1 Wees nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.
2 Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.
3 Hulle sal in die land van die HERE nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.
4 Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.
5 Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die HERE?
6 Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.
7 Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word 'n dwaas, die man van die gees 'n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.
8 Efraim is 'n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van 'n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.
9 Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van G¡bea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.
10 Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar hulle het na Ba„l-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en 'n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.
11 Efraim -- sy heerlikheid sal wegvlieg soos 'n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!
12 Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.
13 Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in 'n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.
14 Gee hulle, o HERE -- wat sal U gee? -- gee hulle 'n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.
15 Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.
16 Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
17 My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.
1 以色列啊! 不要欢喜; 不要像外族人一样快乐, 因为你行了邪淫, 离开你的 神, 在各打谷场上喜爱卖淫的赏赐。
2 打谷场和榨酒池不能喂养他们, 新酒也必使他们失望。
3 他们必不得住在耶和华之地; 以法莲要回到埃及去, 要在亚述吃不洁之物。
4 他们必不得向耶和华奠酒, 他们的祭物也不能使他喜悦。他们的饼好像丧家的饼, 凡吃这饼的, 都必被玷污; 因为他们的饼只可自己吃, 不可带进耶和华的殿。
5 那么, 在规定集会的日子和耶和华节期的时候, 你们能作什么?
6 看哪! 他们逃到亚述去, 埃及要收殓他们, 摩弗要埋葬他们。他们珍贵的银器必为蒺藜所占有, 他们的帐棚必长满荆棘。
7 惩罚的日子临近, 报应的时候来到, 以色列必定知道, 因着你们众多的罪孽和深仇大恨, 先知被看为愚昧, 受灵感动的人被当作疯子。
8 先知与 神一同作以法莲的守望者, 在他所行的一切路上, 都满有捕鸟人的网罗, 在他 神的家中只有仇恨。
9 以法莲深深败坏, 如同在基比亚的日子一般。 神必记得他们的罪孽, 惩罚他们的罪恶。
10 "我遇见以色列, 好像在旷野里遇见葡萄。我看见你们的列祖, 像看见无花果树初熟的果子。他们却来到巴力.毗珥, 专作羞耻的事, 成为可憎恶的, 像他们所爱的偶像一样。
11 至于以法莲, 他们的荣耀必如鸟儿飞逝; 没有生育, 没有怀胎, 没有成孕。
12 即使他们把儿女养大, 我也必使他们丧子, 一个不留。我离弃他们的时候, 他们就有祸了。"
13 在我看来, 以法莲的儿女注定被当作猎物; 以法莲要把自己的儿女带出来, 交给施行杀戮的人。
14 耶和华啊, 求你赐给他们; 你要赐给他们什么呢?求你使他们坠胎小产, 乳房萎缩。
15 "他们的一切罪恶都在吉甲, 我在那里憎恨他们, 因他们的恶行, 我要把他们从我的家里赶出来; 我不再爱他们, 他们的领袖都是叛徒。
16 以法莲被击打, 他们的根枯干了, 必不能再结果子。即使他们生产, 我必杀死他们所生的爱子。"
17 我的 神必弃绝他们, 因为他们不听从他; 他们必在列国中飘流。