1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, maak aan Jerusalem sy gruwels bekend

3 en sê: So spreek die Here HERE tot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land van die Kana„niete; jou vader was 'n Amoriet en jou moeder 'n Hetitiese vrou.

4 En wat jou geboorte aangaan -- die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie.

5 Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is.

6 En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

7 Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak! En jy het gegroei en groot geword en die hoogste bloei bereik; jou borste het styf geword, en jou hare het gegroei, maar jy was naak en bloot.

8 En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou 'n verbond aangegaan, spreek die Here HERE, en jy het myne geword.

9 Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf.

10 Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy.

11 Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en 'n ketting om jou hals.

12 En Ek het 'n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en 'n pragtige kroon op jou hoof.

13 Ja, jy het jou versier met goud en silwer, en jou klere was fyn linne en sy en veelkleurige stowwe; jy het fynmeel en heuning en olie geëet, en jy was buitengewoon mooi en so voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het.

14 Daarby het daar 'n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here HERE.

15 Maar jy het vertrou op jou skoonheid en gehoereer vanweë jou naam; en jy het jou hoererye uitgestort op elkeen wat verbygegaan het, dat dit syne sou wees.

16 En jy het van jou klere geneem en vir jou kleurige hoogtes gemaak en op hulle gehoereer -- dinge wat nie voorgekom het nie en nie moet wees nie.

17 Daarby het jy jou versiersels uit my goud en my silwer geneem wat Ek jou gegee het, en jy het vir jou beelde van manne gemaak en daarmee gehoereer.

18 En jy het jou veelkleurige klere geneem en die beelde omhul; jy het ook my olie en my reukwerk voor hulle neergesit.

19 En my brood wat Ek jou gegee het -- fynmeel en olie en heuning waarmee Ek jou gespysig het -- dit het jy voor hulle neergesit as 'n lieflike reuk; ja, so was dit, spreek die Here HERE.

20 Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het, en die aan hulle geoffer om verteer te word. Was dit nie genoeg met jou hoererye nie,

21 dat jy my kinders geslag en die oorgegee het deurdat jy hulle vir hulle deur die vuur laat gaan het?

22 Ook het jy by al jou gruwels en jou hoererye nie gedink aan die dae van jou jeug nie, toe jy naak en bloot was en gelê en spartel het in jou bloed.

23 En n al jou boosheid -- wee, wee jou! spreek die Here HERE --

24 het jy vir jou 'n verwulf gebou en vir jou 'n hoogte gemaak op elke plein;

25 by elke uitdraaiplek het jy jou hoogte gebou en jou skoonheid geskend en jou sonder skaamte aangebied aan elkeen wat verbygaan, en jy het jou hoererye vermenigvuldig.

26 Jy het ook gehoereer met die kinders van Egipte, jou baie sinlike nabure; en jy het jou hoerery vermenigvuldig om My te terg.

27 En kyk, Ek het my hand teen jou uitgestrek en die vir jou bestemde deel verminder; en Ek het jou oorgegee aan die hebsug van die wat jou haat, die dogters van die Filistyne wat hulle geskaam het oor jou ontugtige wandel.

28 Verder het jy gehoereer met die kinders van Assur, omdat jy nie bevredig was nie; ja, jy het met hulle gehoereer en is tog nie bevredig nie.

29 En jy het jou hoerery vermenigvuldig na die koopmansland, na Chald,a; en ook daarmee is jy nie bevredig nie.

30 Hoe smagtend is jou hart, spreek die Here HERE, dat jy al hierdie dinge gedoen het, die werk van 'n onbeskaamde hoer;

31 dat jy jou verwulf by elke uitdraaiplek gebou en jou hoogte op elke plein gemaak het! Maar jy was nie eens soos 'n hoer nie, deurdat jy hoereloon gering geag het.

32 o Die vrou wat owerspel bedrywe! Terwyl sy onder haar man staan, het sy vreemdes aangeneem.

33 Hulle gee geskenke aan al die hoere, maar jy het jou geskenke aan al jou minnaars gegee en hulle gifte aangebied om van alle kante na jou te kom in jou hoererye.

34 So was daar dan by jou in jou hoererye net die teendeel van die vroue, omdat hulle jou nie agternageloop het om te hoereer nie, en deurdat jy hoereloon gegee het terwyl aan jou geen hoereloon gegee is nie; daarom was jy die teendeel.

