1 Kyk, daar kom 'n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
2 Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
3 En die HERE sal uittrek en stryd voer teen die nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
4 En in die dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
5 En julle sal vlug in die dal van my berge -- want die dal van die berge sal loop tot by Asal -- en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Uss¡a, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!
6 En in die dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.
7 En dit sal 'n enige dag wees wat aan die HERE bekend is -- geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.
8 En in die dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.
9 En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in die dag sal die HERE een wees, en sy Naam een.
10 Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Han neël tot by die parskuipe van die koning.
11 En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.
12 En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
13 En in die dag sal 'n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
14 En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere -- 'n groot hoeveelheid.
15 En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.
16 En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.
17 En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie -- hulle sal geen reën kry nie.
18 En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.
19 Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.
20 In die dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar.
21 Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in die dag sal daar geen Kana„niet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie.
1 看哪! 耶和华的日子快到, 人要在你中间分取你的掠物。
2 因为我必招聚列国与耶路撒冷作战, 城必被占领, 房屋被抢掠, 妇女被强奸。城中的居民必有半数被掳去, 剩下的人民必不会从这城里被剪除。
3 那时, 耶和华要出去, 与那些国家作战, 像他以前在战争的日子作战一样。
4 到那日, 他的脚必站在对着耶路撒冷, 在东面的橄榄山上; 这橄榄山必从中间裂开, 由东至西成为极大的山谷。山的一半向北挪移, 一半向南挪移。
5 你们要经由我的山谷逃跑, 因为山谷必伸展到亚萨; 你们要逃跑, 好像在犹大王乌西雅年间逃避大地震一样。耶和华我的 神必来临, 所有的圣者都与他("与他"《马索拉抄本》作"与你")同来。
6 到那日, 必没有光、寒冷和严霜。
7 那将是独特的一天, 只有耶和华知道; 那天不再分白昼和黑夜, 因为在晚上仍有光明。
8 到那日, 必有活水从耶路撒冷流出来; 一半流往东海, 另一半流往西海; 冬天夏天都是这样。
9 耶和华必作全地的王; 到那日, 人人都承认耶和华是独一无二的, 他的名也是独一无二的。
10 全地, 从迦巴直到耶路撒冷南方的临门, 都要变成平原; 但耶路撒冷仍必屹然耸立, 从便雅悯门到第一门的地方, 到角门, 又从哈楠业楼到王的榨酒池, 都在原处。
11 城中必有人居住, 必不再有毁灭的咒诅, 耶路撒冷的人必安然居住。
12 这是耶和华用来击打那些与耶路撒冷争战的万族的灾疫: 他们双脚仍然站地的时候, 他们的肌肉必腐烂, 他们的眼球必在眼眶里腐烂, 他们的舌头必在口腔中腐烂。
13 到那日, 耶和华必使他们大大慌乱, 他们各人互相抓住对方的手, 并举起手来互相攻击。
14 犹大也必在耶路撒冷争战; 四围列国的财物都必被收聚起来, 有极多的金子、银子和衣服。
15 照样, 像这类的灾疫也必临到马匹、骡子、骆驼、驴和在营中的一切牲畜身上。
16 所有前来攻击耶路撒冷的列国中剩下的人, 必年年上来敬拜大君王万军之耶和华, 并且守住棚节。
17 地上的万族中, 凡是不上耶路撒冷敬拜大君王万军之耶和华的, 就必没有雨降给他们。
18 埃及族若不上来参加, 就必没有雨降给他们, 这就是耶和华用来击打那些不上来守住棚节的列国的灾祸。
19 这就是埃及的刑罚, 也是所有不上来守住棚节的列国的惩罚。
20 到那日, 马的铃铛上必有"归耶和华为圣"这句话; 耶和华殿里的锅必好像祭坛前献祭用的碗一样。
21 耶路撒冷和犹大所有的锅都必归万军之耶和华为圣; 献祭的, 都必来取这些锅, 用来煮祭肉。到那日, 在万军之耶和华的殿中, 必不再有商人("商人"或译: 迦南人")。