1 En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.
2 As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos 'n mens behoort te weet nie.
3 Maar as iemand God liefhet, die word deur Hom geken.
4 Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat 'n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.
5 Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is -- soos daar baie gode en baie here is --
6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
7 Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as 'n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.
8 Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie.
9 Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien 'n struikelblok word vir die wat swak is nie.
10 Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in 'n afgodstempel, sal sy gewete, as hy 'n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?
11 En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis?
12 Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus.
13 Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.
1 关于祭过偶像的食物, 我们晓得我们都有知识。但知识会使人自高自大, 唯有爱心能造就人。
2 如果有人自以为知道些什么, 那么, 他应该知道的, 他还是不知道。
3 如果有人爱 神, 这人是 神所知道的。
4 关于吃祭过偶像的食物, 我们知道世上的偶像算不得什么, 也知道 神只有一位, 没有别的神。
5 虽然有被称为神的, 无论在天上或在地上(就如有许多的"神"许多的"主"),
6 然而我们只有一位 神, 就是父; 万物都是从他而来, 我们也为了他而活。我们也只有一位主, 就是耶稣基督; 万物都是借着他而有的, 我们也是借着他而有的。
7 不过, 这种知识不是人人都有的。有些人直到现在习惯了拜偶像的事, 因此他们吃的时候, 就把这些食物看作是真的献过给偶像的; 他们的良心既然软弱, 就被污秽了。
8 其实食物不能使我们亲近 神, 我们不吃也无损, 吃也无益。
9 然而你们要谨慎, 免得你们这自由成了软弱的人的绊脚石。
10 因为如果有人看见你这有知识的人, 在偶像的庙里吃饭, 他的良心若是软弱, 他不就放胆去吃那祭过偶像的食物吗?
11 因此, 基督已经为他死了的那软弱的弟兄, 就因你的知识而灭亡了。
12 你们这样得罪弟兄, 伤了他们软弱的良心, 就是得罪基督了。
13 所以, 如果食物使我的弟兄跌倒, 我就永远不再吃肉, 免得使我的弟兄跌倒了。