1 Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond.
2 Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante.
3 Want die Naam van die HERE roep ek uit: Gee grootheid aan onse God!
4 Die Rots -- volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.
5 Hulle het verderflik teen Hom gehandel -- die wat sy seuns nie was nie, maar hulle skandvlek -- 'n verkeerde en verdraaide geslag.
6 Durf julle dit die HERE vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak en jou toeberei nie?
7 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.
8 Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.
9 Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.
10 Hy het hom gevind in 'n woestynland en in 'n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.
11 Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels --
12 die HERE alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.
13 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;
14 dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring; en druiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn.
15 Toe het Jesurun vet geword en agterop geskop -- jy het vet geword, dik geword, spekvet geword -- en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.
16 Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg.
17 Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.
18 Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het.
19 Toe die HERE dit sien, het Hy hulle verwerp, uit ergernis oor sy seuns en dogters.
20 En Hy het gesê: Ek wil my aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want 'n heeltemal verkeerde geslag is hulle, kinders in wie geen trou is nie.
21 Hulle het my ywer gewek deur wat nie-God is, My geterg deur hulle nietige afgode. Âk sal dan hulle ywer wek deur die wat 'n nie-volk is, deur 'n dwase nasie sal Ek hulle terg.
22 Want 'n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.
23 Ek sal onheile op hulle ophoop; my pyle sal Ek op hulle wegskiet.
24 As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.
25 Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard.
26 Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle gedagtenis onder die mense uitroei --
27 as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en die HERE het dit alles nie gedoen nie.
28 Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie.
29 Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou op hulle einde let.
30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tien duisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en die HERE hulle oorgelewer het nie!
31 Want hulle steenrots is nie soos ons Steenrots nie -- ja, ons vyande self is skeidsregters!
32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is giftige druiwe, bitter trosse dra hulle.
33 Hulle wyn is slanggif en wrede addergif.
34 Is dit nie by My opgegaar, in my skatkamers verseël nie?
35 My kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is, kom gou.
36 Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.
37 Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het,
38 wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle 'n beskerming kan wees!
39 Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.
40 Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef --
41 as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.
42 Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.
43 Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk.
