1 En baie vroeg in die môre , op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.
2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
4 En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.
5 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galil,a was:
7 Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.
8 En hulle het sy woorde onthou.
9 Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.
10 En dit was Maria Magdal,na en Johanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het.
11 En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.
12 Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.
13 En twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van ÂmmaÂs.
14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.
15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.
16 Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.
17 En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?
18 En die een wie se naam Kl,opas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?
19 En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasar,ner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;
20 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.
21 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
22 Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was;
23 en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook 'n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.
24 En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.
25 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!
26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?
27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
28 Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;
29 maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.
30 En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.
31 Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.
32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?
33 Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,
34 wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
35 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.
36 En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
37 Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien.
38 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
40 En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
41 En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?
42 Daarop gee hulle Hom 'n stuk gebraaide vis en 'n stuk heuningkoek.
43 En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.
45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
46 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,
47 en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.
48 En julle is getuies van hierdie dinge.
49 En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
50 En Hy het hulle uitgelei tot by Bet nië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.
51 En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.
52 En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.
53 En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.
1 礼拜日大清早的时候, 妇女们带着预备好的香料, 来到坟墓那里,
2 发现石头已经从坟墓辊开了,
3 就进去, 却找不着主耶稣的身体。
4 她们正为此事猜疑的时候, 忽然有两个人, 穿着闪烁耀目的衣服, 站在她们旁边。
5 她们害怕, 把脸伏在地上。那两个人对她们说: "为什么在死人中找活人呢?
6 他不在这里, 已经复活了。你们应当记得他还在加利利的时候, 怎样告诉你们,
7 说: ‘人子必须被交在罪人手里, 钉在十字架上, 第三日复活。’"
8 她们就想起他的话,
9 于是从坟地回去, 把这一切事告诉十一个使徒和其余的人。
10 那些妇女就是抹大拉的马利亚, 约亚拿和雅各的母亲马利亚, 以及其他在一起的妇女, 她们把这些事向使徒说了。
11 使徒以为这些话是无稽之谈, 就不相信。
12 彼得却起来跑到坟墓那里, 屈身往里观看, 只见细麻布在那里, 就回去了, 对所发生的事非常惊奇。
13 同一天, 门徒中有两个人往一个叫以马午斯的村子去, 那村子距耶路撒冷约十一公里;
14 他们彼此谈论所发生的这一切事。
15 正在交谈议论的时候, 耶稣亲自走近他们, 与他们同行,
16 但他们的眼睛却给蒙蔽了, 认不出他来。
17 耶稣说: "你们走路的时候, 彼此讨论的是什么事呢?"他们就站住, 面带愁容;
18 一个名叫革流巴的回答他: "在耶路撒冷作客的, 难道只有你不知道这几天在那里所发生的事吗?"
19 他说: "什么事呢?"他们说: "就是拿撒勒人耶稣的事。他是先知, 在 神和众人面前, 说话行事都有大能。
20 我们的祭司长和官长, 竟把他交出去, 判了死罪, 钉在十字架上。
21 但我们素来盼望要救赎以色列的就是他。不但这样, 这些事发生到今天, 已经是第三天了。
22 而且我们中间有几个妇女使我们惊奇, 她们清早到坟墓那里去,
23 却找不到他的身体。她们回来说看见天使显现, 天使说他活了。
24 又有我们中间的几个人到坟墓那里去, 所看见的正如妇女们所说的, 只是没有看见他。"
25 耶稣说: "无知的人哪, 先知所说的一切话, 你们心里信得太迟钝了!
26 基督这样受害, 然后进入他的荣耀, 不是应当的吗?"
27 于是他从摩西和众先知起, 把所有关于自己的经文, 都给他们解释明白了。
28 他们走近要去的村子, 他好像还要往前行,
29 他们强留他说: "天晚了, 太阳下山了, 请与我们同住吧! "他就进去与他们同住。
30 到了吃饭的时候, 他拿起饼来, 感谢了, 擘开递给他们,
31 他们的眼睛开了, 才认出是耶稣来; 他却从他们面前不见了。
32 他们彼此说: "在路上他对我们说话, 给我们解释圣经的时候, 我们的心不是火热的吗?"
33 他们就立时起来回耶路撒冷去。在那里遇见十一个使徒和跟他们聚在一起的人,
34 说: "主果然复活了, 已经向西门显现了。"
35 两个人就把在路上的事, 和擘饼的时候他们怎样认出耶稣来的事, 都述说了一遍。
36 正说这话的时候, 耶稣亲自站在他们当中, 说: "愿你们平安。"
37 他们非常惊怕, 以为看见了灵。
38 他说: "你们为什么惊慌, 为什么心里疑惑呢?
39 你们看我的手、我的脚, 就知道我是谁。摸我看看, 灵没有骨, 没有肉; 你们看, 我是有的。"
40 说了这话, 就把手和脚给他们看。
41 他们欢喜到不敢相信, 并且很惊奇。耶稣说: "你们这里有什么吃的没有?"
42 他们就给了他一片烧鱼。
43 他接过来, 在他们面前吃了。
44 主对他们说: "这就是我从前与你们同在的时候, 对你们说过的话: 摩西的律法、先知书和诗篇上所记关于我的一切事, 都必定应验。"
45 于是他开他们的心窍, 使他们明白圣经;
46 又说: "经上这样记着: 基督必须受害, 第三天从死人中复活。
47 人要奉他的名, 传讲悔改与赦罪的道, 从耶路撒冷起, 直传到万国。
48 你们就是这些事的见证。
49 我要使我父的应许临到你们身上, 你们当在城里等候, 直到得着从上面来的能力。"
50 主带他们出去, 到了伯大尼附近, 举手给他们祝福。
51 正在祝福的时候, 他就离开他们, 被接到天上去了。
52 他们就敬拜他, 欢欢喜喜地回到耶路撒冷,
53 常常在殿里称颂 神。