35 Daarom, o hoer, hoor die woord van die HERE.

36 So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het,

37 daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien.

38 En Ek sal jou oordeel volgens die verordeninge van vroue wat owerspel bedrywe en bloed vergiet, en sal jou oorgee aan die bloedige dood van grimmigheid en naywer.

39 En Ek sal jou in hulle hand oorgee, en hulle sal jou verwulf afbreek en jou hoogtes omgooi en jou jou klere uittrek en jou versiersels wegneem en jou naak en bloot laat staan.

40 Dan sal hulle teen jou 'n menigte laat optrek en jou stenig en jou met hulle swaarde stukkend kap.

41 Hulle sal ook jou huise met vuur verbrand en strafgerigte teen jou oefen voor die oë van baie vroue; en Ek sal 'n einde aan jou hoerery maak, en jy sal ook nie meer hoereloon gee nie.

42 En Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen jou -- dan sal my ywer van jou afwyk, en Ek sal stil word en nie meer toornig wees nie.

43 Omdat jy nie gedink het aan die dae van jou jeug nie en my toorn opgewek het met al hierdie dinge -- kyk, so sal Ek dan ook jou wandel op jou hoof laat neerkom, spreek die Here HERE; en het jy dan nie die skandelike daad gedoen bo al jou gruwels nie?

44 Kyk, elkeen wat spreekwoorde maak, sal 'n spreuk op jou toepas, naamlik: Soos die moeder, so haar dogter.

45 Jy is die dogter van jou moeder, wat 'n afsku gehad het van haar man en haar kinders; en jy is die suster van jou susters, wat 'n afsku gehad het van hulle mans en hulle kinders: julle moeder was 'n Hetitiese vrou, en julle vader 'n Amoriet.

46 En jou groot suster is Samar¡a, sy met haar dogters wat woon aan jou linkerkant; maar jou suster wat kleiner as jy is, wat aan jou regterkant woon, is Sodom met haar dogters.

47 Maar jy het nie gewandel in hulle weë en nie gehandel volgens hulle gruwels nie; net 'n kort rukkie -- en jy het verderfliker gehandel as hulle in al jou weë.

48 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, jou suster Sodom, sy met haar dogters, het nie gehandel soos jy gehandel het, jy met jou dogters nie.

49 Kyk, d¡t was die ongeregtigheid van jou suster Sodom: In trotsheid, oorvloed van brood en sorgelose rus het sy en haar dogters geleef, maar sy het die hand van die arme en behoeftige nie versterk nie.

50 En toe hulle hoogmoedig was en gruwelikheid voor my aangesig bedryf het, het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim.

51 Samar¡a het ook nie die helfte van jou sondes gedoen nie: jy het gruwels vermenigvuldig, meer as hulle, en jy het jou susters geregverdig deur al jou gruwels wat jy gedoen het.

52 Dra dan ook jou skande, jy wat vir jou susters ingetree het: deur jou sondes wat jy gruweliker gemaak het as hulle, is hulle regverdiger as jy. Skaam jou dan ook, en dra jou skande, omdat jy jou susters geregverdig het.

53 En Ek sal hulle lot verander, die lot van Sodom en haar dogters, en die lot van Samar¡a en haar dogters; en Ek sal jou lot verander tussen die twee in;

54 dat jy jou skande kan dra en jou kan skaam oor alles wat jy gedoen het deur hulle te troos.

55 En jou susters, Sodom met haar dogters, sal na hulle vorige toestand terugkeer; en Samar¡a met haar dogters sal na hulle vorige toestand terugkeer; en jy met jou dogters sal na julle vorige toestand terugkeer.

56 Ja, die naam van jou suster Sodom is in jou mond nie gehoor in die dag van jou trotsheid nie,

57 voordat jou boosheid geopenbaar is, soos in die tyd van versmading deur die dogters van Aram en deur almal wat daar rondom was -- die dogters van die Filistyne -- wat jou van alle kante verag het.

58 Jou skandelike daad en jou gruwels moet jy dra, spreek die Here HERE.

59 Want so sê die Here HERE: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, wat die eedswering geminag het deur die verbond te verbreek.

60 Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal met jou 'n ewige verbond oprig.

61 Dan sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jy jou susters aanneem wat groter is as jy, by die wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie.

62 En Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek die HERE is;

63 sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here HERE.

