1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied.
2 Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.
3 Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.
4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
5 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.
6 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
7 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. [ (Psalms 67:8) God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees. ]
1 愿 神恩待我们, 赐福给我们, 愿他用脸光照我们, (细拉)
2 好使全地得知你的道路, 万国得知你的救恩。
3 神啊! 愿众民都称谢你, 愿万民都称谢你。
4 愿万族都快乐欢呼, 因为你按正直统管众民, 并引导地上的万族。(细拉)
5 神啊! 愿众民都称谢你, 愿万民都称谢你。
6 地生出土产; 神, 就是我们的 神, 要赐福给我们。
7 神要赐福给我们, 全地都要敬畏他。