1 As hulle in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,
2 dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is.
3 En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is -- die oudstes van die stad moet 'n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in 'n juk getrek het nie.
4 En die oudstes van die stad moet die koei afbring in 'n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.
5 Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die HERE jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die HERE te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.
6 En al die oudstes van die stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is;
7 en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë het dit nie gesien nie.
8 Doen versoening vir u volk Israel wat U, o HERE, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.
9 En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.
10 As jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en die HERE jou God hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer,
11 en jy onder die gevangenes 'n vrou sien wat skoon van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem,
12 dan moet jy haar in jou huis inbring; en sy moet haar hoof skeer en haar naels knip.
13 En sy moet die klere waarin sy weggevoer is, uittrek en in jou huis bly en haar vader en haar moeder 'n maand lank beween; en daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou, en sy sal jou vrou wees.
14 En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onteer het.
15 As 'n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou,
16 dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie.
17 Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom 'n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: die eersgeboortereg is syne.
18 As iemand 'n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,
19 dan moet sy vader en sy moeder hom neem en hom uitbring na die oudstes van sy stad en na die poort van sy woonplek,
20 en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is 'n deurbringer en dronkaard.
21 Dan moet al die manne van sy stad hom stenig, dat hy sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei, en die hele Israel sal dit hoor en vrees.
22 En as in iemand 'n sonde is wat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan 'n paal ophang,
23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik die dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.
1 "在耶和华你的 神赐给你作产业的地上, 如果发现有被杀的人, 倒卧在田野, 又不知道是谁杀死他的,
2 这样, 你的长老和审判官就要出去, 量一下从被杀的人那里到四周城市的距离。
3 看看哪一座城离那被杀的人最近, 那城的长老就要从牛群中取一只母牛犊, 就是还没有耕过地、没有负过轭的。
4 那城的长老要把母牛犊牵下去, 到一个有活水长流的山谷, 就是未曾耕种过、未曾撒过种的地方, 在那里要打折母牛犊的颈项。
5 利未支派的祭司的子孙要上前来, 因为耶和华你的 神拣选了他们事奉他, 奉耶和华的名祝福。一切争讼和一切殴打的事, 都要凭他们的话决定。
6 那城所有的长老, 就是离那被杀的人最近的, 都要在山谷中, 在被折断颈项的母牛犊以上洗手。
7 他们要声明, 说: ‘我们的手未曾流过这人的血, 我们的眼也未曾看见这事。
8 耶和华啊, 求你赦免你的子民以色列, 就是你救赎的, 不要使流无辜人的血的罪归在你的子民以色列中间。’这样, 他们流人血的罪就得到赦免了。
9 如果你行耶和华看为正的事, 就可以从你中间除掉流无辜人的血的罪了。
10 "你出去和仇敌作战的时候, 耶和华你的 神把他们交在你手里, 你就把他们掳了去。
11 如果你在被掳的人中看见了容貌美好的女子, 就恋慕她, 要娶她作妻子,
12 那么, 你可以把她带进你的家里; 她要剃头修甲,
13 脱去被掳时所穿的衣服, 住在你家里, 为自己的父母哀哭一个月, 然后你才可以亲近她; 你作她的丈夫, 她作你的妻子。
14 如果将来你不喜欢她, 就要让她随意离去, 决不可为了钱把她出卖, 也不可以她为奴, 因为你已经污辱了她。
15 "如果人有两个妻子, 一个是他喜爱的, 一个是他不喜爱的, 两个都给他生了儿子; 但长子是他不喜爱的妻子生的;
16 到了他把所有的产业分给儿子承受的日子, 他不可把他喜爱的妻子的儿子立为长子, 排在他不喜爱的妻子的儿子以上, 他才是长子;
17 却要承认他不喜爱的妻子的儿子为长子, 把所有的产业分两分给他, 因为这儿子是他强壮有力的时候所生的头生子, 长子的权利本是属于他的。
18 "如果人有忤逆倔强的儿子, 不听从父母的话; 父母管教他以后, 他还是不听从;
19 他的父母就要捉住他, 把他带到当地的城门, 去见本城的长老,
20 对本城的长老说: ‘我们这个儿子忤逆倔强, 不听从我们的话, 是个贪食好酒的人。’
21 全城的人就要用石头打死他; 这样, 你就把那恶从你们中间除掉。以色列众人听见了, 就都惧怕。
22 "如果人犯了该死的罪, 被处死以后, 你就把他挂在木头上;
23 他的尸体不可留在树上过夜, 必须在当日把他埋葬, 因为被挂在木头上的, 是受 神咒诅的; 这样, 你就不至于玷污耶和华你的 神赐给你作产业的地了。"