1 Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar.
2 En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit.
3 Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die enkels.
4 Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan -- waters tot aan die heupe.
5 Verder het hy nog duisend gemeet -- 'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys -- waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie.
6 En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom.
7 Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.
8 En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word.
9 En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en die waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.
10 Ook sal vissers daaraan staan, van Ângedi af tot by en Eglaim: 'n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, 'n menigte.
11 Die moerasse en kuile daarvan -- hulle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.
12 En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan -- uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.
13 So sê die Here HERE: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel -- vir Josef twee dele.
14 En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval.
15 En dit moet die grens van die land wees: aan die noordekant van die Groot See af, langs die weg van Hetlon, tot by die ingang na Sedad toe:
16 Hamat, Berota, Sibraim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat lê, die middelste Haser, wat op die grens van Hauran is.
17 So moet dan die grens van die See af wees tot by Hasar-Enon, die gebied van Damaskus, en wat die noorde betref noordwaarts, is Hamat die grens; dit is die noordekant.
18 En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en G¡lead en die land van Israel uit -- die Jordaan; van die grens af tot by die Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant.
19 En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af tot by die twiswaters van Kades, dan na die spruit van Egipte tot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe.
20 En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant.
21 En julle moet hierdie land aan julle uitdeel volgens die stamme van Israel.
22 En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos 'n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle 'n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.
23 En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE.
1 然后, 他带我回到圣殿的门口。有水正从殿的门槛往下流出来, 向东流去, 因为圣殿是朝东的。这水从殿的右边, 从祭坛的南边下面流出来。
2 他又带我从北门出来, 再领我从外面绕到朝东的外门。有水正从右边流出来。
3 那人手里拿着一根准绳向东走出去的时候, 量了五百公尺的距离, 然后领我从水中走过去, 那里的水到了脚踝。
4 他又量了五百公尺, 然后领我从水中走过去, 水到了膝盖。他又量了五百公尺, 然后领我走过去, 水到了腰。
5 他再量了五百公尺, 水已成了一条河, 以致我不能走过去, 因为水势高涨, 成为只可供游泳的水, 而不能走过去的河。
6 他对我说: "人子啊! 你看到了吗?"他就领着我, 带我回到河边。
7 我回来以后, 看见河这边和那边的岸上有很多树木。
8 他又对我说: "这水要向东方的地区流出去, 下到亚拉巴, 流入死海。这水流入死海, 就使海里的水变淡("变淡"原文作"得医治")。
9 那时, 这河流过的地方, 所有滋生的动物都可以存活。这水流到哪里, 哪里就有许多鱼; 因为这河流到哪里, 海水就变淡, 一切都可以存活。
10 必有渔夫站在河边, 从隐.基底直到隐.以革莲, 都是晒网的地方。各类的鱼都像大海里的鱼那样多。
11 只有沼泽和洼地的水不能变淡, 留作产盐之用。
12 在河这边和那边的岸上, 都必有各种果树生长, 可作食物, 树上的叶子不枯干, 果子也不断绝。每月必结出新果子, 因为树所需的水是从圣所里流出来的。树上的果子可作食物, 叶子可以治病。"
13 主耶和华这样说: "你们按着以色列十二支派分地为业, 要照着这些地界: 约瑟要得双份。
14 你们要均分这地为业, 因为我曾举手要把这地赐给你们的列祖, 这地必归给你们为业。
15 "这地的边界是: 北边从大海经希特伦的路, 到西达达的入口,
16 又经哈马、比罗他和位于大马士革边界与哈马边界之间的西伯莲, 直到浩兰的边界的哈撒.哈提干。
17 这边界从海到哈萨.以难, 北边有大马士革的边界, 再北有哈马的边界。这是北面的地界。
18 东面的地界是在浩兰和大马士革之间, 基列和以色列地之间的约旦河。你们要从北面的地界量到东海, 这是东面的地界。
19 南面的地界, 从他玛到米利巴.加低斯水, 经埃及小河, 到大海。这是南面的地界。
20 西面的地界是大海, 从南面的地界到哈马口的对面。这是西面的地界。
21 "你们要按着以色列的支派分这地。
22 将来你们要抽签分这地为业, 归给你们和你们中间的外族人。他们在你们中间生儿育女。你们应该看他们如同本地生的以色列人, 他们要在以色列支派中与你们一起抽签分地为业。
23 将来无论在哪一支派里, 若有外族人寄居, 你们就要在那里把他的产业分给他。"这是主耶和华的宣告。