1 En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galil,ërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.
2 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galil,ërs groter sondaars was as al die Galil,ërs, omdat hulle sulke dinge gely het?
3 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
4 Of daardie agttien op wie die toring van Siloam geval en hulle gedood het -- dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?
5 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
6 En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: 'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
7 Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
8 Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
9 As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.
10 En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer.
11 En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.
12 En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos.
13 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.
14 Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op die dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.
15 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?
16 Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan -- dink daaraan! -- agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?
17 En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.
18 En Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?
19 Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.
20 En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?
21 Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
22 En onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.
23 Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:
24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
25 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop -- sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
26 Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.
27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!
28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.
29 En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God.
30 En daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.
31 En op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring.
32 En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre , en op die derde dag is Ek klaar.
33 Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat 'n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.
34 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.
35 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
1 就在那时候, 有几个在那里的人, 把加利利人的事告诉耶稣, 就是彼拉多把他们的血和他们的祭物搀在一起的事。
2 他回答: "你们以为这些加利利人比其他的加利利人更有罪, 才这样受害吗?
3 不是的, 我告诉你们, 你们若不悔改, 都要这样灭亡。
4 你们以为从前西罗亚楼倒塌的时候, 压死的那十八个人, 比一切在耶路撒冷的居民更有罪吗?
5 不是的, 我告诉你们, 你们若不悔改, 也都要这样灭亡。"
6 耶稣讲了这样一个比喻: "有一个人把一棵无花果树栽在自己的葡萄园里。他来到树那里找果子, 却找不到。
7 他对管园的说: ‘你看, 这三年, 我来到这棵无花果树那里找果子, 却找不到, 把它砍了吧! 何必白占地土呢?’
8 管园的说: ‘主人, 今年且留着它, 等我把周围的泥土挖松, 加上肥料;
9 以后结果子就罢, 不然, 再把它砍了。’"
10 安息日的时候, 耶稣在会堂里教导人。
11 有一个女人被邪灵附着, 病了十八年, 弯腰曲背, 完全直不起来。
12 耶稣看见了, 就叫她过来, 对她说: "妇人, 你脱离这疾病了。"
13 耶稣用双手按在她身上, 她立刻直起腰来, 颂赞 神。
14 会堂的主管, 因为耶稣在安息日治病, 就气忿忿地对群众说: "有六天是应当作工的, 你们可以在这六天里来求医, 但在安息日却不可以。"
15 主说: "伪君子啊, 你们哪一个人在安息日, 不从槽那里解开牛、驴, 牵去喝水呢?
16 何况这个女人是亚伯拉罕的后裔, 已经被撒但捆绑了十八年, 不应当在安息日解开她的捆绑吗?"
17 他说完了这些话, 那些与他为敌的人都惭愧; 群众却都因他所行一切荣耀的事欢喜。
18 耶稣说: " 神的国好像什么呢?我要把它比作什么呢?
19 它好像一粒芥菜种, 人拿去种在自己的园子里。它长大了, 成为一棵树, 甚至天空的飞鸟也在它的枝头搭窝。"
20 他又说: "我要把 神的国比作什么呢?
21 它好像面酵, 女人拿去放在三斗面里, 直到全团发起来。"
22 耶稣经过各城各乡, 往耶路撒冷去, 沿途教导人。
23 有一个人问他: "主啊, 是不是只有很少的人得救呢?"他对众人说:
24 "你们应当竭力进窄门! 我告诉你们, 将来许多人要进去, 却是不能。
25 等到家主起来关上门, 你们站在门外叩门说: ‘主啊, 给我们开门! ’他要回答你们: ‘我不知道你们是从哪里来的。’
26 那时, 你们要说: ‘我们在你面前吃过喝过, 你也在我们街上教导过人。’
27 他要说: ‘我告诉你们, 我不晓得你们是从哪里来的; 你们所有作恶的人, 离开我去吧! ’
28 当你们看见亚伯拉罕、以撒、雅各和众先知都在 神的国里的时候, 你们却被赶到外面去, 在那里必要哀哭切齿。
29 从东从南, 从西从北, 将有人来, 在 神的国里吃饭。
30 在后的将要在前, 在前的将要在后。"
31 就在那时候, 有几个法利赛人来对耶稣说: "你离开这里走吧! 因为希律想要杀你。"
32 他说: "你们去告诉那个狐狸, 今天明天我赶鬼医病, 第三天我的事就完成了。
33 然而, 今天明天后天, 我必须前行, 因为先知不能在耶路撒冷以外丧命。
34 耶路撒冷啊, 耶路撒冷, 你杀害先知, 又用石头把奉派到你那里的人打死。我多次想招聚你的儿女, 好像母鸡招聚小鸡到翅膀底下, 只是你们不愿意。
35 你看, 你们的家必成为荒场留给你们。我告诉你们, 从今以后, 你们一定见不到我, 直等到你们说: ‘奉主名来的, 是应当称颂的。’"