1 En jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik Jerusalem;
2 maak dan 'n beleëring daarteen en bou forte daarteen en gooi 'n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.
3 Verder, neem jy vir jou 'n ysterpan en sit dit as 'n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal beleër wees, en jy moet dit beleër. 'n Teken is dit vir die huis van Israel.
4 Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel; volgens die getal dae dat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra.
5 En Âk lê jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, drie honderd en negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra.
6 En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar lê Ek jou een dag op.
7 En op die beleëring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig terwyl jou arm ontbloot is; en jy moet daarteen profeteer.
8 En kyk, Ek sit vir jou toue aan, sodat jy jou nie kan omdraai van die een kant na die ander nie, totdat jy klaar is met die dae van jou beleëring.
9 En neem jy vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood; volgens die getal dae dat jy op jou sy lê, drie honderd en negentig dae, moet jy daarvan eet.
10 En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet.
11 Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van 'n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink.
12 En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë.
13 Toe sê die HERE: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.
14 En ek sê: Ag, Here HERE! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.
15 Toe sê Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.
16 Ook het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;
17 sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.
1 "人子啊! 你要拿一块砖头, 放在你面前, 在上面刻一座城, 代表耶路撒冷。
2 然后安放围城设施, 建造围城高墙, 筑起攻城土垒, 摆列兵营, 四周架起攻城锤。
3 你又要拿一个铁的煎盘, 放在你和城的中间当作铁墙。你要面向着城, 象征城要被围困, 你就是围攻那城的。这要作以色列家的预兆。
4 "你要向左边侧卧, 承担以色列家的罪孽。你向左边侧卧多少日子, 你担当他们的罪孽也是多少日子。
5 我已经给你定了日子的数目, 就是三百九十天, 等于他们作孽的年数, 你要在这些日子担当以色列家的罪孽。
6 这些日子满了以后, 你要再向右边侧卧, 担当犹大家的罪孽, 我已经给你定了四十天, 一天等于一年。
7 你要面向着被围困的耶路撒冷, 赤露着膀臂, 说预言攻击这城。
8 我要用绳子把你捆绑起来, 使你不能转身, 直等到你围困城的日子满了。
9 "你要拿小麦、大麦、豆子、扁豆、粟米和粗麦, 放在一个器皿里, 给自己做饼。在你侧卧的三百九十天里, 你都要吃这些饼。
10 你所吃的食物要有一定分量, 每天二百三十克, 要在指定的时候吃。
11 你喝的水也要有一定分量, 每天半公升, 要在指定的时候喝。
12 你吃这些饼, 要像吃烙的大麦饼一样, 但要用人粪在众人面前烧烤。"
13 耶和华说: "以色列人在我赶他们去的列国中, 也要这样吃不洁净的食物。"
14 我说: "主耶和华啊! 我从来没有玷污过自己。我从小到现在都没有吃过已经死去的, 或是野兽撕裂的动物, 不洁净的肉从没有进过我的口。"
15 于是他对我说: "你看, 我准你用牛粪代替人粪, 你可以在牛粪上烤你的饼。"
16 他又对我说: "人子啊, 我要断绝耶路撒冷的粮食。他们要满心忧虑, 吃配给的口粮; 十分惊惶, 喝配给的水。
17 他们缺粮缺水, 各人都必惊惶, 因自己的罪孽衰弱而死。"