1 So sê die Here HERE: Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werkdae gesluit wees; maar op die sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die nuwemaan oopgemaak word.
2 En die vors moet deur die voorportaal van die poort van buite af ingaan en by die deurpos van die poort gaan staan, en die priesters moet sy brandoffer en sy dankoffers berei; en hy moet aanbid by die drumpel van die poort en dan uitgaan; maar die poort moet nie gesluit word tot die aand toe nie.
3 Ook moet die volk van die land aanbid voor die ingang van die poort, op die sabbatte en op die nuwemane, voor die aangesig van die HERE.
4 En die brandoffer wat die vors aan die HERE moet bring op die sabbatdag, is ses lammers sonder gebrek en 'n ram sonder gebrek;
5 en die spysoffer: 'n efa vir die ram; maar vir die lammers moet die spysoffer wees wat sy hand kan gee; en 'n hin olie vir 'n efa.
6 Maar op die dag van die nuwemaan: 'n jong bul sonder gebrek en ses lammers en 'n ram -- sonder gebrek moet hulle wees;
7 en as spysoffer moet hy gereedmaak: 'n efa vir die bul en 'n efa vir die ram, maar vir die lammers volgens wat hy kan bekostig; en 'n hin olie vir 'n efa.
8 En as die vors ingaan, moet hy deur die voorportaal van die poort ingaan en met dieselfde weg weer uitgaan.
9 Maar as die volk van die land voor die aangesig van die HERE kom op die feestye, moet hy wat deur die noordpoort ingaan om te aanbid, deur die suidpoort uitgaan; en hy wat deur die suidpoort ingaan, moet deur die noordpoort uitgaan; hy mag nie teruggaan deur die poort waardeur hy ingegaan het nie, maar moet reguit vorentoe uitgaan.
10 En die vors moet tussen hulle ingaan as hulle ingaan; en as hulle uitgaan, moet hy saam uitgaan.
11 Verder moet op die feeste en op die feestye die spysoffer wees: 'n efa vir 'n bul en 'n efa vir 'n ram, maar vir die lammers, wat sy hand kan gee; en 'n hin olie vir 'n efa.
12 En as die vors 'n vrywillige offer gereedmaak, 'n brandoffer of dankoffers as vrywillige offer aan die HERE, dan moet hulle vir hom die poort oopmaak wat na die ooste kyk; en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers berei soos hy op die sabbatdag doen; en as hy uitgaan, moet hulle die poort sluit nadat hy uitgegaan het.
13 Verder moet jy 'n jaaroud lam sonder gebrek daagliks berei as brandoffer aan die HERE; elke môre moet jy dit berei.
14 En jy moet elke môre daarby as spysoffer gereedmaak: 'n sesde van 'n efa en 'n derde van 'n hin olie om die fynmeel te bevogtig, as spysoffer aan die HERE -- ewige insettinge, altyddeur.
15 So moet hulle dan die lam en die spysoffer en die olie elke môre berei as 'n voortdurende brandoffer.
16 So sê die Here HERE: As die vors aan een van sy seuns 'n geskenk gee van sy erfdeel, dan moet dit vir sy seuns wees: dit is hulle besitting as erfenis.
17 Maar as hy van sy erfdeel 'n geskenk aan een van sy dienaars gee, dan sal dit syne wees tot by die jaar van vrylating; dan moet dit aan die vors terugval; net vir sy seuns moet sy erfdeel wees.
18 En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volk om hulle uit hul besitting te verdring nie; van sy besitting moet hy aan sy seuns 'n erfdeel gee, sodat my volk nie verstrooi word elkeen uit sy besitting nie.
19 Daarop het hy my gebring deur die ingang wat by die symuur van die poort was, na die heilige kamers vir die priesters wat na die noorde kyk; en kyk, daar was 'n plek aan die agterkant, na die weste toe.
20 En hy het vir my gesê: Dit is die plek waar die priesters die skuldoffer en die sondoffer moet kook, waar hulle die spysoffer moet bak, dat hulle dit nie uitbring in die buitenste voorhof waardeur hulle die volk sou heilig nie.
21 Toe het hy my uitgebring in die buitenste voorhof en my verder gelei na die vier hoeke van die voorhof; en kyk, in elke hoek van die voorhof was daar nog 'n voorhof.
