1 Daarop het manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit.
2 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit -- sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?
4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom -- Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee;
5 sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het.
6 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al julle gruwels.
7 Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat die My vir hom kan raadpleeg -- hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee.
8 Ek sal my aangesig rig teen die man en hom tot 'n teken en 'n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
9 En as die profeet hom laat verlei om 'n woord te spreek -- Ek, die HERE, het die profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
10 En hulle moet hul ongeregtigheid dra: soos die ongeregtigheid van die vraer, so sal die ongeregtigheid van die profeet wees;
11 sodat die huis van Israel nie meer agter My wegdwaal nie en hulle nie meer verontreinig met al hul oortredinge nie. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, spreek die HERE.
12 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
13 Mensekind, as 'n land teen My sondig deur troubreuk te begaan, en Ek my hand daarteen uitstrek en die staf van die brood daarvan verbreek en 'n hongersnood daarin stuur, en Ek daaruit mens en dier uitroei --
14 al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek die Here HERE.
15 As Ek wilde diere in die land laat rondswerf, dat hulle dit kinderloos maak en dit 'n wildernis word, sodat niemand daar deurgaan vanweë die wilde diere nie --
16 al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie; net hulle sou gered word, maar die land sou 'n wildernis wees.
17 Of as Ek die swaard bring oor daardie land en sê: Laat die swaard deur die land trek! en Ek daaruit mens en dier uitroei --
18 al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie, maar net hulle sou gered word.
19 Of as Ek pes in daardie land stuur en my grimmigheid daaroor uitgiet in bloed, om daaruit mens en dier uit te roei --
20 al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.
21 Want so sê die Here HERE: Hoeveel te meer as Ek my vier kwaai gerigte, swaard en hongersnood en wilde diere en pes, op Jerusalem afstuur om daaruit mens en dier uit te roei!
22 Maar kyk, daarin sal oorbly wat ontvlug, wat uitgebring word, seuns en dogters; kyk, hulle kom uit na julle toe, dat julle hulle weg en hulle handelinge kan sien, en julle getroos kan word oor die onheil wat Ek oor Jerusalem gebring het, oor alles wat Ek daaroor gebring het.
23 Ja hulle sal julle troos as julle hulle weg en hulle handelinge sien; en julle sal weet dat Ek nie tevergeefs alles gedoen het wat Ek daarin gedoen het nie, spreek die Here HERE.
1 有几个以色列的长老来见我, 在我面前坐下。
2 耶和华的话就临到我说:
3 "人子啊! 这些人已经把他们的偶像接到心里去, 把那陷他们在罪孽中的绊脚石放在自己面前, 我怎能让他们向我求问呢?
4 因此, 你要告诉他们, 对他们说: ‘主耶和华这样说: 以色列家的人中, 凡把他的偶像接到心里去, 把那陷自己在罪孽中的绊脚石放在自己面前, 却又来见先知的, 我耶和华必按他拜众多偶像的罪报应他,
5 好夺回以色列家的心。他们众人因自己的偶像, 与我疏远。’
6 "因此, 你要对以色列家说: ‘主耶和华这样说: 回转吧! 转离你们的偶像! 转脸离弃你们一切可憎之物吧!
7 因为以色列家的人中, 或是在以色列寄居的外族人中, 凡与我疏远, 把他们的偶像接到心里去, 把那陷自己在罪孽中的绊脚石放在自己面前, 却又来见先知, 要为自己求问我的, 我耶和华必亲自报应他;
8 我必向那人变脸, 使他成为别人的鉴戒和讥笑的对象; 我要把他从我子民中剪除; 你们就知道我是耶和华。
9 如果有先知被欺骗说一句话, 是我耶和华任那先知受欺骗的; 我必伸手攻击他, 把他从我子民以色列中除灭。
10 他们必担当自己的罪孽; 求问的人的罪孽怎样, 先知的罪孽也必怎样。
11 这样, 以色列家必不再走迷路离开我, 也不再因他们的一切过犯玷污自己; 他们要作我的子民, 我要作他们的 神。这是主耶和华的宣告。’"
12 耶和华的话又临到我说:
13 "人子啊! 如果一国行了不忠的事得罪我, 我就必伸手攻击那国, 断绝那地的粮食, 使饥荒临到那地, 使人和牲畜都从那地剪除,
14 即使有挪亚、但以理和约伯这三个人, 他们也只能因自己的义救自己的性命。这是主耶和华的宣告。
15 如果我使猛兽经过那地, 蹂躏那地, 使它荒凉, 以致因为这些兽的缘故, 没有人敢经过;
16 即使有这三个人在其中, 我指着我的永生起誓, 他们只能救自己, 连儿女也不能救, 那地却仍然荒凉。这是主耶和华的宣告。
17 如果我使刀剑临到那地, 说: ‘愿刀剑经过那地, 好让我把人和牲畜从那地剪除。’
18 即使有这三个人在其中, 我指着我的永生起誓, 他们只能救自己, 连儿女也不能救。
19 如果我使瘟疫流行那地, 借着流血的事把我的烈怒倾倒在那地上, 使人和牲畜都从那地剪除;
20 即使当中有挪亚、但以理和约伯, 我指着我的永生起誓, 他们只能因自己的义救自己的性命, 连儿女也不能救。这是主耶和华的宣告。"
21 主耶和华这样说: "我打发刀剑、饥荒、猛兽和瘟疫这四样可怕的刑罚临到耶路撒冷, 要把人和牲畜从那里剪除的时候, 那情况岂不更严重吗?
22 其中将有剩下逃脱的人, 连同儿女被带出来, 他们来到你们那里, 你们看见他们的所行所为, 就会因我降给耶路撒冷的一切灾祸, 得了安慰。
23 你们看见了他们的所行所为, 就必得安慰, 因为你们知道我在耶路撒冷所行的一切, 并不是无缘无故的。这是耶和华的宣告。"