44 En Moses het gekom en al die woorde van hierdie lied voor die ore van die volk gespreek, hy en Hos,a, die seun van Nun.
45 En toe Moses met al hierdie woorde die hele Israel klaar toegespreek het,
46 sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou.
47 Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe; en deur hierdie woord sal julle die dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
48 Daarna het die HERE op daardie selfde dag met Moses gespreek en gesê:
49 Klim op hierdie gebergte Ab rim, die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor J,rigo lê, en aanskou die land Kana„n wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;
50 en sterwe op die berg waarheen jy opklim, en word versamel by jou volksgenote, soos jou broer A„ron gesterf het op die berg Hor en versamel is by sy volksgenote,
51 omdat julle onder die kinders van Israel ontrou teen My gehandel het by die twiswater van Kades, in die woestyn Sin, omdat julle My nie geheilig het onder die kinders van Israel nie.
52 Want reg voor sal jy die land sien, maar jy sal daar nie inkom, in die land wat Ek aan die kinders van Israel sal gee nie.
1 "天哪, 留心吧, 我要说话; 地啊, 聆听我口中的言语。
2 我的教训下降如雨, 我的言语滴落如露, 像细雨落在青草上, 像甘霖降在蔬菜上。
3 因为我要宣告耶和华的名; 你们要尊崇我们的 神的伟大。
4 他是磐石, 他的作为完全, 因为他一切所行的全都公平; 他是诚实无伪的 神, 又公义, 又正直。
5 这世代向他行事败坏, 就不是他的儿女, 满有弊病, 这实在是个乖僻弯曲的世代。
6 愚昧无知的人民哪, 你们这样报答耶和华吗?他不是你的父, 不是把你买回来的吗?他造了你, 建立了你。
7 你要回想古时的日子, 思念历代以来的年月; 问你的父亲, 他必告诉你; 问你的长者, 他们必对你说。
8 至高者把地业赐给列国的时候, 把人类分开的时候, 就照着以色列子孙的数目, 立定了万民的境界。
9 但耶和华的分就是他的子民, 他的产业就是雅各。
10 耶和华在旷野之地遇见了他, 在荒凉之地和野兽吼叫的荒野, 遇见了他, 就环绕他, 看顾他, 保护他, 好像保护自己眼中的瞳人一样。
11 又像老鹰搅动巢窝, 飞翔在雏鹰之上, 扇展翅膀, 接取雏鹰, 背在自己的两翼之上。
12 耶和华独自领导了他, 并没有外族人的神与他同在。
13 耶和华使他乘驾地的高处, 得吃田间的土产; 又使他从岩石中吸蜜, 从坚固的磐石中取油。
14 也吃牛酪和羊乳, 羊羔的脂肪, 巴珊的公牛和公山羊, 以及上好的麦子; 也喝了葡萄汁酿成的酒。
15 但耶书仑肥胖了, 就踢跳, ‘你肥胖了, 你粗壮了, 你饱满了, ’他离弃了造他的 神, 轻看了救他的磐石。
16 他们以外族人的神激动了 神的愤恨, 以可憎之事惹起了他的怒气。
17 他们献祭给鬼魔(他们不是神), 就是他们从来不认识的神, 是近来新兴的, 是你们的列祖所不惧怕的。
18 你轻忽了生你的磐石, 你忘记了产你的 神。
19 因为他的儿女激怒了 神, 耶和华看见了, 就弃绝了他们,
20 说: ‘我必掩面不顾他们, 要看看他们的结局怎样; 因为他们是乖曲的一代, 心里没有信实的人。
21 他们以不是神的神激动了我的愤恨, 以虚无之物惹动了我的怒气; 我也以不是子民的人激动他们的愤恨, 以愚昧的国民惹动他们的怒气。
22 因为在我的怒中有火燃烧起来, 烧到阴间的深处, 把大地和地的出产尽都吞灭, 连山的根基也烧着了。
23 我要把灾祸加在他们身上, 把我的箭向他们射尽。
24 他们必因饥荒消瘦, 被热病和毒症消灭; 我也要打发野兽用牙齿咬他们, 和土中的蛇类用毒液害他们。
25 外有刀剑, 内有惊恐, 使人丧亡, 使少男少女, 婴孩和白发老人, 尽都丧亡。
26 我原想: "我要把他们分散到各处, 把他们的名号都从人间除灭。"
27 但我惧怕仇人激动我, 恐怕敌人误会了, 又恐怕他们说: "是我们的手高举了, 并不是耶和华作了这一切事。"’
28 因为他们是缺乏计谋的国, 他们心中没有见识。
29 如果你们有智慧, 就可以明白这事, 认清自己将来的结局了。
30 如果不是他们的磐石把他们出卖了, 如果不是耶和华把他们交出来, 一人怎能追赶一千人, 二人怎能使万人逃跑呢?
31 连我们的仇敌也自己断定, 他们的磐石不像我们的磐石。
32 因为他们的葡萄树, 是所多玛的葡萄树所出的, 是蛾摩拉的田地所生的; 他们的葡萄是毒葡萄, 每一挂都是苦的。
33 他们的酒是大蛇的毒液, 是虺蛇的剧毒。
34 这不是贮藏在我这里, 封闭在我的宝库中吗?
35 等到他们失足的时候, 我要伸冤报应; 因为他们遭遇灾难的日子近了, 那预备要临到他们身上的事, 必快快临到。
36 耶和华要为自己的子民伸冤, 为自己的仆人难过, 因为耶和华看见他们的能力已经消逝, 为奴的或自由的都没有剩下一人。
37 他必说: ‘他们的神在哪里呢?他们投靠的磐石在哪里呢?
38 就是向来吃他们祭牲脂肪的, 喝他们奠祭之酒的神在哪里呢?让他们兴起来帮助你们吧, 愿他们保护你们吧!
39 现在你们要知道, 只有我是那一位, 除我以外, 并没有别的神; 我使人死, 也使人活; 我打伤, 我也医治; 没有人可以从我的手里抢救出去。
40 我向天举手说: 我活到永永远远;
41 如果我磨亮了我的刀剑, 如果我掌握了审判权, 就必向我的仇敌伸冤, 必向恨我的人报应。
42 我要使我的箭饮血饮醉, 就是被杀的人和被掳的人的血; 我的刀剑要吃肉, 就是吃仇敌长发首领的肉。’
43 列国啊, 你们当与耶和华的子民一同欢呼, 因为他要伸他仆人流血的冤, 他要向他的仇人报复, 他要救赎他的地和他的子民。"
44 摩西和嫩的儿子约书亚前来, 把这首诗歌的一切话都说给人民听。
45 摩西向以色列众人说完了这一切话,
46 就对他们说: "我今日警告你们的一切话, 你们都要放在心上, 好吩咐你们的子孙谨守遵行这律法上的一切话。
47 因为这不是空洞、与你们无关重要的事, 而是你们的生命; 借着这事, 你们在过约旦河去得为业的地上, 才可以日子长久。"
48 就在那一天, 耶和华对摩西说:
49 "你要上这亚巴琳山去, 就是尼波山, 在耶利哥对面的摩押地, 观看我赐给以色列人为业的迦南地。
50 你必死在你登上的山上, 归到你的族人那里去, 像你的哥哥亚伦死在何珥山上, 归到他的族人那里去一样。
51 因为你们在寻的旷野, 在加低斯米利巴水边, 在以色列人中间悖逆我, 在以色列人中间没有尊我为圣。
52 我赐给以色列人的地, 你可以从对面观看, 却不得进去。"