1 耶和华的话又临到我说:

2 "人子啊! 你要使耶路撒冷知道她那些可憎之事;

3 你要说: ‘主耶和华对耶路撒冷这样说: 你的根源和出生地是在迦南地; 你的父亲是亚摩利人, 你的母亲是赫人。

4 在你生下来的日子, 没有人替你断脐带, 没有人用水洗你, 使你洁净, 没有人撒盐在你身上, 也没有人用布包裹你。

5 没有人顾惜可怜你, 愿意为你作上述任何一件事; 你却被人拋弃在田野, 因为你出生的时候, 你是被人厌恶的。

6 "‘但我从你身旁经过, 见你在血中挣扎。那时, 你躺在血中, 我对你说: 要活下去。

7 我使你生长起来, 像田间的植物。于是你生长起来, 渐渐长大, 好像最美丽的珠宝, 你的两乳长成, 头发秀长; 但你仍是赤身露体。

8 我又从你身旁经过, 见你已经到了谈情说爱的时候, 我就用我的衣襟搭在你身上, 遮盖你赤裸的身体; 我又向你起誓, 与你立约, 于是你就属于我了。这是主耶和华的宣告。

9 那时我用水洗你, 洗净你身上的血, 又用油抹你。

10 我使你身穿刺绣的衣裳, 脚穿海狗皮鞋; 用细麻布给你裹头; 又用丝绸给你披在身上。

11 我用珠宝给你打扮, 把手环戴在你手上, 把项链戴在你颈上,

12 又把鼻环戴在你鼻子上, 把耳环戴在你耳朵上, 把美丽的冠冕戴在你头上。

13 这样你就有了金银的装饰, 你穿的是细麻、丝绸和刺绣的衣服; 你吃的是细面、蜂蜜和油; 你实在非常美丽, 配登王后的位。

14 你的名声因你的美丽传遍列国, 你全然美丽, 是因为我加在你身上的荣美。这是主耶和华的宣告。

15 "‘可是你倚仗你的美丽, 又凭着你的名声去行淫; 你向每一个过路的人纵情淫乱。

16 你拿了你的一些衣服, 为自己建造色彩缤纷的邱坛, 又在那里行淫。这样的事不应发生, 将来也不会再出现。

17 你又拿了我送给你那些美丽的金器银器, 为自己铸造男人的像, 与那些像行淫。

18 你又拿你的刺绣衣服, 盖在它们身上, 并且把我的油和香料都摆在它们面前。

19 你把我赐给你的食物, 就是我给你吃的细面、油和蜂蜜, 都摆在它们面前作馨香的祭物。这是主耶和华的宣告。

20 你更把你的儿女, 就是你给我所生的儿女, 献给它们作食物; 你所行的淫乱还算是小事吗?

21 你竟宰杀了我的儿女, 使他们经火, 献给它们。

22 你行这一切可憎和淫乱的事, 并没有想过你年幼的日子, 那时你赤身露体, 在血中挣扎。

23 "‘你有祸了, 有祸了! 这是主耶和华的宣告。你行了这一切恶事以后,

24 你又为自己建造高冈, 在各广场上筑起高坛。

25 你在各路口建造高坛, 使你的美丽变为可憎的, 又向每一个过路的人张开两腿, 多行淫乱。

26 你也与放纵情欲的邻居埃及人行淫, 多行淫乱, 惹我发怒。

27 因此, 我伸手攻击你, 减少你的粮食("粮食"或译: "领土"), 又把你交给那些恨你的非利士女子, 使她们任意待你; 她们对你邪荡的行为也感到羞愧。

28 可是, 因为你还不满足, 又与亚述人行淫; 你与他们行淫之后, 还是不满足。

29 于是你增多你的淫乱, 与贸易之地迦勒底行淫, 你还是不满足。

30 "‘你行的这一切事, 简直是任性无耻的妓女所为, 可见你的意志是多么的薄弱。这是耶和华的宣告。

31 你在各路口建造你的高冈, 又在各广场上筑起你的高坛; 然而你并不像一个妓女, 因为你藐视卖淫所得的赏赐。

32 你这淫乱的妻子啊! 你竟接外人而不接自己的丈夫。

33 人都把礼物送给妓女, 你却把你的礼物送给你的爱人, 贿赂他们从四面来与你行淫。

34 你的淫行与别的妇女不同, 因为不是人把礼物送给你, 要求与你行淫, 是你把礼物送给人, 所以你是不同的。

35 "‘因此, 你这妓女啊, 要听耶和华的话!

