1 Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het.

2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

3 En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.

4 Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie.

5 Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig,

6 en hou die gebooie van die HERE jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.

7 Want die HERE jou God bring jou in 'n goeie land, 'n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom;

8 'n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; 'n land van olieryke olyfbome en heuning;

9 'n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; 'n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;

10 en jy sal eet en versadig word en die HERE jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.

11 Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;

12 sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon,

13 en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder --

14 en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;

15 wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en 'n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het;

16 wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen --

17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.

18 Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is.

19 Maar as jy nogtans die HERE jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;

20 soos die nasies wat die HERE voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die HeRE julle God nie geluister het nie.

1 "我今日吩咐你的一切诫命, 你们要谨守遵行, 使你们可以存活, 人数增加, 并且可以进去得着耶和华向你们的列祖起誓应许的那地。

2 你也要记念耶和华你的 神这四十年在旷野引导你的一切路程, 为要使你受苦, 要试炼你, 要知道你心里怎样, 看看你肯守他的诫命不肯。

3 他使你受苦, 任你饥饿, 把你和你的列祖不认识的吗哪赐给你吃, 使你知道人活着, 不是单靠食物, 更要靠耶和华口里所出的一切话。

4 这四十年来, 你身上的衣服没有穿破, 你的脚也没有肿起来。

5 因此你心里要明白, 耶和华你的 神管教你, 好像人管教他的儿子一样。

6 所以你要谨守耶和华你的 神的诫命, 遵行他的道路, 敬畏他。

7 因为耶和华你的 神快要领你进入那美地; 那地有河流, 有泉, 有源, 水从谷中和山上流出来;

8 那地有小麦、大麦、葡萄树、无花果树、石榴树; 那地有橄榄树、油和蜜;

9 你在那地必不缺乏食物, 在那里你必一无所缺; 那地的石头就是铁; 从那里的山上, 你可以挖出铜来。

10 你吃饱了, 就要称颂耶和华你的 神, 因为他把那美地赐了给你。

11 "你要自己谨慎, 免得忘记耶和华你的 神, 不守他的诫命、典章、律例, 就是我今日吩咐你的;

12 恐怕你吃饱了, 建造美好的房屋居住,

13 你的牛羊加多, 你的金银增添, 你所有的一切都增加了,

14 那时, 你就心高气傲, 忘记了耶和华你的 神, 就是把你从埃及地, 从为奴之家领出来的那一位。

15 他引导你走过那大而可畏的旷野, 那里有火蛇, 有蝎子, 有干旱无水之地; 他曾经为你使水从坚硬的磐石中流出来。

16 他在旷野把你的列祖不认识的吗哪赐给你吃, 是要使你受苦, 要试炼你, 使你终久得到福乐;

17 恐怕你心里说: ‘这财富是我的力量, 是我手的能力使我得着的。’

18 你要记念耶和华你的 神, 因为得财富的能力是他赐给你的, 为要坚定他向你的列祖起誓所立的约, 像今天一样。

19 如果将来你真的忘记了耶和华你的 神, 去随从别的神, 事奉和敬拜他们, 你们必定灭亡, 这是我今日警告你们的。

20 耶和华从你们面前怎样使万国的民灭亡, 你们也必照样灭亡, 因为你们没有听从耶和华你们 神的话。"