1 Bid tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle 'n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.

2 Want die huisgode spreek bedrog, en die waarsêers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind. Daarom het hulle weggeswerwe soos 'n kudde; hulle verkeer in verdrukking, omdat daar geen herder is nie.

3 Teen die herders het my toorn ontvlam, en oor die voorbokke sal Ek besoeking bring; want die HERE van die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.

4 Uit hom sal die hoeksteen, uit hom die muurpen, uit hom die strydboog, uit hom die heersers almal saam uitgaan.

5 En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want die HERE is met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.

6 En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle 'n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die HERE hulle God, en Ek sal hulle verhoor.

7 En Efraim sal wees soos 'n held, en hulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in die HERE.

8 Ek wil vir hulle fluit en hulle vergader, want Ek het hulle losgekoop; en hulle sal net so talryk wees soos tevore.

9 En Ek sal hulle saai onder die volke, en in die verafgeleë streke sal hulle aan My dink; en hulle sal saam met hul kinders in die lewe bly en terugkom.

10 En Ek sal hulle terugbring uit Egipteland en uit Assur hulle vergader en hulle na die land G¡lead en die L¡banon bring; maar dit sal vir hulle nie voldoende wees nie.

11 En Hy sal deur die see van benoudheid trek en die golwe in die see slaan, en al die dieptes van die Nyl sal opdroog; ook sal die trotsheid van Ass¡rië neergewerp word, en die septer van Egipteland wyk.

12 En Ek sal hulle sterk maak in die HERE, en hulle sal in sy Naam wandel, spreek die HERE.

1 在春雨的季节, 你们要向耶和华求雨。耶和华闪发雷电, 给人降雨, 使各人的田地生长蔬菜。

2 因为偶像所说的是空言, 占卜者所见的是虚谎, 他们所说的是假梦, 只给人空洞的安慰。因此, 众人都如羊没有牧人, 流离困苦。

3 "我的怒气要向这些牧人发作, 我要惩罚那些公山羊。(因为万军之耶和华眷顾他的羊群犹大家, 使他们像战场上雄赳赳的战马。)

4 房角石、帐棚桩、作战的弓和所有的统治者, 都从犹大而出。

5 他们必像勇士, 在战场上把仇敌践踏在街上的泥土中, 他们必争战, 因为耶和华与他们同在, 他们必使敌方的骑士羞愧。

6 我要使犹大家强盛起来, 我必拯救约瑟家。我要使他们归回, 因为我怜悯他们; 他们好像未遭我弃绝一样, 因为我是耶和华他们的 神, 我必应允他们。

7 以法莲人必像勇士, 他们心中快乐, 好像饮了酒一样; 他们的子孙看见了, 也必快乐; 他们的心必因耶和华欢乐。

8 我要向他们吹哨子, 招聚他们, 因为我救赎了他们。他们的人数要增多, 像从前一样。

9 虽然我把他们散播在万民中, 他们仍要在远方记念我; 他们与他们的子孙都要存活, 并且归回。

10 我要使他们从埃及地归回, 从亚述地招聚他们, 带他们到基列地和黎巴嫩山, 却仍不够容纳他们。

11 他必经过苦难的海, 击打海中的波浪, 尼罗河的深处也都要干涸; 亚述的骄傲必降为卑; 埃及的权势要过去。

12 我必使我的子民因耶和华而强盛, 他们要奉耶和华的名行事为人。"这是耶和华的宣告。