36 主耶和华这样说: 因为你的情欲倾注出来, 你与你的爱人行淫, 露出你的下体, 又因为你拜一切可憎的偶像, 流儿女的血, 把血献给偶像,

37 所以我要把所有与你欢合的爱人, 就是所有你所爱的和你所恨的, 都聚集起来; 我要把他们从四围聚集起来攻击你; 我要在他们面前露出你的下体, 使他们看见你全身赤裸。

38 我要审判你, 像审判行奸淫和流人血的妇人一样; 我要因我的烈怒和妒忿, 使流人血的罪归在你身上。

39 我要把你交在他们手里, 他们要拆毁你的高冈, 破坏你的高坛, 剥去你的衣服, 夺去你美丽的珠宝, 只留下你赤露的身躯。

40 他们必带一大群人上来攻击你, 用石头打死你, 用他们的刀把你砍碎。

41 他们也要用火烧你的房屋, 在许多妇人面前向你施行审判。我必止住你的淫行, 也必使你不再把诱人行淫的礼物送给人。

42 这样我向你发的烈怒就可以平息, 我的妒忿也可以离开你; 我可以安静, 不再恼怒了。

43 因为你不追念你年幼的日子, 反而在这一切事上惹我发怒; 看哪! 我必照着你所行的报应在你头上, 这是主耶和华的宣告。在你一切可憎的事以外, 你岂不是还行了这淫乱的丑事吗?

44 "‘凡引用俗语的, 必用这俗语指着你说: 有其母, 必有其女。

45 你实在是你母亲的女儿, 她厌弃自己的丈夫和儿女; 你实在是你姊妹的姊妹, 她们厌弃她们的丈夫和儿女; 你们的母亲是赫人, 你们的父亲是亚摩利人。

46 你的姊姊是撒玛利亚, 她和她的女儿们住在你的北面; 你的妹妹是所多玛, 她和她的女儿们住在你的南面。

47 你不但行她们所行的, 作她们所作的可憎之事, 而且你还以那些事为小, 你一切所行的比她们更坏。

48 我指着我的永生起誓, 你的妹妹所多玛和她的女儿们, 都没有行过像你和你女儿们所行的事。这是主耶和华的宣告。

49 你妹妹所多玛的罪孽是这样: 她和她的女儿们都骄傲自大, 粮食丰足, 生活安逸, 却没有帮助困苦和贫穷的人。

50 她们自高自傲, 在我面前行了可憎的事; 我看见了, 就把她们除掉。

51 撒玛利亚所犯的罪还不及你所犯的一半; 你所行的可憎之事比她更多, 以致你的姊妹因你所行的一切可憎之事而显为义。

52 你既然使你的姊妹较显为义, 你就要承担自己的耻辱; 因为你所犯的罪比她们所犯的更可憎, 她们比你更显为义。你使你的姊妹较显为义, 所以你就要惭愧, 承担自己的耻辱了。

53 "‘我要使所多玛和她的女儿们, 撒玛利亚和她的女儿们从苦境中转回, 我也要使你们跟她们一起转回,

54 好使你担当自己的耻辱, 并且因你一切所行的使她们得了安慰, 你就自觉惭愧。

55 你的妹妹所多玛和她的女儿们必回复原来的状况; 撒玛利亚和她的女儿们必回复原来的状况; 你和你的女儿们也必回复原来的状况。

56 在你骄傲自大的日子, 你妹妹所多玛在你口中不是成了笑柄吗?

57 那时你的恶行还没有显露出来, 现在你却成了以东的女儿们和以东四围的众人, 以及非利士的女儿们讥笑的对象。你周围的人都轻视你。

58 你要承担你那些淫乱和可憎之事的后果。这是耶和华的宣告。

59 主耶和华这样说: 你这藐视誓言、背弃盟约的, 我必照着你所行的报应你。

60 "‘但我仍要记念在你年幼的时候与你所立的约, 也要与你坚立永远的约。

61 你接纳你姊姊和你妹妹回来的时候, 你就会想起你所行的, 并要自觉惭愧; 我要把她们赐给你作女儿, 但这并不是出于我与你所立的约。

62 我要坚立我与你所立的约, 你就知道我是耶和华,

63 好使你在我赦免你所行的一切时, 就会回想, 自觉惭愧, 并且因你所受的羞辱不再开口。这是主耶和华的宣告。’"