1 En op een van die dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,

2 en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het?

3 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra -- sê vir My:

4 die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?

5 Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel -- sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

6 En as ons sê: Uit mense sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.

7 Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waarvandaan nie.

8 En Jesus sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.

9 Toe begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel: 'n Sekere man het 'n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir 'n geruime tyd op reis gegaan.

10 En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.

11 En hy het weer 'n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.

12 En hy het weer 'n derde gestuur, en hulle het ook hierdie een gewond en uitgedryf.

13 Toe sê die eienaar van die wingerd: Wat sal ek doen? Ek sal my geliefde seun stuur; miskien sal hulle ontsag hê as hulle hom sien.

14 Maar toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, sodat die erfdeel ons s'n kan wees.

15 En hulle het hom uit die wingerd gewerp en hom doodgemaak. Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?

16 Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie!

17 Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?

18 Elkeen wat op die steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel.

19 Toe probeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het.

20 En hulle het Hom in die oog gehou en spioene gestuur wat geveins het dat hulle regverdig was, sodat hulle Hom op 'n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die goewerneur.

21 En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer --

22 is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?

23 Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?

24 Wys My 'n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s'n.

25 Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

26 En hulle kon Hom nie voor die volk op 'n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.

27 En sommige van die Sadduseërs het gekom -- hulle wat ontken dat daar 'n opstanding is -- en Hom gevra

28 en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.

29 Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en kinderloos gesterwe.

30 En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.

31 En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.

32 En ten laaste het die vrou ook gesterwe.

33 In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? want al sewe het haar as vrou gehad.

34 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;

35 maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.

36 Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.

37 En dat die dode opgewek word, het Moses ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy die Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.

38 Hy is tog nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.

39 En sommige van die skrifgeleerdes antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek.

40 En hulle het Hom nie meer iets durf vra nie.

41 Toe sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?

42 En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand

43 totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.

44 Dawid noem Hom dan Here, en hoe is Hy sy seun?

45 En terwyl die hele volk luister, sê Hy vir sy dissipels:

46 Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye.

47 Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.

1 有一天, 耶稣在殿里教导人, 宣讲福音, 众祭司长、经学家和长老上前来,

2 对他说: "告诉我们, 你凭着什么权柄作这些事?给你这权柄的是谁?"

3 他回答他们: "我也要问你们一句话, 你们告诉我:

4 约翰的洗礼是从天上来的, 还是从人来的呢?"

5 他们就彼此议论说: "如果我们说: ‘是从天上来的’, 他就会问: ‘那你们为什么不相信他呢?’

6 如果我们说: ‘是从人来的’, 众人都会用石头打我们, 因为他们都认定约翰是先知。"

7 于是他们回答耶稣: "我们不知道是从哪里来的。"

8 耶稣说: "我也不告诉你们, 我凭着什么权柄作这些事。"

9 于是耶稣向众人讲了这个比喻: "有一个人栽种了一个葡萄园, 租给佃户, 就远行去了很久。

10 到了时候, 园主派了一个仆人到佃户那里, 叫他们把葡萄园当纳的果子交给他。佃户却打了他, 放他空手回去。

11 园主又派另一个仆人去, 佃户又打了他, 并且侮辱他, 也叫他空手回去。

12 于是他又派第三个去, 佃户把他打伤, 赶他走了。

13 葡萄园的主人说: ‘怎么办呢?我要派我的爱子去, 也许这一个他们会尊敬的。’

14 佃户一看他, 就彼此商议说: ‘这是继承产业的, 让我们杀了他, 那么, 产业就成为我们的了。’

15 于是他们把园主的爱子推出葡萄园外杀了。主人要怎样对待他们呢?

16 他要来除掉这些佃户, 把葡萄园租给别人。"他们听见了就说: "千万不要有这样的事发生! "

17 耶稣看着他们, 说: "那么, ‘建筑工人所弃的石头, 成了房角的主要石头’, 这经文是什么意思呢?

18 凡是跌在那石头上的, 就必摔碎; 那石头掉在谁的身上, 就必把他压得粉碎。"

19 经学家和祭司长知道这比喻是针对他们说的, 当时就想动手拿他, 可是又害怕群众。

20 经学家和祭司长差派奸细伪装好人去窥探耶稣, 要抓着他的把柄, 好把他交由总督全权裁决。

21 奸细问他: "老师, 我们知道你所说所教的都对, 并且不讲情面, 只照着真理把 神的道教导人。

22 我们纳税给凯撒可以不可以?"

23 耶稣看透他们的诡计, 就对他们说:

24 "给我一个银币看看, 上面是谁的像, 谁的名号?"他们说: "凯撒的。"

25 耶稣说: "这样, 凯撒的应当归给凯撒, 神的应当归给 神。"

26 他们在群众面前, 不能抓住耶稣的把柄, 又希奇他的回答, 就沉默下来。

27 撒都该人向来否认有复活的事, 他们当中有几个人来问耶稣:

28 "老师, 摩西曾写给我们说: ‘如果一个人娶了妻子, 还没有儿女就死了, 他弟弟就应当娶他的妻子, 为哥哥立后。’

29 从前有兄弟七人, 头一个娶了妻子, 没有孩子就死了。

30 第二个、

31 第三个, 也娶过她; 七个都是这样, 都没有留下孩子就死了。

32 后来那女人也死了。

33 那么, 这女人在复活的时候, 要作哪一个的妻子呢?因为七个人都娶过她。"

34 耶稣说: "这世界的人又娶又嫁,

35 但配得那世界的, 又配从死人中复活的人, 也不娶也不嫁。

36 他们和天使一样, 不能再死; 既然是复活了的人, 就是 神的儿女了。

37 至于死人复活的事, 摩西在荆棘篇上提过, 他称主是亚伯拉罕的 神、以撒的 神、雅各的 神;

38 神不是死人的 神, 而是活人的 神, 因为在他那里的人都是活的。"

39 经学家中有几个说: "老师, 你说得好。"

40 从此他们再不敢问他什么了。

41 耶稣问他们: "人怎么能说基督是大卫的子孙呢?

42 大卫自己在诗篇上说: ‘主对我的主说: 你坐在我的右边,

43 等我使你的仇敌作你的脚凳。’

44 大卫既然称他为主, 他又怎会是大卫的子孙呢?"

45 众人听着的时候, 耶稣对门徒说:

46 "你们要提防经学家, 他们好穿长袍走来走去, 喜欢人在巿中心向他们问安, 并且喜欢会堂里的高位、筵席上的首座。

47 他们吞没了寡妇的房产, 又用冗长的祷告作掩饰。这等人必受更重的刑罚。"