1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
6 Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.
7 Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.
8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.
11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.
12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
13 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.
14 En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.
15 Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is -- God bly in hom, en hy in God.
16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.
18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
20 As iemand sê: Ek het God lief -- en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?
21 En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.
1 亲爱的, 不要每个灵都信, 总要试验那些灵是否出于 神, 因为有许多假先知已经来到世上了。
2 你们可以这样认出 神的灵: 凡是承认耶稣基督是成了肉身来的, 那灵就是出于 神。
3 凡是不承认耶稣基督是成了肉身来的, 那灵就不是出于 神, 而是敌基督者的灵; 你们听过他要来, 现在他已经在世上了。
4 孩子们, 你们是属于 神的, 并且已经胜过他们, 因为那在你们里面的比那在世上的更大。
5 他们是属于世界的, 因此讲论属世的事, 世界也就听从他们。
6 我们是属于 神的, 认识 神的就听从我们, 不属于 神的就不听从我们。这样, 我们就可以辨别真理的灵和谬妄的灵了。
7 亲爱的, 我们应当彼此相爱, 因为爱是从 神那里来的。凡是爱人的, 都是从 神生的, 并且认识 神。
8 不爱人的, 就不认识 神, 因为 神就是爱。
9 神差遣他的独生子到世上来, 要使我们借着他而活; 神的爱就在我们中间显明了。
10 不是我们爱 神, 而是 神爱我们, 差遣他的儿子为我们的罪作了赎罪祭, 这就是爱了。
11 亲爱的, 神既然这样爱我们, 我们也应当彼此相爱。
12 从来没有人见过 神, 我们若彼此相爱, 神就住在我们里面, 他的爱也在我们里面得到成全了。
13 神把他的灵赐给我们, 我们就知道我们是住在他里面, 他也住在我们里面。
14 父差遣子作世人的救主, 这是我们见过的, 并且现在作见证。
15 凡承认耶稣是 神的儿子的, 神就住在他里面, 他也住在 神里面。
16 神对我们的爱, 我们已经明白了, 而且相信了。 神就是爱; 住在爱里面的, 就住在 神里面, 神也住在他里面。
17 这样, 爱在我们里面就得到成全, 使我们在审判的日子, 可以坦然无惧。因为他怎样, 我们在这世上也怎样。
18 爱里没有惧怕, 完全的爱可以把惧怕驱除, 因为惧怕含有刑罚, 惧怕的人在爱里还没有完全。
19 我们爱, 因为 神先爱我们。
20 人若说"我爱 神", 却恨他的弟兄, 就是说谎的。不爱看得见的弟兄, 就不能爱看不见的 神。
21 爱 神的, 也应当爱弟兄, 这就是我们从 神领受的命令。