1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedutun." 'n Psalm van Dawid.

2 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.

3 Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

4 Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?

5 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.

6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!

7 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.

8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

9 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.

10 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

11 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!

12 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort, [ (Psalms 62:13) en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk. ]

1 唯独等候 神, 我的心才有安息; 我的拯救从他而来。

2 唯独他是我的磐石, 我的拯救; 他是我的保障, 我必不至动摇。

3 你们大家攻击一个人, 要把他杀害, 如同拆毁倾斜的墙, 将倒的壁, 要到几时呢?

4 他们彼此商议, 务要把他从尊位上拉下来; 他们喜爱谎话; 他们口虽祝福, 心却咒诅。(细拉)

5 唯独等候 神, 我的心才有安息; 因为我的盼望是从他而来的。

6 唯独他是我的磐石, 我的拯救; 他是我的保障, 我必不至动摇。

7 我的拯救, 我的荣耀, 都在于 神; 我坚固的磐石, 我的避难所, 都在于 神。

8 众民哪! 你们要常常倚靠他, 在他面前倾心吐意; 因为 神是我们的避难所。

9 卑贱的人真是虚空, 高贵的人也是虚假, 放在天平上就必升起; 他们加在一起比空气还轻。

10 不要倚靠借强暴得来的财物, 也不要妄想倚靠抢夺回来的钱财; 如果财宝加增, 你的心也不要倚靠它。

11 神说了一次, 我两次听过这事: 能力都属于 神。

12 主啊! 慈爱也属于你, 你必照各人所作的报应各人。