1 En ek het my oë weer opgeslaan en gekyk -- daar was 'n vlieënde boekrol.
2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien 'n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.
3 Daarop sê hy vir my: Dit is die vloek wat uitgaan oor die ganse land; want ooreenkomstig daarmee sal al die diewe hiervandaan weggeruim word, en ooreenkomstig daarmee sal al die meinediges hiervandaan weggeruim word.
4 En laat dit uitgaan, spreek die HERE van die leërskare, en dit sal kom in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam; en dit sal binne-in sy huis vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe.
5 Daarop kom die engel vorentoe wat met my gespreek het, en sê vir my: Slaan tog jou oë op, en kyk wat daar te voorskyn kom.
6 Toe sê ek: Wat beteken dit? En hy antwoord: Dit is die efa wat te voorskyn kom. Verder het hy gesê: So lyk hulle in die ganse land.
7 En meteens word daar 'n looddeksel opgelig, en daar was 'n vrou wat binne-in die efa sit.
8 En hy sê: Dit is die goddeloosheid. En hy het haar binne-in die efa teruggewerp en die looddeksel op die opening daarvan gegooi.
9 Toe slaan ek my oë op en kyk -- daar kom twee vroue te voorskyn met die wind in hulle vlerke; en hulle het vlerke gehad soos die vlerke van 'n groot sprinkaanvoël, en hulle het die efa weggevoer tussen die aarde en die hemel.
10 Daarop sê ek aan die engel wat met my gespreek het: Waarheen bring hulle die efa?
11 En hy antwoord my: Om vir haar 'n huis te bou in die land S¡near; en is dit klaar, dan word sy daar op haar plek neergesit.
1 我又举目观看, 看见有一卷飞行的书卷。
2 他问我: "你看见什么?"我回答: "我看见一卷飞行的书卷, 长十公尺, 宽五公尺。"
3 他对我说: "这是向全地发出的咒诅: 凡偷盗的必照着书卷这面所写的被清除; 凡起假誓的必照着那面所记的被清除。
4 万军之耶和华说: ‘我要使这书卷出去, 进入盗贼的家和指着我的名起假誓之人的家, 这书卷必留在他的家中, 要把他家里的木料和石头都毁灭(这是万军之耶和华说的)。’"
5 那与我说话的天使又出来对我说: "你要举目观看, 看看这出来的是什么?"
6 我说: "这是什么?"他回答: "这出来的是个量器。"他又说: "这是他们在全地上的罪孽("罪孽"有抄本作"样子")。"
7 看哪! 量器的圆形铅盖被揭开, 有一个妇人坐在量器里面。
8 天使说: "这是罪恶。"然后他把那妇人掷回量器中, 又把那铅盖丢在量器的口上。
9 我又举目观看, 看见有两个妇人出来。她们有翅膀, 好像鹳鸟的翅膀; 她们的翅膀之下有风。她们把那量器抬起, 抬到天地之间。
10 我问那与我说话的天使: "她们要把量器带到哪里去呢?"
11 他回答我: "要在示拿地为那量器建造房子; 房子预备好了, 就在那里把它安放在它自己的地方。"