1 Jy mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer terugbring.

2 En as jou broer nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy dit in jou huis neem, en dit moet by jou wees totdat jou broer dit soek; dan moet jy dit aan hom teruggee.

3 So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie.

4 Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle sekerlik ophelp.

5 'n Vrou mag geen mansklere dra nie, en 'n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God 'n gruwel.

6 As jy op pad 'n voëlnes kry in een of ander boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegneem nie.

7 Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng.

8 As jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.

9 Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.

10 Jy mag nie met 'n os en 'n esel tegelyk ploeë nie.

11 Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk, aantrek nie.

12 Klossies moet jy vir jou maak aan die vier hoeke van jou kleed waar jy jou mee toemaak.

13 As 'n man 'n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat

14 en haar slegte dinge nagee en 'n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,

15 dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.

16 En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;

17 en kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie -- maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.

18 Dan moet die oudstes van die stad die man neem en hom tugtig

19 en hom 'n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy 'n slegte gerug oor 'n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.

20 Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie --

21 dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy 'n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

22 As 'n man betrap word terwyl hy met 'n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.

23 As 'n dogter, 'n jongmeisie, aan 'n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,

24 dan moet julle hulle twee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

25 Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, alleen sterwe;

26 maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie; want soos wanneer 'n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.

27 Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.

28 As 'n man 'n dogter, 'n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap,

29 dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.

30 'n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie.

1 "如果你看见你兄弟的牛或羊走迷了, 你不可不理, 总要把它们牵回你的兄弟那里。

2 如果你的兄弟离你很远, 或是你不认识他, 你就要把它牵到你家中, 留在你那里, 等到你的兄弟来寻找它, 你就还给他。

3 对他的驴, 你要这样行; 对你的兄弟失去而被你找到的任何东西, 你都要这样行, 不可不理。

4 如果你看见你兄弟的驴或牛跌倒在路上, 你不可不理, 总要帮助他把它们拉起来。

5 "妇女不可穿男子的服装; 男子也不可穿妇人的衣服; 因为这样作的人, 都是耶和华你的 神厌恶的。

6 "如果你在路上遇见鸟窝, 或是在树上, 或是在地上; 里面有雏鸟, 或是有蛋; 母鸟伏在雏鸟身上, 或在蛋上; 你不可连母带子一起取去;

7 总要让母鸟飞去, 只可以取子; 这样你就可以得着好处, 得享长寿。

8 "如果你建造新房屋, 要在屋顶上作栏杆; 免得有人从那里跌下来, 流血的罪就归到你家。

9 "不可把两样的种子撒在你的葡萄园里, 免得你所种的全部收成和葡萄园的出产, 都要充公分别为圣归给圣殿。

10 你不可用牛和驴一同耕地。

11 不可穿羊毛和细麻混合织成的布料。

12 "你要在所披的外衣上, 四边做繸子。

13 "如果人娶妻, 和她同房之后, 就恨她,

14 捏造可耻的事毁谤她, 破坏她的名誉, 说: ‘我娶了这个女子, 和她亲近的时候, 发现她没有贞洁的凭据。’

15 那少女的父母就要把那少女的贞洁凭据拿出来, 带到城门去见本城的长老。

16 少女的父亲要对长老说: ‘我把我的女儿给这人作妻子, 他却恨她,

17 捏造可耻的事毁谤她, 说: "我发现你的女儿没有贞洁的凭据。"其实这就是我女儿的凭据。’于是, 他们就把衣服铺在那城的长老面前。

18 那城的长老要把那人捉住, 惩罚他,

19 罚他一千一百四十克银子, 交给那少女的父亲, 因为他破坏了一个以色列处女的名誉; 那少女仍要作他的妻子, 终生不能休她。

20 但如果这事是真的, 少女没有贞洁的凭据,

21 就要把那少女带到她父家的门口, 本城的人要用石头把她打死, 因为她在以色列中作了丑事, 在她父家行了淫乱; 这样, 你就把那恶从你们中间除去。

22 "如果发现有人和有夫之妇同寝, 就要把奸夫淫妇二人都处死; 这样, 你就把那恶从以色列中除掉了。

23 "如果有个少女, 本来是处女, 已经许配了人, 有人在城里遇见了她, 和她同寝,

24 你们就要把他们二人带到当地的城门口, 用石头打死他们。那少女该死, 是因为她虽在城里, 却没有呼叫; 那男人该死, 是因为他玷污了邻舍的妻子; 这样, 你就把那恶从你们中间除掉。

25 如果有人在田间遇见了已经许配人的少女, 拉住她, 和她同寝, 只要把那和她同寝的人处死。

26 但你不可对付那少女, 她并没有该死的罪。这件事就像一个人忽然起来攻击自己的邻舍, 你把他杀了一样。

27 因为那人在田间遇见那少女, 那已经许配人的少女呼叫了, 却没有人救她。

28 "如果有人遇见一个少女, 原是处女, 还没有许配过人, 就抓住她, 和她同寝, 又被人发现,

29 那和她同寝的人就要把五百七十克银子给那少女的父亲, 那少女要归作他的妻子, 因为他玷污了她; 他终生不能休她。

30 "人不可娶父亲的妻子, 也不可揭开父亲的衣襟。"(本节在《马索拉抄本》为23:1)