1 Alef. Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie.
2 Bet. Die Here het al die woonplekke van Jakob sonder verskoning verslind; in sy grimmigheid het Hy die vestings van die dogter van Juda verwoes, op die grond gewerp, die koninkryk en sy vorste ontheilig.
3 Gimel. Hy het in gloeiende toorn elke horing van Israel afgekap; Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand, en in Jakob het Hy gebrand soos 'n vuurvlam wat rondom verteer.
4 Dalet. Hy het sy boog gespan soos 'n vyand, Hom opgestel met sy regterhand soos 'n teëstander en gedood alles wat 'n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid uitgegiet soos vuur.
5 He. Die Here het soos 'n vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van Juda vermenigvuldig.
6 Wau. En Hy het sy eie omheining soos 'n tuin verniel, sy eie feesplek verwoes; die HERE het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet, en in sy grimmige toorn koning en priester verwerp.
7 Sajin. Die Here het sy altaar verwerp, sy heiligdom ontheilig, die mure van haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer; hulle het gedruis gemaak in die huis van die HERE soos op 'n feesdag.
8 Get. Die HERE het Hom voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te verwoes; Hy het die meetsnoer gespan, sy hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur, saam sak hulle inmekaar.
9 Tet. Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van die HERE nie.
10 Jod. Die oudstes van die dogter van Sion sit en swyg op die grond, hulle het stof op hul hoof gegooi, rouklere aangegord; die jonkvroue van Jerusalem het hulle hoof na die aarde gebuig.
11 Kaf. My oë teer weg in trane, my ingewande is in beroering, my lewer is op die grond uitgeskud vanweë die verbreking van die dogter van my volk, omdat kind en suigling op die pleine van die stad versmag,
12 Lamed. wat aan hulle moeders sê: Waar is koring en wyn? terwyl hulle versmag soos gewondes op die pleine van die stad, terwyl hulle lewe uitgestort word aan die bors van hul moeders.
13 Mem. Watter getuienis kan ek vir jou aflê, waarmee kan ek jou vergelyk, dogter van Jerusalem? Waarmee sal ek jou gelykstel, dat ek jou kan troos, jonkvrou, dogter van Sion? Want jou verbrokenheid is so groot soos die see -- wie kan jou gesond maak?
14 Noen. Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.
15 Samek. Almal wat met die pad verbygaan, slaan die hande saam oor jou; hulle spot en skud hulle hoof oor die dogter van Jerusalem: Is dit die stad waarvan hulle gesê het: Volmaak in skoonheid, vreugde van die hele aarde?
16 Pe. Al jou vyande rek hulle mond oop oor jou, hulle spot en kners op die tande, hulle sê: Ons het verslind, ja, dit is die dag wat ons verwag het; ons het dit bereik, dit belewe!
17 Ajin. Die HERE het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, sy woord volbring wat Hy sedert die dae van die voortyd beveel het; Hy het sonder verskoning afgebreek en die vyand oor jou bly gemaak, die horing van jou teëstanders verhoog.
18 Sade. Hulle hart roep na die HERE. Muur van die dogter van Sion, laat trane afloop soos 'n stroom, dag en nag; gun jouself geen verposing nie, laat jou oogappel nie rus nie.
19 Kof. Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.
20 Resj. Aanskou, HERE, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die HERE priester en profeet gedood word?
21 Sjin. Op die grond lê jonk en oud in die strate; my jonkvroue en my jongmanne het deur die swaard geval; U het hulle gedood op die dag van u toorn, U het geslag sonder verskoning.
22 Tau. U het soos op 'n feesdag my verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van die HERE se toorn vrygeraak of ontkom nie; die wat ek op die hande gedra en grootgemaak het -- my vyand het hulle omgebring.
