1 In die dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.
2 En in die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
3 En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die HERE verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer.
4 En in die dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.
5 Maar hy sal sê: Ek is geen profeet nie, ek is 'n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop.
6 En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.
7 Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die HERE van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes.
8 En in die ganse land, spreek die HERE -- twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
9 Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos 'n mens silwer smelt en hulle toets soos 'n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!
1 "到那日, 必有一个泉源, 为大卫家和耶路撒冷的居民开放, 洗除他们的罪恶和不洁。
2 "到那日(这是万军之耶和华的宣告), 我必从这地除掉偶像的名号, 它们不再被人记念; 我也必从这地除去假先知和污秽的灵。
3 如果有人再说预言, 他的亲生父母必对他说: ‘你不该活着, 因为你奉耶和华的名说谎。’他说预言的时候, 他的亲生父母必把他刺死。
4 "到那日, 假先知说预言的时候, 每一个都必因自己所论的异象而羞愧; 他们必不再穿兽毛衣服欺骗人。
5 那时他必说: ‘我不是先知, 只是耕地的人; 因为我自幼以来, 就被卖为奴。’
6 如果有人问他: ‘怎么在你胸口上("胸口上"原文作"两手之间")有这些伤痕呢?’他就必回答: ‘这些是在爱我的人家里所受的伤。’
7 "刀剑哪, 醒来吧! 攻击我的牧人, 我的同伴, (这是万军之耶和华的宣告。)要击打牧人, 羊群就分散; 我也要转过手来, 攻击小羊。
8 全地的人必有三分之二被除灭, 只有三分之一存留下来。(这是耶和华的宣告。)
9 我必使这三分之一经火试炼。我要炼净他们, 像炼净银子一样; 我要试炼他们, 像试炼金子一样。他们必呼求我的名, 我必应允他们。我要说: ‘他们是我的子民。’他们也要说: ‘耶和华是我们的 神。’"