1 En toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi.
2 En Hy het ook 'n arm weduwee daar twee geldstukkies sien ingooi.
3 En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.
4 Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.
5 En toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en gewyde geskenke versierd was, sê Hy:
6 Hierdie dinge wat julle sien daar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.
7 En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?
8 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
9 En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want die dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie.
10 Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.
11 En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
12 Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
13 En dit sal vir julle uitloop op 'n getuienis.
14 Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie.
15 Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.
16 Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak.
17 En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam.
18 En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie.
19 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.
20 En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
21 Dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.
22 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.
23 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal 'n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk.
24 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.
25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.
28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
29 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
30 Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.
31 So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
32 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
33 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
34 Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie.
35 Want soos 'n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
37 En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
38 En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.
1 耶稣抬眼看见有钱的人把奉献投入奉献箱。
2 他又看见一个穷寡妇, 投入两个小钱,
3 就说: "我实在告诉你们, 这个穷寡妇所投的, 比众人投的更多。
4 因为这些人都是把自己剩余的投进去作奉献, 这寡妇是自己不足, 却把所有养生的都投进去了。"
5 有人在谈论圣殿, 是用美丽的石头和供物装饰的。耶稣说:
6 "你们看见的这些, 到了日子, 必没有一块石头留在另一块石头上面, 每一块都要拆下来。"
7 那些人问他: "老师, 什么时候会有这些事呢?这些事要发生的时候, 有什么预兆呢?"
8 他说: "你们要小心, 不要被人迷惑。因为有许多人要来, 假冒我的名说: ‘我就是基督’, 又说: ‘时候近了。’你们不要跟从这些人。
9 你们要听见战乱和暴动, 但不要惊慌, 因为这些事是必先发生的, 不过结局却不会立刻就到。"
10 过了一会儿, 耶稣又对他们说: "一个民族要起来攻打另一个民族, 一个国家要起来攻打另一个国家。
11 到处必有大地震、饥荒和瘟疫, 天上必有又恐怖又巨大的预兆。
12 但在这一切以先, 人必为我的名, 下手拘捕、迫害你们, 把你们交给会堂, 下在监里, 甚至押到君王和总督面前,
13 结果却成了你们见证的机会。
14 所以, 你们应当心里镇定, 用不着预先思虑怎样申辩。
15 因为我必赐给你们口才、智慧, 是你们所有的敌人不能抵抗, 也不能驳倒的。
16 你们也会被父母、弟兄、亲戚、朋友出卖, 他们又要害死你们一些人。
17 你们要因我的名, 被众人恨恶,
18 然而连你们的一根头发, 也必不失落。
19 你们要以坚忍的心志, 赢取自己的灵魂。
20 "当你们看见耶路撒冷被军队围困的时候, 就知道它荒凉的日子近了。
21 那时, 住在犹太的, 应该逃到山上; 住在城里的, 要离开; 住在乡下的, 不要进城。
22 因为这是报仇的日子, 使经上的一切话都得应验。
23 当那些日子, 怀孕的和乳养孩子的有祸了! 因为大灾难要临到这地, 烈怒要临到这民。
24 他们将倒在刀下, 被掳到各国, 耶路撒冷必被外族人践踏, 直到外族人的日期满足。
25 "日月星辰将有异兆; 在地上, 各国也要因着海洋波涛的咆哮而困苦不安。
26 天上的万象震动, 人因为等待即将临到世界的事, 都吓昏了。
27 那时, 他们要看见人子, 带着能力, 满有荣耀, 驾着云降临。
28 一有这些事, 你们就当挺身昂首, 因为你们的救赎近了。"
29 耶稣又给他们讲了一个比喻: "你们看看无花果树和各样的树。
30 它们什么时候发芽, 你们看见了, 就知道夏天近了。
31 同样, 你们什么时候看见这些事发生, 也应该知道 神的国近了。
32 我实在告诉你们, 这一切都必定发生, 然后这世代才会过去。
33 天地都过去, 但我的话决不会废去。
34 "你们应当自己小心, 免得在贪食醉酒和生活的挂虑压住你们的心的时候, 那日子突然临到你们,
35 正如网罗临到全地的所有居民。
36 你们要时刻警醒, 常常祈求, 好让你们能逃避这一切要发生的事, 可以站在人子面前。"
37 耶稣白天在殿里教导人, 晚上就到橄榄山上去过夜。
38 群众清早起来上圣殿, 到他那里要听他讲道。