1 En jy, mensekind, profeteer tot die berge van Israel en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die HERE!

2 So sê die Here HERE: Omdat die vyand ha, ha! oor julle roep; en: Die ewige hoogtes het vir ons 'n besitting geword! --

3 daarom profeteer en sê: So spreek die Here HERE: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies 'n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is --

4 daarom, o berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale, tot die verwoeste puinhope en die verlate stede wat 'n buit en 'n spot geword het vir die oorblyfsel van die nasies wat rondom is --

5 daarom, so sê die Here HERE: Waarlik, in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het -- in volle vreugde van die hart, met diepste veragting -- sodat die weiveld daarvan 'n buit sou wees.

6 Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdat julle die smaad van die nasies gedra het.

7 Daarom, so sê die Here HERE, hef Ek my hand op: Waarlik, die nasies wat rondom julle is -- hulle sal hul smaad dra.

8 Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby.

9 Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word.

10 En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word.

11 Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die HERE is.

12 En Ek sal mense op julle laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal vir hulle 'n erfenis wees en hulle verder nie meer kinderloos maak nie.

13 So spreek die Here HERE: Omdat hulle vir julle sê: 'n Menseter is jy en een wat sy eie nasie kinderloos maak --

14 daarom sal jy nie meer mense opeet en jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Here HERE.

15 En Ek sal nie meer teen jou laat hoor die skimp van die nasies nie, en die smaad van die volke sal jy nie meer dra nie; en jy sal jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Here HERE.

16 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

17 Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid.

18 Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.

19 En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge.

20 En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die HERE, en hulle moes uit sy land uittrek.

21 Toe het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het.

22 Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het.

23 En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.

24 En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring.

25 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.

26 En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.

27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

28 En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My 'n volk en Ek sal vir julle 'n God wees.

29 En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie.

30 En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie.

31 Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels.

32 Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel.

33 So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word.

34 En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit 'n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan.

35 En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon.

36 Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die HERE, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen.

37 So sê die Here HERE: Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape.

38 Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

1 "人子啊! 你要向以色列的众山说预言: ‘以色列的众山啊! 你们要听耶和华的话。

2 主耶和华这样说: 因为仇敌攻击你们说: 哈哈! 那悠久的山冈都归给我们为业了。

3 所以你要说预言: 主耶和华这样说: 因为敌人使你们荒凉, 四围践踏你们, 好使你们归给列国中余剩的人为业, 成为人们提说和嘲笑的对象,

4 因此, 以色列的众山啊! 你们要听主耶和华的话; 主耶和华对大山、小冈、溪涧、山谷、荒凉的废墟, 被弃的城, 就是曾被四围列国中余剩的人所劫掠、所讥笑的, 这样说:

5 主耶和华这样说: 我在妒火中说话攻击列国中余剩的人和以东众人, 因为他们全心欢喜, 满怀恨恶, 把我的地归给自己为业, 好占有它为掠物。

6 因此, 你要向以色列地说预言, 对大山、小冈、溪涧和山谷说: 主耶和华这样说: 看哪! 我在嫉妒和烈怒中说话, 因为你们担当了列国的羞辱。

7 所以主耶和华这样说: 我举手起誓说: 你们四围的列国必亲自担当自己的羞辱。

8 "‘以色列的众山啊! 你们必长出枝条, 为我的子民以色列结出果子, 因为他们快要回来了。

9 看哪! 我是帮助你们的, 我必转向你们, 使人可以在你们上面耕种和撒种。

10 我要使以色列全家的人数在你们上面增多; 城市有人居住, 废墟可以重建。

11 我必使人和牲畜都在你们上面增多; 他们必繁殖增多; 我必使你们有人居住, 像从前一样, 并要使你们比先前更蒙福。你们就知道我是耶和华。

12 我必使人, 就是我的子民以色列, 在你上面行走; 他们必得你为业; 你必作他们的产业, 也不再使他们丧失子女。

13 主耶和华这样说: 因为人对你说: 你是吞吃人的, 又是使你的国民丧失子女的。

14 所以你必不再吞吃人, 也必不再使你的国民丧失子女。这是主耶和华的宣告。

15 我必使你不再听见列国的羞辱, 你必不再受万族的辱骂, 也不再使你的国民跌倒。这是主耶和华的宣告。’"

16 耶和华的话又临到我说:

17 "人子啊! 以色列家住在他们本土的时候, 他们的所作所为玷污了那地。他们所行的在我面前, 就像在经期中的妇人那样污秽。

18 所以我因他们在那地上流人的血, 又因他们以自己可憎的像玷污那地, 就把我的烈怒倒在他们身上。

19 我使他们分散在列邦, 四散在各地; 我按着他们的所作所为审判他们。

20 他们到了所去的列邦那里, 我的圣名就被亵渎, 因为人总是谈论他们说: ‘这些是耶和华的子民, 他们却要从耶和华的地出来。’

21 我却顾惜我的圣名, 就是以色列家在他们所去的列邦那里所亵渎的。

22 "因此, 你要对以色列家说: ‘主耶和华这样说: 以色列家啊! 我作这事, 不是为了你们, 而是为了我自己的圣名, 就是在你们所去的列邦那里所亵渎的,

23 我要使我的大名显为圣, 这名在列邦中已经被亵渎了, 是你们在他们中间所亵渎的。我在你们身上向他们显为圣的时候, 他们就知道我是耶和华。这是主耶和华的宣告。

24 我必从列国中领你们出来, 从万邦中聚集你们, 把你们带回故土。

25 我必用洁净的水洒在你们身上, 你们就洁净了; 我必洁净你们的一切污秽, 使你们远离所有可憎的像。

26 "‘我必把新心赐给你们, 把新灵放在你们里面; 我必从你们的肉体中除去石心, 把肉心赐给你们。

27 我必把我的灵放在你们里面, 使你们遵行我的律例, 谨守遵行我的典章。

28 你们要住在我赐给你们列祖的地; 你们要作我的子民, 我要作你们的 神。

29 我必拯救你们脱离你们的一切污秽; 我必叫五谷丰收, 不使你们遇见饥荒。

30 我必使树木的果子和田地的出产增多, 好使你们在列国中不再因饥荒而遭受耻辱。

31 那时, 你们必想起你们的恶行和不好的作为, 就必因你们的罪孽和可憎恶的事厌恶自己。

32 你们要知道我这样行, 不是为了你们的缘故; 以色列家啊! 你们要因自己的行为抱愧蒙羞。这是主耶和华的宣告。

33 "‘主耶和华这样说: 我洁净你们, 使你们脱离一切罪孽的日子, 我必使城市有人居住, 废墟可以重建。

34 从前所有路过的人都看为荒凉之地, 现在却必再可以耕种。

35 他们必说: "先前这荒凉之地, 现在竟像伊甸园一样; 这些废弃、荒凉、毁坏了的城市, 现在却成了坚固城, 有人居住了。"

36 那时, 在你们四围所余剩的列国, 就必知道我是耶和华, 是我重建了那些毁坏的地方, 栽植了那些荒凉之地。我耶和华说了, 就必实行。

37 "‘主耶和华这样说: 我还要让以色列家求我为他们增加人数, 多如羊群。

38 守节的时候, 在耶路撒冷作祭牲的羊群是怎样多, 那些荒废了的城市也必照样满了人群。他们就知道我是耶和华。’"