1 Is ek nie 'n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?

2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.

3 My verantwoording aan die wat my beskuldig, is d¡t:

4 Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?

5 Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en C,fas nie?

6 Of het net ek en Barnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?

7 Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas 'n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?

8 Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie?

9 Want in die wet van Moses is geskrywe: 'n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?

10 Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.

11 As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit 'n groot saak as ons julle stoflike goed maai?

12 As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.

13 Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?

14 So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.

15 Maar ,k het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf d¡t nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel.

16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!

17 Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is 'n rentmeesterskap aan my toevertrou.

18 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

19 Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.

20 Vir die Jode het ek soos 'n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win.

21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet -- al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus -- om die wat sonder die wet is, te win;

22 vir die swakkes het ek soos 'n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.

23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word.

24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit sekerlik kan behaal.

25 En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles -- hulle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.

26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.

27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.

1 我不是自由的吗?我不是使徒吗?我不是见过我们的主耶稣吗?你们不是我在主里面的工作吗?

2 对别人来说, 我或许不是使徒, 但对你们来说, 我总是使徒, 因为你们就是我在主里作使徒的印记。

3 对那些盘问我的人, 这就是我的答辩。

4 难道我们没有权利吃喝吗?

5 难道我们没有权利, 像其余的使徒、主的弟兄和矶法一样, 带着信主的妻子往来吗?

6 难道只有我和巴拿巴没有权利不作工吗?

7 有谁当兵要自备粮饷呢?有谁栽种葡萄园, 不吃园里的果子呢?有谁牧养羊群, 不喝羊的奶呢?

8 我说这话, 不是照着人的意见, 律法不也是这样说吗?

9 就在摩西的律法上记着说: "牛踹谷的时候, 不可笼住它的嘴。"难道 神关心的只是牛吗?

10 这不全是为我们说的吗?当然是为我们说的, 因为耕种的应当存着希望去耕种, 收割的也应当存着希望去分享收获。

11 我们既然在你们中间撒了属灵的种子, 如果要从你们那里收获一些物质的供应, 这算是过分吗?

12 如果别人在你们身上享有这种权利, 我们不是更可以享有吗?然而我们没有用过这种权利, 反而凡事容忍, 免得我们拦阻了基督的福音。

13 难道你们不知道, 在圣殿供职的, 就吃殿中的供物; 侍候祭坛的, 就分领坛上的祭物吗?

14 主也曾这样吩咐, 叫传福音的人靠福音为生。

15 但这种权利, 我一点也没有用过。我写这些话, 并不是想叫人这样待我, 因为我宁可死, 也不让人使我所夸耀的落了空。

16 我传福音原是没有可夸的, 因我不能不传。如果不传福音, 我就有祸了。

17 如果我甘心作这事, 就有赏赐; 即使不甘心, 这职责还是托付我了。

18 那么, 我的赏赐是什么呢?就是我传福音时, 叫人免费得着福音。这样, 我就没有用过传福音可以享有的权利了。

19 我虽然自由, 不受任何人管辖, 但我自愿成为众人的奴仆, 为的是要多得一些人。

20 对犹太人, 我就作犹太人, 为了要得着犹太人; 对律法以下的人, 虽然我自己不在律法之下, 还是作了律法以下的人, 为了要得着律法以下的人。

21 对没有律法的人, 我就作了没有律法的人, 其实我不是在 神的律法以外, 而是在基督的律法之下, 为了要得着没有律法的人。

22 对软弱的人, 我就成了软弱的人, 为了要得着软弱的人。对怎么样的人, 我就作怎么样的人; 无论如何, 总要救一些人。

23 我所作的一切, 都是为了福音的缘故, 好让我与别人同享福音的好处。

24 难道你们不知道, 在场上赛跑的人, 虽然大家都跑, 但得奖的只有一个人吗?你们都应当这样跑, 好叫你们可以得奖。

25 凡参加运动比赛的, 在一切事上都有节制; 他们这样作, 不过要得到能坏的冠冕, 我们却是要得不朽的冠冕。

26 所以我奔跑, 不是没有目标的; 我斗拳, 不是打空气的。

27 我要克制自己的身体, 叫身体服我, 免得我传了给别人, 自己反而落选了。