1 Daarna het ek gekyk -- en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die g,rubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.

2 En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die g,rub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die g,rubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.

3 En die g,rubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.

4 Toe het die heerlikheid van die HERE van die g,rub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid.

5 En die geruis van die g,rubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.

6 En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die g,rubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.

7 Toe steek die g,rub sy hand uit, tussen die g,rubs uit, na die vuur wat tussen die g,rubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; die het dit geneem en uitgegaan.

8 En daar is aan die g,rubs gesien die vorm van 'n mens se hand onder hulle vlerke.

9 Toe het ek gekyk -- en daar was vier wiele langs die g,rubs, telkens een wiel langs elke g,rub; en die voorkoms van die wiele was soos die van chrisoliet.

10 En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was:

11 as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.

12 En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle.

13 Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.

14 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van 'n g,rub en die tweede aangesig die aangesig van 'n mens en die derde die aangesig van 'n leeu en die vierde die aangesig van 'n arend.

15 En die g,rubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het.

16 En as die g,rubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die g,rubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie.

17 As die bly staan, staan hulle; en as die opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle.

18 En die heerlikheid van die HERE het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die g,rubs gaan staan.

19 En die g,rubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van die HERE, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.

20 Dit is die wese wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit g,rubs was.

21 Elkeen het vier aangesigte en elkeen vier vlerke gehad; en iets in die vorm van mensehande was onder hulle vlerke.

22 En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self; hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.

1 我观看, 见基路伯头顶以上的穹苍, 有好像蓝宝石宝座的形状, 显现出来。

2 主对那身穿细麻布衣服的人说: "你进到基路伯以下的轮子之间那里去; 从基路伯之间, 用两手捧满火炭, 然后把它们撒在城上。"他就在我眼前进去了。

3 那人进去的时候, 基路伯站在殿的右边, 云彩充满了内院。

4 耶和华的荣耀从基路伯上面升到殿的门槛那里; 殿里充满了云彩, 院子也充满了耶和华荣耀的光辉。

5 基路伯的翅膀发出的声音在外院也可以听到, 好像全能的 神说话的声音。

6 他吩咐那身穿细麻布衣服的人说: "你要从轮子之间, 就是从基路伯之间取火。"那人就进去, 站在一个轮子的旁边。

7 有一个基路伯从众基路伯之间, 伸手到他们中间的火那里去, 取了些火, 放在那身穿细麻布衣服的人手中; 那人拿了火, 就出去了。

8 在那些基路伯的翅膀下面, 可以看见人手的形状。

9 我观看, 见众基路伯旁边有四个轮子; 每一个基路伯旁边都有一个轮子; 轮子的样子好像闪耀的水苍玉。

10 四个轮子的样子, 都是一个形状, 好像轮子套着轮子。

11 轮子可以向四方移动, 移动的时候, 不必转向; 基路伯面向哪一个方向走, 它们就跟着移动; 移动的时候, 不必转向。

12 基路伯的全身、背、手和翅膀, 以及那些轮子, 都布满了眼睛; 四个基路伯的轮子都是这样。

13 至于那些轮子, 我听见它们称为"旋转的轮子"。

14 每一个基路伯各有四个脸孔: 第一是基路伯的脸孔, 第二是人的脸孔, 第三是狮子的脸孔, 第四是鹰的脸孔。

15 后来基路伯也升起(这些就是我在迦巴鲁河边所看见的活物)。

16 基路伯移动的时候, 轮子也在他们旁边移动; 基路伯展开翅膀飞离地面的时候, 轮子也不离开他们。

17 他们站着不动, 轮子也不动; 他们升起的时候, 轮子也与他们一同上升, 因为活物的灵是在轮子里面。

18 以后, 耶和华的荣耀离开殿的门槛, 停在基路伯上面。

19 基路伯离开的时候, 他们在我眼前展开翅膀, 飞离地面, 轮子也与他们一起; 他们停在耶和华殿的东门口, 在他们上面有以色列 神的荣耀。

20 这些是我在迦巴鲁河边所看见、在以色列 神荣耀下面的活物, 我就知道他们是基路伯。

21 四个基路伯各有四个脸孔, 四个翅膀; 在翅膀下面有人手的形状。

22 至于他们脸孔的形状, 就像我从前在迦巴鲁河边所看见的一样。他们每个都是朝着脸孔的方向行走。