1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

2 Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,

3 geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!

4 My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

5 Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.

6 Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring --

7 die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?

8 Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie

10 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.

11 Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.

12 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.

13 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.

14 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.

15 Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre ; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.

16 Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.

17 Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;

18 want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.

19 Al ag hy homself gelukkig in sy lewe -- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen --

20 tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie. [ (Psalms 49:21) Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan. ]

1 万民哪! 你们要听这话; 世上的居民哪! 你们要留心听。

2 不论地位高低, 或贫或富, 都要一同留心听。

3 我的口要说出智慧的话; 我的心要默想明智的事。

4 我要留心聆听箴言; 我要弹琴解开谜语。

5 在患难的日子, 暗中迫害我的恶人围绕我的时候, 我何须惧怕呢?

6 他们倚靠财富, 自夸多财。

7 但他们没有一个能把他的兄弟赎回, 或把他的赎价交给 神,

8 (因为他生命的赎价非常昂贵, 只好永远放弃, )

9 使他永远活着, 不见朽坏。

10 他看见智慧人死去, 愚昧人和愚顽人一同灭亡, 把他们的财产留给别人。

11 他们心里想, 他们的家必永存, 他们的住处必留到万代; 他们以自己的名, 称自己的地方。

12 但是人不能长享富贵; 他们就像要灭亡的牲畜一样。

13 这就是愚昧人的道路; 但在他们以后的人, 还欣赏他们的话。(细拉)

14 他们好像羊群被派定下阴间; 死亡必作他们的牧人。到了早晨, 正直人要管辖他们; 他们的形体必被阴间消灭, 他们再没有住处。

15 但 神必救赎我的灵魂脱离阴间的权势, 因为他必把我接去。(细拉)

16 别人发财, 家室增荣的时候, 你不要惧怕。

17 因为他死的时候, 什么也不能带走; 他的荣华也不能随他下去。

18 他在世的时候, 虽然自称是有福的, 并且说: "只要你丰足, 人就称赞你。"

19 他还要归到他历代的祖宗那里去, 永不再见光明。

20 人享富贵而不聪明, 就像要灭亡的牲畜一样。