sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.

8 Maar Ek sal 'n oorblyfsel bewaar deurdat daar vir julle sommige sal wees wat onder die nasies die swaard ontvlug, as julle verstrooi is in die lande.

9 Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek hulle ontugtige hart wat van My afgewyk het, en hulle oë wat agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het volgens al hulle gruwels.

10 En hulle sal weet dat Ek die HERE is; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.

11 So sê die Here HERE: Slaan in jou hand, en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val.

12 Hy wat ver is, sal deur die pes sterwe; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en gespaar is, sal deur die hongersnood sterwe. So sal Ek dan my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

13 En julle sal weet dat Ek die HERE is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode 'n lieflike offergeur gebring het.

14 En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land 'n wildernis maak en 'n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die HERE is.

1 耶和华的话临到我说:

2 "人子啊! 你要面向以色列的群山说预言,

3 说: ‘以色列的群山, 当听主耶和华的话! 主耶和华对大山、小山、溪涧和山谷这样说: 看哪! 我必使刀剑临到你, 毁灭你们的邱坛。

4 你们的祭坛必然荒废, 你们的香坛要被打碎; 我要使你们被杀的人倒在你们的偶像面前。

5 我要把以色列人的尸体放在他们的偶像面前, 又把你们的骸骨拋散在你们祭坛的周围。

6 在你们居住的一切地方, 城镇都必荒凉, 邱坛都必荒废, 以致你们的祭坛荒废被弃, 你们的偶像被打碎、被消灭, 你们的香坛要被砍下, 你们所制造的要被除灭;

7 被杀的人必倒在你们中间, 你们就知道我是耶和华。

8 "‘但我要保留一些余剩的人, 你们分散在各地的时候, 你们必有人在列国中从刀剑下逃出来。

9 那时, 逃脱的人必在被掳去的列国中想起我怎样为了他们而伤痛, 因为他们动了淫乱的心离弃我, 他们邪淫的眼恋慕偶像; 那时他们必为了自己所行的恶事和他们一切可憎的事厌恶自己。

10 他们必知道我是耶和华, 我说要降这灾祸在他们身上的话并不是空话。’"

11 主耶和华这样说: "你要拍手顿足, 说: ‘哀哉! 因以色列家一切可憎的恶事, 他们必倒在刀剑、饥荒、瘟疫之下。’

12 在远处的必因瘟疫死亡, 在近处的必倒在刀剑之下, 那余下被围困的也必因饥荒死亡。我必这样在他们身上完全发尽我的烈怒。

13 他们被杀的人倒在他们偶像的中间, 在他们祭坛的周围, 就是在各高冈各山顶上, 在每一棵翠绿的树下和茂盛的橡树下, 就是他们献馨香的祭给一切偶像的地方。那时, 他们就知道我是耶和华。

14 我必伸手攻击他们, 使他们一切居住的地方, 从旷野到第伯拉他, 都变成非常荒凉, 他们就知道我是耶和华。"