1 En jy, mensekind, neem vir jou 'n skerp swaard; as skeermes moet jy dit vir jou neem, en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; daarna moet jy vir jou 'n weegskaal neem en die hare verdeel:

2 'n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; dan moet jy 'n derde deel neem en met die swaard stukkend kap rondom die stad, en 'n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek.

3 Jy moet ook 'n klein bietjie daarvan neem en dit in jou slippe bind;

4 en daarvan moet jy nog weer neem en dit binne-in die vuur gooi en dit met vuur verbrand; daar sal vuur van uitgaan in die hele huis van Israel.

5 So sê die Here HERE: Dit is Jerusalem. Ek het dit onder die nasies gestel, en lande is daar rondomheen.

6 Maar dit was wederstrewig teen my verordeninge, goddeloser as die nasies, en teen my insettinge meer as die lande daar rondomheen; want hulle het my verordeninge verwerp en in my insettinge nie gewandel nie.

7 Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle opstandiger is as die nasies wat rondom julle is, in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie betrag het nie -- selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie;

8 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies;

9 en om al jou gruwels ontwil sal Ek aan jou doen wat Ek nooit gedoen het nie, en wat Ek so nooit weer sal doen nie.

10 Daarom sal die vaders die kinders opeet in jou midde, en die kinders sal hulle vaders opeet; en Ek sal strafgerigte oefen in jou midde en sal al wat van jou oorbly, na al die windstreke verstrooi.

11 Daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeisels en met al jou gruwels, sal k My ook onttrek; my oog sal nie verskoon nie, en k sal ook nie spaar nie.

12 'n Derde deel van jou sal aan die pes sterwe en deur hongersnood in jou omkom; en 'n derde deel sal deur die swaard rondom jou val; en 'n derde deel sal Ek na al die windstreke verstrooi, en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek.

13 So sal dan my toorn uitwoed, en Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen hulle en aan My voldoening verskaf; en hulle sal weet dat Ek, die HERE, in my ywer gespreek het as Ek my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

14 En Ek sal jou 'n puinhoop en 'n voorwerp van smaad maak onder die nasies wat rondom jou is, voor die oë van almal wat verbygaan.

15 En dit sal 'n voorwerp van smaad en skimp wees, 'n waarskuwing en 'n voorwerp van verbasing vir die nasies wat rondom jou is, as Ek strafgerigte in jou oefen in toorn en grimmigheid en in grimmige strawwe; Ek, die HERE, het dit gespreek.

16 As Ek die verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder, en julle staf van die brood sal Ek verbreek.

17 Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal 'n swaard oor jou bring. Ek, die HERE, het dit gespreek.

1 "人子啊! 你要拿一把利剑, 当作理发匠的剃刀, 剃你的头和刮你的胡子, 把须发放在天平上称, 然后把它们分成几分。

2 围困这城的日子满了, 你要拿须发的三分之一在城中用火烧掉, 又拿三分之一在城的周围用刀剁碎, 三分之一撒在风中, 我还要拔刀追赶它们。

3 你要在这些须发中取几根, 用你的衣角把它们包起来。

4 再从这几根须发中取一部分投在火里焚烧; 火必从那里蔓延到以色列全家。"

5 主耶和华这样说: "这就是耶路撒冷! 我曾把她安置在列国中间, 万邦环绕着她。

6 但她违背我的典章, 行恶胜过列国; 触犯我的律例, 比环绕着她的万邦更坏。她弃绝我的典章, 不遵行我的律例。"

7 主耶和华这样说: "你们比你们四围的列国更叛逆, 不遵行我的律例, 不遵守我的典章, 连你们四围列国的法规你们也不遵守。"

8 所以, 主耶和华这样说: "看哪! 我要敌对你。我要在你中间, 在列国的眼前, 施行审判。

9 我要因你一切可憎的事在你中间施行我未曾行过, 以后也不会这样施行的审判。

10 因此, 在你中间, 父亲要吃儿子, 儿子要吃父亲。我要向你施行审判, 把你余剩的众人分散到四方去。

11 "我指着我的永生起誓(这是主耶和华的宣告), 你既然用你一切可憎的偶像和一切可厌的事来玷污我的圣所, 我必收回对你的恩宠, 我的眼必不顾惜你, 我也不怜恤你。

12 你的人民三分之一必在你中间因瘟疫死亡, 因饥荒消灭; 三分之一必在你周围因刀剑倒毙; 三分之一, 我要分散到四方去, 我还要拔刀追赶他们。

13 "这样我的怒气才可以发尽, 我向他们所发的烈怒才可以平息, 自己才得到舒畅。我向他们所发的烈怒完全发尽的时候, 他们就知道我耶和华说过的话是出于嫉恨的心。

14 我要使你变成荒地, 使你在你四围的列国中和在所有路过的人眼前, 成为羞辱的对象。

15 我以怒气、烈怒和忿怒的责备向你施行审判的时候, 你就必在你四围的列国中成为羞辱、讥讽和令人惊骇的对象, 也成了他们的警戒。这是我耶和华说的。

16 我射出饥荒和毁灭的毒箭的时候, 是为了毁灭你们。我要使你们的饥荒加剧, 断绝你们粮食的供应。

17 我要差遣饥荒和恶兽到你们那里去, 使你丧掉儿女; 在你中间必到处发生瘟疫和流血的事; 我也必使刀剑临到你。这是我耶和华说的。"