1 En in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, sê aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy menigte: Na wie lyk jy in jou grootheid?
3 Kyk, Assur was 'n seder op die L¡banon, skoon van takke en 'n skaduryke bos en hoog van groei; en sy top was tussen die wolke.
4 Waters het hom grootgemaak; die watervloed het hom hoog laat groei, wat met sy strome gegaan het rondom die plek waar hy geplant was, en sy watervore uitgestuur het na al die bome van die veld.
5 Daarom het hy hoër gegroei as al die bome van die veld, en het sy takke baie geword en sy takkies lank, weens die groot waters toe hy uitgeskiet het.
6 Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke, en al die wilde diere van die veld het onder sy takkies aangeteel, en allerhande groot volke het onder sy skaduwee gaan sit.
7 En hy het skoon geword in sy grootheid, in die lengte van sy takke, omdat sy wortel by groot waters was.
8 Seders het nie naby hom gekom in die tuin van God nie, sipresse was nie soos sy takke nie, en platane het nie gehaal by sy takwerk nie: geen boom in die tuin van God was met hom te vergelyk in sy skoonheid nie.
9 Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.
10 Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,
11 sal Ek hom oorgee in die hand van die magtige onder die nasies; die sal sekerlik met hom handel; vanweë sy goddeloosheid het Ek hom uitgedrywe.
12 Vreemdes, die geweldigste nasies, het hom afgekap en hom neergewerp; op die berge en in al die dale het sy takke geval, en sy takkies is stukkend gebreek in al die klowe van die land; en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom so laat lê.
13 Al die voëls van die hemel het gaan sit op sy omgevalle stam, en al die wilde diere van die veld was op sy takkies;
14 sodat al die bome wat by water staan, nie hoog sou groei en hulle top nie sou verhef tussen die wolke nie, en hulle magtiges nie sou gaan staan in hulle hoogheid, almal wat water drink nie! Want hulle is almal oorgegee aan die dood om te gaan na die onderste van die aarde, onder die mensekinders, na die wat in die kuil neerdaal.
15 So sê die Here HERE: Op die dag toe hy na die doderyk neergedaal het, het Ek laat treur: Ek het om sy ontwil die watervloed oordek en die strome daarvan teruggehou, sodat die groot waters gestuit is; en Ek het om sy ontwil die L¡banon in swart gehul, en al die bome van die veld het gesmag om sy ontwil.
16 Deur die geluid van sy val het Ek die nasies laat bewe, toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal; en al die bome van Eden, die uitgesoektes en bestes van die L¡banon, almal waterdrinkers, het hulleself getroos in die onderste van die aarde.
17 Hulle het ook saam met hom neergedaal na die doderyk, na die wat verslaan is deur die swaard, ook sy helpers wat in sy skaduwee gesit het onder die nasies.
18 Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussen die onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard. Dit is Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.
1 十一年三月初一日, 耶和华的话临到我说:
2 "人子啊! 你要对埃及王法老和他的众民说: ‘论到你的伟大, 谁能与你相比呢?
3 看哪! 亚述曾是黎巴嫩的香柏树, 枝条秀美, 林影茂密, 树身高大, 树顶在茂密的枝叶之上。
4 众水使它长大, 深渊使它长高; 有江河从深渊流出环绕它栽种之地, 又有支流延到田间的众树。
5 因此, 它树身高大, 高过田间的众树; 它发旺生长的时候, 因为水源丰足, 所以枝子繁多, 枝条长长。
6 空中的飞鸟都在枝上搭窝; 田野的走兽都在枝条下生产; 所有大国都在它的树荫下居住。
7 它树身高大, 枝条长长而显得秀美, 因为它的根扎在水多的地方。
8 神园中的香柏树不能与它相比, 松树比不上它的枝子; 枫树也不及它的枝条; 神园中所有的树木都比不上它的秀美。
9 我使它因枝条繁多而显得秀美, 以致在 神的园中, 伊甸所有的树木都嫉妒它。
10 "‘因此, 主耶和华这样说: 因为它树身高大, 树顶在茂密的枝叶之上, 又因它高大而心骄气傲,
11 我就把它交在列国中为首的人手中, 他必定对付它; 因着它的罪恶, 我就把它驱逐出去。
12 必有外族人, 就是列国中最强暴的, 把它砍下丢弃。它的枝叶落在山上和所有的谷中; 它的枝子折断, 落在地上所有的水沟里; 地上的万族都必走离它的荫下, 把它丢弃。
13 空中的飞鸟都住在倒下的树身上, 田野的走兽都卧在它的枝条间。
14 好使水旁所有的树木都不会因树身高大而自高, 也不会使树顶长到茂密的枝叶上, 又使一切有水滋润的树都不会高傲地屹立; 因为他们在世人中, 与那些下到阴府的人一起, 都交与死亡、交与地的深处了。
15 "‘主耶和华这样说: 它下阴间的日子, 我就因它以悲哀遮盖深渊, 阻塞深渊的江河, 使大水停流; 我要使黎巴嫩为它悲伤、田野所有的树木都因它枯干。
16 我把它扔下阴间, 与那些下到阴府的人一起的时候, 我就使列国因它坠落的响声而震惊。伊甸所有的树木, 就是黎巴嫩有水滋润、最佳最美的树, 都在地的深处得到安慰。
17 这些树与它一同下到阴间, 往那些被刀剑所杀的人那里去。他们作过它的膀臂, 曾在列国中住在它的荫下。
18 在伊甸所有的树木中, 有谁的荣美和高大能与你相比呢?然而你却要与伊甸的树木一同下到地的深处。你要在没有受割礼的人中, 与被刀剑所杀的人一同躺卧。这树就是法老和他的众民。这是主耶和华说的。’"