1 Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het -- dit is goed vir 'n man om 'n vrou nie aan te raak nie.

2 Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.

3 Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.

4 Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.

5 Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir 'n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

6 Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.

7 Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.

8 Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;

9 maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.

10 En aan die getroudes beveel ek -- nie ek nie, maar die Here -- dat die vrou nie van die man moet skei nie;

11 en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.

12 Maar vir die ander sê ek -- nie die Here nie -- as enige broeder 'n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;

13 en as 'n vrou 'n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.

14 Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.

15 Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.

16 Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?

17 Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.

18 Is iemand as 'n besnedene geroep -- hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep -- hy moet hom nie laat besny nie.

19 Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.

20 Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.

21 Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.

22 Want die slaaf wat in die Here geroep is, is 'n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, 'n slaaf van Christus.

23 Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.

24 Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.

25 In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.

26 Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood -- dat dit goed is vir 'n mens om so te bly.

27 Is jy aan 'n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van 'n vrou, moenie 'n vrou soek nie.

28 Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as 'n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.

29 Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;

30 en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;

31 en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.

32 En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,

33 maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.

34 Daar is ook onderskeid tussen 'n vrou en 'n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.

35 Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op 'n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.

36 Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.

37 Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.

38 Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.

39 'n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.

40 Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.

1 关于你们信上所提的事, 我认为男人不亲近女人倒好。

2 但为了避免淫乱的事, 男人应当各有自己的妻子, 女人也应当各有自己的丈夫。

3 丈夫对妻子应该尽他的本分, 妻子对丈夫也应当这样。

4 妻子对自己的身体没有主权, 权在丈夫; 照样, 丈夫对自己的身体也没有主权, 权在妻子。

5 夫妻不可彼此亏负, 除非为了要专心祷告, 双方才可以同意暂时分房。以后仍要同房, 免得撒但趁着你们情不自禁的时候诱惑你们。

6 我说这话是容许你们, 并不是命令。

7 我愿人人都像我一样; 只是各人有各人从 神得来的恩赐, 有人是这样, 有人是那样。

8 我现在要对未婚的人和寡妇说, 他们若保持像我这样就好了;

9 但如果不能自制, 就应当结婚, 因为结婚总比欲火焚身好。

10 我要吩咐已婚的人(其实不是我, 而是主吩咐的), 妻子不可离开丈夫。

11 如果离开了, 就不可再嫁, 不然, 就要跟丈夫复合。丈夫也不可离弃妻子。

12 我要对其余的人说(是我说的, 不是主说的), 倘若某弟兄有不信的妻子, 而她也情愿和他住在一起, 他就不要离弃她。

13 如果妻子有不信的丈夫, 而他也情愿和她住在一起, 她也不要离弃丈夫。

14 因为不信的丈夫因着妻子成为圣洁, 不信的妻子也因着那个弟兄成为圣洁了。不然, 你们的儿女就是不洁净的, 但现在他们都是圣洁的了。

15 如果那不信的要离去, 就由他离去吧; 在这种情形之下, 信主的弟兄或姊妹都不必勉强。 神呼召你们, 是要你们和睦。

16 你这作妻子的, 你怎么知道不能救你的丈夫呢?你这作丈夫的, 你怎么知道不能救你的妻子呢?

17 不过, 主怎样分给各人, 神怎样呼召各人, 各人就要照着去行事为人。我也这样吩咐各教会。

18 有人受了割礼而蒙召的吗?他就不要遮掩割礼的记号。有人未受割礼而蒙召的吗?他就不要受割礼。

19 割礼算不得什么, 没有割礼也算不得什么, 要紧的是遵守 神的命令。

20 各人蒙召的时候怎样, 他就应当保持原来的情况。

21 你蒙召的时候是作奴仆的吗?不要为此烦恼。但如果你能够得到自由, 就要把握这机会。

22 因为作奴仆的蒙了主的呼召, 就是属于主的自由人了; 照样, 自由的人蒙了呼召, 他就是基督的奴仆了。

23 你们是用重价买来的, 不要作人的奴仆。

24 弟兄们, 你们各人蒙召的时候怎样, 就应当在 神面前保持这原来的情况。

25 关于守独身的女子, 我没有主的命令, 但我既然蒙了主的怜悯, 成为可信靠的人, 就把我的意见提出来。

26 为了目前的困难, 我认为人最好能保持现状。

27 你已经有了妻子吗?就不要想摆脱。你还没有妻子吗?就不要去找妻子。

28 如果你娶妻子, 这不是犯罪; 如果处女出嫁, 也不是犯罪。不过, 这样的人要受肉体上的苦难, 我却不愿你们受这苦难。

29 弟兄们, 我是说时候不多了。从今以后, 有妻子的要像没有妻子的,

30 哀哭的要像不哀哭的, 快乐的要像不快乐的, 买了东西的要像一无所得的,

31 享用世上百物的要像没有享用的一样, 因为这世上的情况都要过去。

32 我愿你们无所挂虑。没有娶妻子的人, 挂念的是主的事, 想怎样去得主喜悦;

33 但娶了妻子的人是为世上的事挂虑, 想怎样去讨妻子的欢心,

34 这样他就分心了。没有结婚的妇女和守独身的女子, 挂念的是主的事, 好让身体和心灵都成为圣洁; 但结了婚的妇女是为世上的事挂虑, 想怎样去讨丈夫的欢心。

35 我说这话, 是为了你们自己的益处; 我不是要限制你们, 而是要你们作合宜的事, 一心一意地对主忠诚。

36 如果有人认为是亏待了自己的女朋友, 她也过了结婚的年龄, 而他觉得应当结婚, 他就可以照着自己的意思去作, 这不是犯罪; 他们应该结婚。

37 但如果他心里坚决, 没有什么不得已的原因, 又可以控制自己的意志, 决心让女朋友持守独身; 这样作也是好的。

38 所以, 那跟自己的女朋友结婚的, 作得好, 那不结婚的, 作得更好。(或译: "36如果有人认为待自己的女儿不合适, 她也过了结婚的年龄, 而且应当这样行, 他就可以照着自己的意思去作, 让她们结婚, 这不是犯罪。37但如果他心里坚定, 没有什么不得已的原因, 又有权作主, 决心留下自己的女儿, 这样作也是好的。38所以, 那让自己女儿出嫁的, 作得好, 那不让女儿出嫁的, 作得更好。")

39 丈夫活着的时候, 妻子是受约束的; 丈夫若死了, 她就可以自由地嫁给她愿意嫁的人, 只是要嫁给主里的人。

40 然而照我的意见, 倘若她能守节, 就更有福了。我想我这话也是 神的灵感动的。