1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedutun." 'n Psalm van Dawid.2 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.3 Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.4 Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?5 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!7 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.9 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.10 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.11 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!12 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort, [ (Psalms 62:13) en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk. ]
1 唯独等候 神, 我的心才有安息; 我的拯救从他而来。 2 唯独他是我的磐石, 我的拯救; 他是我的保障, 我必不至动摇。 3 你们大家攻击一个人, 要把他杀害, 如同拆毁倾斜的墙, 将倒的壁, 要到几时呢? 4 他们彼此商议, 务要把他从尊位上拉下来; 他们喜爱谎话; 他们口虽祝福, 心却咒诅。(细拉) 5 唯独等候 神, 我的心才有安息; 因为我的盼望是从他而来的。 6 唯独他是我的磐石, 我的拯救; 他是我的保障, 我必不至动摇。 7 我的拯救, 我的荣耀, 都在于 神; 我坚固的磐石, 我的避难所, 都在于 神。 8 众民哪! 你们要常常倚靠他, 在他面前倾心吐意; 因为 神是我们的避难所。 9 卑贱的人真是虚空, 高贵的人也是虚假, 放在天平上就必升起; 他们加在一起比空气还轻。 10 不要倚靠借强暴得来的财物, 也不要妄想倚靠抢夺回来的钱财; 如果财宝加增, 你的心也不要倚靠它。 11 神说了一次, 我两次听过这事: 能力都属于 神。 12 主啊! 慈爱也属于你, 你必照各人所作的报应各人。