22 In die vier hoeke van die voorhof was daar afgeslote voorhowe, veertig el die lengte en dertig die breedte; al vier die hoekruimtes het dieselfde afmeting gehad.
23 En daar was 'n ringmuur in hulle rondom, om al vier, en daar is kookplekke gemaak onderaan die ringmure rondom.
24 En hy het vir my gesê: Dit is die kookhuis waar die dienaars van die huis die slagoffer van die volk moet kook.
1 主耶和华这样说: "内院朝东的门, 在工作的六天里, 必须关闭, 在安息日却要打开, 在月朔之日也要打开。
2 君王要从外面经这门的门廊进入, 站在门框旁边。祭司们要为他预备燔祭和平安祭。他要在门槛那里敬拜, 然后出去。这门不可关闭, 直到晚上。
3 每逢安息日和月朔, 国中的人民要在这门口, 在耶和华面前敬拜。
4 君王在安息日所献给耶和华的燔祭, 是六只无残疾的羊羔和一只无残疾的公绵羊。
5 所献的素祭是这样: 公绵羊要与十七公升细面一同献上, 他要按着自己的能力, 随同那些羊羔献上若干份细面, 但每份细面加油三公升。
6 他要在月朔献一头无残疾的公牛犊、六只羊羔和一只公绵羊, 都是无残疾的。
7 他要预备素祭, 公牛要与十七公升细面一同献上, 公绵羊要与十七公升细面一同献上, 他要按着自己的能力, 随同那些羊羔献上若干份细面, 但每份细面加油三公升。
8 君王进入的时候, 要经这门的门廊进入, 也要从原路出去。
9 "在各指定的节日中, 国中的人民来朝见耶和华的时候, 那从北门进来敬拜的, 要从南门出去; 那从南门进来的, 要从北门出去; 谁也不可从他进来的门回去, 却要从对面的门出去。
10 君王要在人民当中, 人民进入的时候, 他也进入; 人民出去的时候, 他也出去。
11 在节期和指定的节日中, 所献的素祭是这样: 每一头公牛要与十七公升细面一同献上, 每一只公绵羊要与十七公升细面一同献上, 每一只羊羔要按着他的能力, 与细面一同献上, 每份十七公升的细面加油三公升。
12 君王把甘心献的燔祭或平安祭献给耶和华的时候, 朝东的门要为他打开。他就献上他的燔祭和平安祭, 正如他在安息日所献上的一样。他献完了就出去; 他出去以后, 门就要关上。
13 "每天你要预备一只一岁无残疾的羊羔, 献给耶和华作燔祭, 每天早晨都要献上。
14 每天早晨也要预备同献的素祭, 细面两公斤, 并调和细面所用的油一公升, 作常献给耶和华的素祭, 这是永远的定例。
15 所以每天早晨要这样预备羊羔、素祭和油, 作常献的燔祭。"
16 主耶和华这样说: "君王如果把自己一部分的产业作礼物赐给他的一个儿子, 这产业就要归给他的子孙; 那是他们所承受的基业。
17 君王如把自己的一部分产业作礼物赐给他的一个臣仆, 这产业就要归给那臣仆直到自由之年, 然后要归还给君王。君王的产业, 至终只可归儿子所有。
18 君王不可夺取人民的产业, 把他们赶离他们的基业。他要从自己的基业中把产业赐给自己的儿子, 免得我的子民因被赶离自己的基业而四散。"
19 那带领我的, 领我从门旁的入口, 进到那些朝向北面, 供祭司使用, 圣洁的房子。在西边的尽头有一块地方。
20 他对我说: "这就是祭司煮赎愆祭牲和赎罪祭牲, 以及烤素祭的地方, 免得祭物带出外院, 使人民成圣。"
21 他又领我出到外院, 使我经过院子的四个角落; 院子的每个角落都有一个小院子。
22 院子四个角落的小("小"字原文不详)院子, 每个长二十公尺, 宽十五公尺; 四个角落的院子, 大小都是一样。
23 在四个小院子里面, 每个四边都有一排石墙; 在这四排石墙下面, 都有炉灶。
24 他对我说: "这些都是厨房, 在圣殿里供职的要在这里煮人民的祭物。"