1 Toe het hy my gelei na die poort, die poort wat na die ooste kyk.
2 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, en die aarde het geglans van sy heerlikheid.
3 En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by my koms om die stad te verwoes; en dit was gesigte soos die gesig wat ek gesien het by die Kebarrivier; en ek het op my aangesig geval.
4 En die heerlikheid van die HERE het in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê.
5 En die Gees het my opgeneem en my in die binneste voorhof gebring; en kyk, die heerlikheid van die HERE het die huis vervul.
6 En ek het Een gehoor wat met my spreek uit die huis, terwyl die man by my staan.
7 En Hy het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van my troon en die plek van my voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal my heilige Naam nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings, by hulle dood;
8 deurdat hulle hul drumpel by my drumpel gemaak het en hul deurpos langs my deurpos, sodat net die muur tussen My en hulle was; en hulle het my heilige Naam verontreinig met hulle gruwels wat hulle bedryf het, sodat Ek hulle in my toorn verteer het.
9 Nou sal hulle hul hoerery en die lyke van hul konings ver van My af verwyder; en Ek sal vir ewig onder hulle woon.
10 Jy, o mensekind, vertel die huis van Israel van die huis, sodat hulle beskaamd kan staan vanweë hul ongeregtighede, en laat hulle die voorbeeld nameet.
11 En as hulle beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het, maak hulle dan bekend die vorm van die huis en sy inrigting en sy uitgange en sy ingange en al sy vorme en al sy verordeninge, ja, al sy vorme en al sy wette; en skrywe dit voor hulle oë op, sodat hulle sy hele vorm kan bewaar en al sy verordeninge en die kan uitvoer.
12 Dit is die wet van die huis: Op die top van die berg sal sy hele gebied al rondom hoogheilig wees. Kyk, dit is die wet van die huis.
13 En dit is die afmetinge van die altaar in elle die el is 'n el en 'n handbreedte: die voetlaag 'n el hoog en 'n el die breedte; en die opstaande rand daarvan aan die buitekant daarvan rondom: een span; en dit is die onderbou van die altaar.
14 En van die voetlaag op die grond tot by die onderste omlysting: twee el, en die breedte: een el; en van die kleinste omlysting tot by die grootste omlysting: vier el, en die breedte: een el.
15 En die vuurherd: vier el; en van die vuurherd af en boontoe die horings, vier in getal.
16 En die vuurherd: twaalf el lank by twaalf el breed, vierkantig na sy vier kante.
17 En die omlysting: veertien el lengte by veertien el breedte na sy vier kante toe; en die opstaande rand daar rondom: 'n half-el; en die voetlaag daaraan: 'n el rondom; en sy trappe het oos gekyk.
18 En hy het vir my gesê: Mensekind, so spreek die Here HERE: Dit is die verordeninge van die altaar: Op die dag as dit gemaak word om brandoffers daarop te bring en om bloed daarteen uit te gooi,
19 moet jy aan die Levitiese priesters wat uit die geslag van Sadok is, wat na My mag nader kom -- spreek die Here HERE -- om My te dien, 'n jong bul gee as sondoffer.
20 En jy moet van sy bloed neem en dit stryk aan die vier horings daarvan en aan die vier hoeke van die omlysting en aan die opstaande rand rondom; so moet jy dit dan ontsondig en versoening daarvoor bewerk.
21 Dan moet jy die sondofferbul neem, en hulle moet hom verbrand in die daarvoor bestemde plek van die huis, buitekant die heiligdom.
22 En op die tweede dag moet jy 'n bokram sonder gebrek as sondoffer bring; en hulle moet die altaar ontsondig soos hulle dit met die bul ontsondig het.
23 As jy klaar is met die ontsondiging, moet jy 'n jong bul sonder gebrek en 'n ram sonder gebrek uit die kleinvee bring.
24 En jy moet hulle bring voor die aangesig van die HERE; en die priesters moet sout daarop strooi en dit as brandoffer aan die HERE bring.
25 Sewe dae lank moet jy daagliks die sondofferbok gereedmaak; ook moet hulle 'n jong bul en 'n ram uit die kleinvee, altwee sonder gebrek, berei.
