1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
3 en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.
4 En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.
5 Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
6 Groot dinge het U gedoen, HERE my God -- u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
7 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
8 Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
9 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.
10 Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit.
11 U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
12 U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
13 Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.
14 Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!
15 Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom.
16 Laat hulle wat vir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!
17 Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE! [ (Psalms 40:18) Al is ek ellendig en behoeftig -- die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie! ]
1 我曾切切等候耶和华; 他转向我, 听了我的呼求。
2 他把我从荒芜的坑里, 从泥沼中拉上来; 他使我的脚站在磐石上, 又使我的脚步稳定。
3 他使我口唱新歌, 赞美我们的 神; 许多人看见了, 就必惧怕, 并且要倚靠耶和华。
4 那倚靠耶和华, 不转向高傲和偏向虚谎的人的, 这人是有福的。
5 耶和华我的 神啊! 你所行的奇事, 并你向我们所怀的意念很多, 没有人可以和你相比; 如果我要述说陈明, 也多到不能胜数。
6 祭品和礼物不是你喜悦的。你开通了我的耳朵; 燔祭和赎罪祭, 不是你要求的。
7 那时我说: "看哪! 我来了, 经卷上已经记载我的事;
8 我的 神啊! 我乐意遵行你的旨意; 你的律法常在我的心里。"
9 我要在大会中传扬公义的福音; 我必不禁止我的嘴唇; 耶和华啊! 这是你知道的。
10 我没有把你的公义隐藏在心里; 我已经述说了你的信实和救恩; 在大会中, 我没有隐瞒你的慈爱和诚实。
11 耶和华啊! 求你的怜悯不要向我止息; 愿你的慈爱和诚实常常保护我。
12 因有无数的祸患围绕着我; 我的罪孽追上了我, 使我不能看见; 它们比我的头发还多, 以致我心惊胆战。
13 耶和华啊! 求你开恩搭救我; 耶和华啊! 求你快来帮助我。
14 愿那些寻找我, 要毁灭我命的, 一同抱愧蒙羞; 愿那些喜悦我遭害的, 退后受辱。
15 愿那些对我说: "啊哈! 啊哈! "的, 都因羞愧而惊惶。
16 愿所有寻求你的, 都因你欢喜快乐; 愿那些喜爱你救恩的, 常说: "要尊耶和华为大。"
17 至于我, 我是困苦贫穷的; 主仍顾念我。你是我的帮助, 我的拯救; 我的 神啊! 求你不要耽延。