1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë -- hulle sal tot niet gaan; of tale -- hulle sal ophou; of kennis -- dit sal tot niet gaan.
9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.
10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.
11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.
12 Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
13 En nou bly geloof, hoop, liefde -- hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
1 我若能说世人和天使的方言, 却没有爱, 我就成了鸣的锣、响的钹一样。
2 我若有先知讲道的恩赐, 也明白各样的奥秘, 各样的知识; 并且有全备的信, 叫我能够移山, 却没有爱, 我就算不得什么。
3 我若把一切所有的分给人, 又舍己身被人焚烧, 却没有爱, 对我仍然毫无益处。
4 爱是恒久忍耐, 又有恩慈。爱是不嫉妒, 不自夸, 不张狂;
5 不作失礼的事, 不求自己的益处, 不轻易动怒, 不计较人的过犯;
6 不喜欢不义, 只喜欢真理。
7 爱是凡事包容, 凡事相信, 凡事盼望, 凡事忍耐。
8 爱是永存不息的。先知的讲道终必过去, 方言终必停止, 知识终必消失。
9 因为我们现在所知道的, 只是一部分; 所讲的道也只是一部分;
10 等那完全的来到, 这部分的就要过去了。
11 我作孩子的时候, 说话像孩子, 心思像孩子, 想法像孩子, 既然长大了, 就把孩子的事都丢弃了。
12 我们现在是对着镜子观看, 模糊不清, 到那时就要面对面了。我现在所知道的只是一部分, 到那时就完全知道了, 好像主完全知道我一样。
13 现在常存的有信、望、爱这三样, 其中最大的是爱。