1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

2 Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!

3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.

4 Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!

5 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.

6 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.

7 As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.

8 Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.

9 HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.

10 o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.

11 Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.

12 Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. [ (Psalms 84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! ]

1 万军之耶和华啊! 你的居所多么可爱。

2 我的灵渴想切慕耶和华的院子, 我的心身向永活的 神欢呼。

3 万军之耶和华, 我的王我的 神啊! 在你的祭坛那里, 麻雀找到了住处, 燕子也为自己找到了安置幼雏的巢。

4 住在你殿中的, 都是有福的, 他们还要不断赞美你。(细拉)

5 靠你有力量, 心中向往通到圣殿大道的, 这人是有福的。

6 他们经过干旱的山谷, 使这谷变为泉源之地, 更有秋雨使这谷到处都是水池。

7 他们行走, 力上加力, 直到各人在锡安朝见 神。

8 耶和华万军的 神啊! 求你听我的祷告; 雅各的 神啊! 求你留心听。(细拉)

9 神啊! 求你垂顾我们的盾牌, 求你看顾你的受膏者。

10 在你院子里住一日, 胜过在别处住千日; 宁愿站在我 神殿中的门槛上, 也不愿住在恶人的帐棚里。

11 因为耶和华 神是太阳, 是盾牌, 耶和华赐下恩惠和光荣; 他没有留下一样好处, 不给那些行为正直的人。

12 万军之耶和华啊! 倚靠你的人是有福的。