1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

3 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.

4 Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.

5 Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

6 Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

7 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

8 Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

9 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

10 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11 U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

13 Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig. [ (Psalms 21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang! ]

1 耶和华啊! 王因你的力量快乐, 因你的救恩大大欢呼。

2 他心里所愿的, 你赐给了他; 他嘴唇所求的, 你没有拒绝。(细拉)

3 你以美福迎接他, 把精金的冠冕戴在他头上。

4 他向你求寿, 你就赐给他, 就是长久的日子, 直到永远。

5 他因你的救恩大有荣耀, 你又把尊荣和威严加给他。

6 你把永远的福分赐给他, 又使他因与你同在的喜乐欢欣。

7 王倚靠耶和华, 靠着至高者的慈爱, 他必不至动摇。

8 你的手要搜出你所有的仇敌, 你的右手必搜出那些恨你的人。

9 你出现的时候, 就要使他们像炽热的火炉; 耶和华必在他的震怒中吞灭他们, 火必烧灭他们。

10 你必从地上除灭他们的子孙, 从人间除灭他们的后裔。

11 虽然他们定下恶计害你, 他们所设的阴谋却不能成功。

12 你的箭扣上弦, 对准他们的脸的时候, 他们必转身而逃。

13 耶和华啊! 愿你因自己的能力被尊崇, 好让我们歌唱, 颂赞你的大能。