1 主在烈怒中, 怎么竟然使黑云遮盖锡安的居民("居民"原文作"女子")! 他把以色列的荣美, 从天上拋到地上; 他在发怒的日子, 竟不记念自己的脚凳。
2 主吞灭了雅各所有住处, 毫不顾惜; 他在忿怒中, 把犹大居民的坚固城拆毁; 他使国家和国中众领袖都倒在地上, 受尽羞辱。
3 他在烈怒中砍断以色列所有的角; 他从仇敌面前, 收回自己的右手。他像吞灭四周物件的火焰, 在雅各中间焚烧。
4 他像仇敌拉弓, 他的右手已经预备好。他像敌人把一切悦人眼目的都杀灭了; 他如火的忿怒倒在锡安居民("居民"原文作"女子")的帐棚上。
5 主好像成了仇敌; 他吞灭了以色列和她所有的宫殿, 毁坏了她的坚固城。他在犹大居民的中间, 增添了悲哀和哭号。
6 他把自己的住所破坏, 好像园子一样; 他毁坏了属他的聚会之处。耶和华使节期和安息日都在锡安被忘记; 他在他的盛怒中弃绝了君王和祭司。
7 主丢弃了自己的祭坛, 厌弃了自己的圣所。他把宫殿的围墙, 交付在仇敌的手里; 他们在耶和华的殿中喧嚷, 好像庆祝节日一样。
8 耶和华定意要拆毁锡安居民("居民"原文作"女子")的城墙; 他拉了准绳, 决不停手, 务要把它吞灭。他使堡垒和城墙都悲哀, 一同受痛苦。
9 锡安的众城门已经陷入地里; 耶和华把锡安的门闩都毁坏折断了。锡安的君王和领袖都身在列国中; 锡安再没有律法了; 它的众先知也得不到从耶和华而来的异象。
10 锡安居民("居民"原文作"女子")的长老都坐在地上, 默默无声; 他们把尘灰撒在头上, 腰束麻布。耶路撒冷的处女都垂头至地。
11 我的眼睛因流泪而失明, 我的心肠激动, 我的肝胆倾倒在地, 都因我的子民("我的子民"原文作"我子民的女子")遭毁灭, 孩童和婴儿在城里的街上昏倒。
12 他们像被刺伤的人昏倒在城里街上的时候, 他们在母亲的怀里快要丧命的时候, 他们就问母亲: "五谷和酒在哪里呢?"
13 耶路撒冷的居民哪, 我怎样向你说明呢?用什么与你比较呢?锡安的居民哪, 我们用什么跟你相比, 好安慰你呢?你的裂口像海那样大, 谁能医治你呢?
14 你的假先知为了你所见的异象, 尽是虚谎和愚昧; 他们没有显露你的罪孽, 使你的命运得以挽回; 他们为你所得的默示, 全是虚谎, 是引人走错路的。
15 所有过路的人, 都拍掌嘲笑你; 他们嗤笑耶路撒冷的居民, 并摇头说: "被人称为最完美, 为全地所喜悦的, 就是这城吗?"
16 你所有的仇敌都张开口攻击你, 他们嗤笑你, 又咬牙切齿, 说: "我们吞灭它了! 这真是我们期待的日子! 我们等到了! 亲眼看见了! "
17 耶和华作成了他定意去作的, 成就了他的话, 就是他昔日所宣告的, 他把你拆毁, 并不怜惜, 他使仇敌因胜过你而高兴, 他高举你敌人的角。
18 锡安居民("居民"原文作"女子")的城墙啊, 你要一心向主哀求; 愿你的眼泪像江河般涌流, 昼夜不息; 愿你得不着歇息, 愿你眼中的瞳人不能休息。
19 夜里每到交更的时分, 你要起来呼喊; 在主面前你要倾心如水! 你的孩童在各街头上因饥饿而昏倒, 你要为他们的性命向主举手祷告。
20 "耶和华啊, 求你观看! 求你鉴察! 你曾这样对待过谁呢?难道妇人应该吃掉自己所生的, 就是自己所抚养的婴孩吗?难道祭司和先知应该在主的圣所里被杀害吗?"
21 少年人和老年人都在街上倒卧在地死了; 我的年轻男女都倒毙于刀下; 在你忿怒的日子, 你杀了他们, 你屠杀了他们, 毫不怜惜。
22 你从四围招聚惊吓我的, 好像招聚人过节的日子一样。在耶和华忿怒的日子, 没有人可以逃脱, 可以生存。我所抚育、所养大的, 我的仇敌都灭尽了。