1 En n hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.

2 Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

3 Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.

4 Moenie 'n beurs of 'n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie.

5 En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!

6 En as d r 'n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.

7 Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.

8 En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word.

9 En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.

10 Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:

11 Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.

12 En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in die dag as vir daardie stad.

13 Wee jou, Gorasin, wee jou, Bets ida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.

14 Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

15 En jy, Kap,rnam, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.

16 Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.

17 En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.

18 Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val.

19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

21 In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

22 Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.

23 En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê: Salig is die oë wat sien wat julle sien;

24 want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

25 En daar het 'n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

26 En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

28 Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

29 Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?

30 En Jesus antwoord en sê: 'n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na J,rigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.

31 En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

32 En net so het ook 'n Leviet by die plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

33 Maar 'n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,

34 en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na 'n herberg geneem en vir hom gesorg.

35 En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.

36 Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?

37 En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

38 En op hulle reis het Hy in 'n sekere dorp gekom, en 'n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.

39 En sy het 'n suster gehad met die naam van Maria; die het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.

40 Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.

41 Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;

42 maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

1 这些事以后, 主又另外指派了七十二个人("七十二个人"有些抄本作"七十个人"), 差遣他们两个两个地, 在他前面, 到他自己将要到的各城各地去。

2 耶稣对他们说: "庄稼多, 工人少, 所以你们应当求庄稼的主, 派工人出去收他的庄稼。

3 你们去吧! 我差你们去, 如同羊羔进入狼群。

4 不要带钱囊, 不要带口袋, 不要带鞋, 不要在路上问候人。

5 无论进哪一家, 先说: ‘愿平安归与这家! ’

6 那里若有配得平安的人("配得平安的人"原文作"平安之子"), 你们的平安就必临到他, 不然, 就归给你们。

7 你们要住在那家, 吃喝他们所供给的, 因为作工的理当得工资; 不必从这家搬到那家。

8 无论进哪一城, 人若接待你们, 摆上什么, 就吃什么。

9 要医治城中的病人, 对他们宣讲: ‘ 神的国临近你们了。’

10 无论进哪一城, 人若不接待你们, 你们就出来到街上, 说:

11 ‘连你们城里那粘在我们脚上的尘土, 我们也要当着你们擦去。虽然这样, 你们应该知道: 神的国临近了! ’

12 我告诉你们, 当那日, 所多玛所受的, 比那城所受的还轻呢。

13 "哥拉逊啊, 你有祸了! 伯赛大啊, 你有祸了! 因为在你们那里行过的神迹, 如果行在推罗和西顿, 他们早已披麻蒙灰, 坐在地上悔改了。

14 在审判的时候, 推罗和西顿所受的, 比你们所受的还轻呢。

15 还有你, 迦百农啊! 你会被高举到天上吗?你必降到阴间。

16 听从你们的, 就是听从我; 弃绝你们的, 就是弃绝我; 弃绝我的, 就是弃绝那差我来的。"

17 那七十二个人欢欢喜喜地回来, 说: "主啊, 因你的名, 连鬼也服了我们。"

18 耶稣说: "我看见撒但, 像闪电一样从天坠落。

19 我已经给你们权柄, 去践踏蛇和蝎子, 胜过仇敌的一切能力。绝对没有什么能伤害你们了。

20 然而不要因为鬼服了你们就欢喜, 却要因为你们的名字记录在天上而欢喜。"

21 就在这时候, 耶稣因圣灵而欢乐, 说: "父啊, 天地的主, 我赞美你, 因为你把这些事向智慧和聪明的人隐藏起来, 却向婴孩显明。父啊, 是的, 这就是你的美意。

22 我父已经把一切交给我; 除了父没有人知道子是谁, 除了子和子所愿意启示的人, 也没有人知道父是谁。"

23 耶稣转过身来, 悄悄地对门徒说: "看见你们所看见的, 那眼睛有福了!

24 我告诉你们, 曾经有许多先知和君王, 想看你们所看见的, 却没有看到; 想听你们所听见的, 却没有听到。"

25 有一个律法师起来试探耶稣, 说: "老师, 我应该作什么, 才可以承受永生呢?"

26 耶稣对他说: "律法上写的是什么?你怎么念的呢?"

27 他回答: "你要全心、全性、全力、全意爱主你的 神, 并且要爱邻舍如同自己。"

28 耶稣说: "你答得对, 你这样行, 就必得生命。"

29 那人想证明自己有理, 就对耶稣说: "谁是我的邻舍呢?"

30 耶稣回答: "有一个人从耶路撒冷下耶利哥去, 落在强盗手中。他们剥去他的衣服, 把他打得半死, 撇下他一个人就走了。

31 正好有一个祭司, 从那条路下来, 看见他, 就从旁边走过去了。

32 又有一个利未人, 来到那里, 看见他, 也照样从旁边走过去了。

33 只有一个撒玛利亚人, 旅行来到他那里, 看见了, 就动了怜悯的心,

34 上前用油和酒倒在他的伤处, 包裹好了, 把他扶上自己的牲口, 带他到客店里照顾他。

35 第二天, 他拿出两个银币交给店主, 说: ‘请你照顾他, 额外的开支, 我回来的时候必还给你。’

36 你想, 这三个人, 谁是那个落在强盗手中的人的邻舍呢?"

37 他说: "是那怜悯他的。"耶稣说: "你去, 照样作吧。"

38 他们走路的时候, 耶稣进了一个村庄。有一个名叫马大的女人, 接他到家里。

39 她有一个妹妹, 名叫马利亚, 坐在主的脚前听道。

40 马大被许多要作的事, 弄得心烦意乱, 就上前来, 说: "主啊, 我妹妹让我一个人侍候, 你不理吗?请吩咐她来帮助我。"

41 主回答她: "马大, 马大, 你为许多事操心忙碌,

42 但是最需要的只有一件, 马利亚已经选择了那上好的分, 是不能从她夺去的。"