1 En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,
2 en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.
3 En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.
4 En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,
5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.
6 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.
7 Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
8 Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
9 En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.
10 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar.
11 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie -- rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
12 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!
14 Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.
15 En hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf.
16 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
17 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
18 En 'n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
19 En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.
20 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.
21 En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
22 En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou -- verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.
24 En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.
25 Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
26 Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?
27 Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
28 Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
29 En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,
30 wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.
31 En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.
32 Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word;
33 en nadat hulle Hom geg,sel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
34 Maar hulle het niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.
35 En terwyl Hy naby J,rigo kom, sit daar 'n blinde man langs die pad en bedel;
36 en toe hy 'n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.
37 En hulle vertel hom: Jesus die Nasar,ner gaan verby.
38 Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!
39 En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!
40 En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom
41 en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.
42 En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.
43 En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.
1 耶稣对他们讲一个比喻, 论到人必须常常祈祷, 不可灰心。
2 他说: "某城里有一个法官, 不惧怕 神, 也不尊敬人。
3 那城里有一个寡妇, 常常来到他那里, 说: ‘求你给我伸冤, 使我脱离我的对头! ’
4 他多次不肯, 后来心里说: ‘我虽然不惧怕 神, 也不尊敬人,
5 只是因为这寡妇常常来麻烦我, 就给她伸冤吧, 免得她不断地来缠扰我。’"
6 主说: "你们听听这不义的法官所说的话吧。
7 难道 神不会为昼夜呼吁他的选民伸冤吗?难道 神会耽误他们吗?
8 我告诉你们, 他要快快地给他们伸冤。然而人子来的时候, 在世上找得到这种信心吗?"
9 耶稣向那些自恃为义、轻视别人的人, 讲了这个比喻:
10 "有两个人上圣殿去祈祷, 一个是法利赛人, 一个是税吏。
11 法利赛人站着, 祷告给自己听, 这样说: ‘ 神啊, 我感谢你, 我不像别人, 勒索、不义、奸淫, 也不像这个税吏。
12 我一个礼拜禁食两次, 我的一切收入都奉献十分之一。’
13 税吏却远远站着, 连举目望天也不敢, 只捶着胸说: ‘ 神啊, 可怜我这个罪人! ’
14 我告诉你们, 这个人回去, 比那个倒算为义了。因为高抬自己的, 必要降卑; 自己谦卑的, 必要升高。"
15 有人抱着婴孩到耶稣面前, 要他抚摩他们。门徒看见了, 就责备那些人。
16 耶稣却叫他们过来, 说: "让小孩子到我这里来, 不要禁止他们, 因为 神的国正属于这样的人。
17 我实在告诉你们, 凡不像小孩子一样接受 神的国的, 决不能进去。"
18 有一个官长问耶稣: "良善的老师, 我当作什么, 才可以承受永生?"
19 耶稣对他说: "你为什么称我是良善的呢?除了 神一位以外, 没有良善的。
20 诫命你是知道的: 不可奸淫, 不可杀人, 不可偷盗, 不可作假证供, 当孝敬父母。"
21 他说: "这一切我从小都遵守了。"
22 耶稣听了, 就告诉他: "你还缺少一件, 应当变卖你一切所有的, 分给穷人, 你就必定有财宝在天上, 而且你还要来跟从我。"
23 他听见这话, 非常忧愁, 因为他十分富有。
24 耶稣见他这样, 就说: "富有的人要进 神的国, 是多么难哪!
25 骆驼穿过针眼, 比有钱的人进 神的国还容易呢。"
26 听见的人说: "这样, 谁可以得救呢?"
27 耶稣说: "人所不能的, 在 神却是可能的。"
28 彼得说: "你看, 我们已舍弃自己所有的, 跟从你了! "
29 耶稣说: "我实在告诉你们, 人为 神的国撇下房屋、妻子、弟兄、父母或儿女,
30 没有不在今世得许多倍, 来世得永生的。"
31 耶稣把十二门徒带到一边, 对他们说: "我们现在上耶路撒冷去, 先知所写的一切, 都要成就在人子身上。
32 他要被交给外族人, 受戏弄, 被凌辱, 他们要向他吐唾沫,
33 鞭打他, 杀害他; 第三日他要复活。"
34 这些话的含义对门徒是隐藏的。他们听了, 一点也不明白, 不知道他说的是什么。
35 耶稣走近耶利哥的时候, 有一个瞎眼的人坐在路旁讨饭,
36 他听见人群经过, 就问是什么事。
37 别人告诉他, 是拿撒勒人耶稣经过。
38 他就喊叫说: "大卫的子孙耶稣啊, 可怜我吧! "
39 在前头走的人责备他, 叫他不要出声; 但他越发喊叫: "大卫的子孙, 可怜我吧! "
40 耶稣站住, 吩咐领他过来。等他走近, 就问他:
41 "你要我为你作什么?"他说: "主啊, 叫我能看见! "
42 耶稣说: "你就看见吧! 你的信使你痊愈了。"
43 他立刻看见了, 就跟随耶稣, 颂赞 神。众人看见这事, 也赞美 神。