1 Daarna het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, op pad na die Skelfsee, soos die HERE aan my gesê het, en ons het om die gebergte Se‹r getrek, baie dae lank.

2 Toe het die HERE met my gespreek en gesê:

3 Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg

4 en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Se‹r woon, en hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op;

5 begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie 'n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Se‹r as 'n besitting gegee.

6 Voedsel moet julle van hulle vir geld koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle vir geld koop, dat julle kan drink.

7 Want die HERE jou God het jou geseënin al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die HERE jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.

8 Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Se‹r woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg van Elat en seon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die woestyn van Moab.

9 Toe het die HERE vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee het.

10 Die Emiete het tevore daarin gewoon, 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete.

11 Hulle word ook vir Refa‹ete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem.

12 Ook het die Horiete tevore in Se‹r gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het.

13 Maak nou klaar en trek oor die spruit Sered. Toe het ons oor die spruit Sered getrek.

14 En die dae van ons trek van Kades-Barn,a af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt en dertig jaar -- totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos die HERE hulle dit gesweer het.

15 So was die hand van die HERE dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.

16 En toe al die krygsmanne heeltemal onder die volk uit weggesterf het,

17 het die HERE met my gespreek en gesê:

18 Jy trek vandag die grens van Moab by Ar oor,

19 en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se land as besitting gee nie, omdat Ek dit aan die kinders van Lot as besitting gegee het.

20 Dit word ook as 'n land van Refa‹ete beskou; Refa‹ete het tevore daarin gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem --

21 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete -- maar die HERE het die voor hulle uit verdelg, sodat hulle die uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;

22 soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Se‹r woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle die uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.

23 Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.

24 Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy land in jou hand; begin om in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom.

25 Vandag sal Ek begin om die skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele hemel te lê, sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs.

26 Toe het ek boodskappers gestuur uit die woestyn Ked,mot na Sihon, die koning van Hesbon, met woorde van vrede om te sê:

27 Laat my deur jou land gaan; ek sal net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie.

28 Voedsel moet jy my verkoop vir geld, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir geld, dat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek --

29 soos die kinders van Esau wat in Se‹r woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het -- totdat ek deur die Jordaan trek in die land wat die HERE onse God aan ons sal gee.

30 Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want die HERE jou God het sy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.

31 En die HERE het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy land aan jou oor te gee; begin om in besit te neem, om sy land in besit te neem.

32 Toe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Jahas.

33 En die HERE onse God het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het.

34 En ons het in die tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.

35 Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.

36 Van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by G¡lead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie -- die HERE onse God het alles aan ons oorgegee.

37 Net naby die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat die HERE onse God verbied het.

1 "以后, 我们照着耶和华吩咐我的, 回转过来, 沿着往红海的路起程到旷野去; 我们在西珥山绕行了很多日子。

2 耶和华对我说:

3 ‘你们绕行这山的日子已经够了; 现在要转向北去。

4 你要吩咐人民说: "你们的兄弟以扫的子孙, 住在西珥, 你们现在要经过他们的境界; 他们必惧怕你们, 所以你们要十分谨慎。

5 不要与他们争执; 他们的地, 连脚掌那么大的一块, 我都不给你们, 因为我已经把西珥山赐给以扫作产业。

6 你们要用银子向他们买食物吃; 也要用银子向他们买水喝。

7 因为耶和华你的 神, 对于你手里所作的一切事, 都已经赐福给你; 他也知道你怎样走这大旷野; 这四十年来, 耶和华你们的 神常与你同在, 使你毫无缺乏。"’

8 "于是我们离开我们住在西珥的兄弟以扫的子孙, 继续前行; 沿着亚拉巴的路, 到了以拉他和以旬.迦别, 然后转向摩押旷野的路去。

9 耶和华对我说: ‘你不可敌视摩押人, 也不可与他们争战; 他们的地我不赐给你作产业, 因为我已经把亚珥赐给了罗得的子孙作产业。

10 (以前有以米人住在那里, 这族人人数众多, 身体高大, 像亚衲族人一样。

11 这以米人, 像亚衲族人一样, 也算为利乏音人; 但摩押人称他们为以米人。

12 以前何利人也住在西珥, 但以扫的子孙占领了他们的产业, 消灭了他们, 住在他们那里, 就像以色列在耶和华赐给他们作产业的地上所行的一样。)

13 现在你们要起来, 过撒烈溪。’于是我们过了撒烈溪。

14 自从我们离开加低斯.巴尼亚, 直到过了撒烈溪的日子, 共有三十八年, 等到那世代的战士都从营中灭绝为止, 正像耶和华向他们所起的誓一样。

15 耶和华的手攻击了他们, 把他们从营中除灭, 直到灭尽为止。

16 "所有战士都从民中死尽以后,

17 耶和华就对我说:

18 ‘你今天要经过摩押的境界亚珥;

19 你走近亚扪人面前的时候, 不可敌视他们, 也不可与他们争执; 亚扪人的地我不赐给你们作产业, 因为我已经把那地赐给了罗得的子孙作产业。

20 (那地也算为利乏音人的地, 以前利乏音人住在那里, 但亚扪人称他们为散送冥。

21 这族人人数众多, 身体高大, 像亚衲族人一样; 但耶和华从亚扪人面前消灭了他们, 亚扪人就占领了他们的地业, 住在那里,

22 好像耶和华从前为住在西珥的以扫的子孙所作的一样, 就是把何利人从他们面前消灭, 他们就占领了他们的地业, 住在他们那里, 直到今日。

23 还有亚卫人, 原先住在迦萨附近的各村庄里, 有从迦斐托出来的迦斐托人把他们消灭了, 住在他们那里。)

24 现在你要起来, 出发, 过亚嫩谷; 看哪, 我已经把亚摩利人希实本王西宏和他的土地, 交在你的手里了; 你要开始占领那地作产业, 与他争战。

25 就在今天, 我要使天下万民听见你的消息都惊慌惧怕, 而且因你的缘故发抖疼痛。’

26 "我从基底莫的旷野, 派使者到希实本王西宏那里去, 用和平的话说:

27 ‘求你让我从你的地经过; 我只走大道, 不偏左也不偏右。

28 你可以按着价钱把食物卖给我吃, 也可以按着价钱把水卖给我喝; 只要让我步行过去就是了;

29 好像住在西珥的以扫子孙, 和住在西珥的摩押人待我一样, 等我过约旦河, 进到耶和华我们的 神赐给我们的地去。’

30 但是希实本王西宏不肯让我们从他那里经过, 因为耶和华我们的 神使他的心意顽固, 使他的心刚硬, 为要把他交在你的手里, 像今日一样。

31 耶和华对我说: ‘看哪, 我已经把西宏和他的地交给你了, 你可以占领他的地作产业。’

32 "那时西宏和他所有的人民都出来, 攻击我们, 在雅杂与我们作战。

33 耶和华我们的 神把他交给了我们, 我们就把他、他的儿子们和他所有的人民都击杀了。

34 那时我们夺取了他所有的城邑, 把每一座城, 连男带女, 以及小孩子都全部毁灭, 没有留下一个存活的;

35 只留下我们掠为己有的牲畜, 和我们夺取城邑所得的战利品。

36 从亚嫩谷旁边的亚罗珥和谷中的城, 直到基列, 没有一座城太高, 是我们不能攻下的; 耶和华我们的 神把这一切都交给我们了。

37 只有亚扪人的地, 雅博河一带的地方, 和山地的城市, 以及耶和华我们的 神吩咐我们不可去的地方, 我们都没有走近。"