1 'n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.

2 En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

3 Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,

4 in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus --

5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.

6 Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?

7 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees -- soos julle inderdaad ongesuurd is -- want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.

9 Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie --

10 dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan --

11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as 'n broeder bekend, 'n hoereerder is of 'n gierigaard of 'n afgodedienaar of 'n kwaadspreker of 'n dronkaard of 'n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

12 Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?

13 Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog die slegte mens onder julle uit.

1 听说你们中间竟然有淫乱的事, 这样的淫乱在教外人中间都没有, 就是有人和他的继母同居。

2 你们还是自高自大! 难道你们不该觉得痛心, 把作这件事的人从你们中间赶出去吗?

3 我身体虽然不在你们那里, 心灵却与你们在一起, 好像我亲身在那里审判了作这件事的人,

4 就是当你们奉我们主耶稣的名聚集在一起, 我的灵在那里, 我们主耶稣的权能也同在的时候,

5 要把这样的人交给撒但, 败坏他的身体, 使他的灵魂在主的日子可以得救。

6 你们这样自夸是不好的。你们不知道一点面酵能使全团面发起来吗?

7 你们既是无酵的面, 就应当把旧酵除净, 好让你们成为新的面团; 因为我们逾越节的羊羔基督已经被杀献祭了。

8 所以我们守这节, 不可用旧酵, 也不可用又邪又恶的酵, 而是要用纯洁真实的无酵饼。

9 我以前写信告诉你们, 不可与淫乱的人来往。

10 这话当然不是指这世上行淫乱的、贪心的、勒索的, 或拜偶像的人; 如果是这样, 你们就非脱离这世界不可。

11 但现在我写信告诉你们, 如果有称为弟兄, 却是行淫乱、贪心、拜偶像、辱骂人、醉酒或勒索的, 这样的人, 不可和他来往, 连和他吃饭都不可。

12 审判教外的人, 跟我有什么关系?教内的人不是你们审判的吗?

13 至于教外的人, 神会审判他们。你们要把那恶人从你们中间赶出去。