26 Sewe dae lank moet hulle vir die altaar versoening bewerk en dit reinig en dit inwy.
27 En hulle moet die dae voleindig; dan moet die priesters op die agtste dag en verder julle brandoffers en julle dankoffers op die altaar berei; en Ek sal 'n behae in julle hê, spreek die Here HERE.
1 以后, 他领我到朝东的门去。
2 看哪! 以色列 神的荣耀从东面而来; 他的声音好像洪水的声音, 大地因他的荣耀而发光。
3 我所见的异象, 好像我在他来毁灭那城的时候所见的异象一样, 又像我在迦巴鲁河边所见的异象一般, 我就俯伏在地上。
4 耶和华的荣耀, 从朝东的门进入殿中。
5 灵把我提起来, 领我进了内院。我看见耶和华的荣耀充满了殿。
6 那人站在我旁边的时候, 我听见主从殿中对我说话。
7 他对我说: "人子啊! 这是我宝座之地, 是我脚掌所踏之地; 我要住在那里, 在以色列人中间, 直到永远。以色列家和他们的诸王, 都必不再以他们的淫乱和诸王在邱坛上的石碑玷污我的圣名。
8 他们的门槛靠近我的门槛, 他们的门框靠近我的门框, 我与他们只有一墙之隔的时候; 他们以自己所行的可憎之事玷污了我的圣名, 所以我在怒气中灭绝他们。
9 现在他们要从我面前除去淫乱和他们诸王的石碑, 我就住在他们中间, 直到永远。
10 "人子啊! 你要把这殿指示以色列家, 使他们因自己的罪孽而羞愧, 又要他们量度殿的尺寸。
11 他们若因自己所行的羞愧, 你就要把殿的设计、结构、出入之处, 以及一切设计、规条、礼仪、法则, 都指示他们, 在他们眼前写下来, 使他们遵着殿的一切设计和规条去作。
12 殿的法则是这样: 殿在山顶上周围的界限都是至圣的。这就是殿的法则。
13 "祭坛的尺寸是: 底座高五十公分, 边缘宽五十公分, 四围另有边高二十五公分。这是祭坛的座。
14 从底座到下层的台座, 高一公尺, 边缘宽五十公分; 从小台座到大台座, 高二公尺, 边缘宽五十公分。
15 祭坛的供台高二公尺, 从供台向上突出四个角,
16 供台长六公尺, 宽六公尺, 四面见方。
17 大台座长七公尺, 宽七公尺, 四面见方; 四围有边高二十五公分; 底座四围的边缘宽五十公分。另有台阶朝向东面。"
18 他对我说: "人子啊! 主耶和华这样说: 祭坛的规条是这样: 做成了祭坛, 在上面献燔祭、洒上血的时候,
19 你要把一头公牛犊给那些亲近我、事奉我的祭司利未人作赎罪祭, 他们是撒督的后裔。这是主耶和华的宣告。
20 你要取些公牛犊的血, 抹在祭坛的四角和台座的四角, 以及四围那些突起的边上。你这样洁净祭坛, 祭坛就洁净了。
21 你又要把那作赎罪祭的公牛犊, 烧在圣所外面, 在圣殿指定的地方。
22 第二天, 你要献一只没有残疾的公山羊作赎罪祭, 为要洁净祭坛, 像用公牛犊洁净祭坛一样。
23 你洁净了祭坛之后, 就要献一头没有残疾的公牛犊和羊群中一只没有残疾的公绵羊。
24 你要在耶和华面前把它们献上, 祭司们要把盐撒在它们身上, 作燔祭献给耶和华。
25 一连七天, 每天你都要预备一头公山羊为赎罪祭, 也要预备一头公牛犊和羊群中的一只公绵羊, 都要没有残疾的。
26 一连七天, 祭司们都要洁净祭坛, 祭坛就洁净了。这样, 他们就把祭坛分别为圣了。
27 满了七天, 从第八天起, 祭司们要在祭坛上献你们的燔祭和平安祭。我那时必悦纳你们; 这是主耶和华的宣告。"