1 En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.
2 En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en jou laat kom op die berge van Israel.
3 Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
4 Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
5 Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.
6 En Ek sal 'n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
7 En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel.
8 Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here HERE. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het.
9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;
10 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.
11 En in die dag sal Ek aan Gog 'n plek gee waar 'n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte en dit noem: Die dal van Gog se menigte.
12 En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande lank.
13 En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here HERE.
14 Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle 'n ondersoek instel,
15 en sien een van hulle wat deur die land trek, 'n mensebeen, dan rig hy daarby 'n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte.
16 En ook sal die naam van 'n stad wees Hamona. So sal hulle dan die land reinig.
17 En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, 'n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!
18 Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink -- ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam --
19 vet sal julle eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het.
20 En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE.
21 En Ek sal my heerlikheid onder die nasies bring, en al die nasies sal my strafgerig sien wat Ek voltrek het, en my hand wat Ek op hulle gelê het.
22 En die huis van Israel sal weet dat Ek die HERE hulle God is, van die dag af en verder.
23 En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hulle ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het, het Ek my aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het.
24 Volgens hulle onreinheid en hulle oortredinge het Ek met hulle gehandel en my aangesig vir hulle verberg.
25 Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam.
26 En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.
27 As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.
28 En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en d r niemand meer uit hulle agter laat bly het nie.
29 En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.
1 "人子啊! 你要向歌革说预言: ‘主耶和华这样说: 罗施、米设和土巴的首领歌革啊! 我要与你为敌。
2 我要使你转过来, 带你从北方的极处上来, 领你去攻击以色列的众山。
3 然后, 我要击落你左手的弓, 打落你右手的箭。
4 你必倒在以色列的众山之上, 你所有的军队和跟你在一起的万族, 都必这样; 我要把你给各种食肉的飞鸟和田野的走兽作食物。
5 你必倒在田野, 因为我已经说过了。这是主耶和华的宣告。
6 我必降火在玛各和安居在沿海地带的人身上, 他们就知道我是耶和华。
7 "‘我要在我子民以色列中彰显我的圣名, 我必不再让我的圣名被亵渎; 这样, 列国就知道我是耶和华, 是以色列中的圣者。
8 看哪! 那日子临近了, 事情必定应验, 这就是我所说过的那一天。这是主耶和华的宣告。
9 "‘那时, 以色列各城的居民必出来, 把武器当柴焚烧, 就是大小的盾牌、弓、箭、枪和矛, 都当柴焚烧, 足有七年的时间。
10 他们不必从田野捡柴, 也不必从树林里伐木, 因为他们必把武器当柴烧; 他们必抢劫那些曾抢劫他们的人, 掠夺那些掠夺他们的人。这是主耶和华的宣告。
11 "‘到那日, 我必在以色列给歌革一块坟地, 就是那些朝东往死海去的人所经过的谷。这坟地使过路之人无法通过, 因为那里埋葬了歌革和他的众军。因此, 那地必称为哈们.歌革谷。
12 以色列家要用七个月的时间去埋葬他们, 为要洁净那地。
13 那地所有的人民都必埋葬他们。这是我得荣耀的日子, 以色列人也必因此得享美名。这是主耶和华的宣告。
14 他们必分派人经常遍行那地, 与过路的人一起埋葬那些还留在地面上的尸体, 为要洁净那地; 过了七个月, 他们还要继续搜索。
15 他们遍行那地, 见有人的骸骨, 就在旁边立个标记, 等埋葬的人来把骸骨葬在哈们.歌革谷。
16 那里也有一座城名叫哈摩那。他们必这样洁净那地。’
17 "人子啊! 主耶和华这样说: 你要对各类的飞鸟和田野的走兽说: ‘你们集合起来, 从四围聚集来吃我为你们所预备的祭肉。以色列众山上要献大祭, 好叫你们吃肉喝血。
18 你们要吃勇士的肉, 喝那地众领袖的血, 就如吃公绵羊、羊羔、公山羊和公牛, 全部都是巴珊的肥畜。
19 你们吃我为你们所预备的祭, 必吃饱脂油, 喝醉了血。
20 你们必在我的筵席上吃饱马匹、骑兵、勇士和所有的战士。这是主耶和华的宣告。’
21 "我必在列国中彰显我的荣耀, 万邦必看见我施行的审判, 和我加在他们身上的手。
22 这样, 从那日起, 以色列家就必知道我是耶和华他们的 神。
23 列国也必知道以色列家是因自己的罪孽被掳去。他们对我不忠, 所以我掩面不顾他们, 把他们交在敌人手中, 他们就都倒在刀下。
24 我是照着他们的污秽和过犯对待他们, 并且掩面不顾他们。
25 "因此, 主耶和华这样说: 现在我要使雅各被掳的归回; 我要怜悯以色列全家, 又为我的圣名大发热心。
26 他们在自己的土地上安然居住、无人惊吓的时候, 就要担当自己的羞辱和向我所犯一切不忠的罪;
27 我把他们从万族中领回来, 从仇敌之地召回来的时候, 我必在他们身上向列国显为圣。
28 我使他们被掳到列国去, 后来又聚集他们到自己的土地, 连一个也不再留在列国那里。这样, 他们就知道我是耶和华他们的 神。
29 我也不再掩面不顾他们, 因为我已经把我的灵浇灌在以色列家。这是主耶和华的宣告。"