1 Hoor dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle vir Mispa 'n vangnet geword het en 'n uitgespreide net op Tabor.
2 Ja, in verderflike praktyke verdiep die afvalliges hulle, maar Ek sal hulle almal tot tugtiging wees.
3 Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig.
4 Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is 'n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken die HERE nie.
5 En die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en Israel en Efraim sal struikel deur hulle ongeregtigheid, ook Juda sal saam met hulle struikel.
6 Met hulle kleinvee en hulle beeste sal hulle heengaan om die HERE te soek, maar Hom nie vind nie. Hy het Hom aan hulle onttrek.
7 Hulle het troueloos gehandel teen die HERE, want hulle het onegte kinders verwek; nou sal die nuwemaan hulle met hul velde verteer.
8 Blaas die basuin in G¡bea, die trompet in Rama! Hef aan die krygsgeskreeu in Bet-Awen. Agter jou kom dit, Benjamin!
9 Efraim sal 'n woesteny word op die dag van straf; onder die stamme van Israel maak Ek bekend wat seker is.
10 Die vorste van Juda is soos hulle wat die grenslyne verlê. Ek sal my grimmigheid oor hulle uitgiet soos water.
11 Efraim is verdruk, verbreek deur die oordeel; want dit het hom behaag om na die gebod van mense te wandel.
12 Daarom is Ek vir Efraim soos 'n mot en vir die huis van Juda soos 'n verrotting in die gebeente.
13 Toe Efraim sy krankheid sien en Juda sy sweer, het Efraim na Assur gegaan en na koning Jareb gestuur; maar hy kan julle nie genees en julle van die sweer nie gesond maak nie.
14 Want Ek is soos 'n leeu vir Efraim, en soos 'n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red.
15 Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek. In hulle nood sal hulle My soek.
1 祭司啊, 你们要听这话! 以色列家啊, 你们要留心听! 王的家啊, 你们要侧耳而听! 因为审判必临到你们, 因你们曾是米斯巴地的捕鸟机, 是他泊山上张开的网罗。
2 他们在什亭掘深了陷阱, 但我要惩治他们所有的人。
3 我认识以法莲, 以色列也瞒不住我; 以法莲啊! 现在你竟行淫, 以色列竟玷污了自己。
4 他们所行的使他们不能回转, 归回自己的 神; 因为在他们当中有淫乱的心; 他们也不认识耶和华。
5 以色列的骄傲当面指证自己, 以色列和以法莲因自己的罪孽跌倒, 犹大也与他们一同跌倒。
6 虽然他们带着牛群羊群去寻求耶和华, 却寻不见; 他已经离开他们远去了。
7 他们以诡诈待耶和华, 因为他们生了私生子。现在新月("新月"或译: "侵略者")要吞灭他们和他们的地业。
8 你们要在基比亚吹角, 在拉玛吹号, 在伯.亚文大声吶喊: "便雅悯啊! 敌人就在你背后。"
9 在责罚的日子, 以法莲必成为荒场。我要在以色列各支派中宣告一定会发生的事情。
10 "犹大的领袖, 好像挪移地界的人, 我要把我的忿怒倾倒在他们身上, 如同倒水一样。
11 以法莲受欺压, 被审判压碎; 因为他们乐意随从人的命令。
12 因此我要成为以法莲的蛀虫, 成为犹大家的朽烂。
13 以法莲看见自己的疾病, 犹大家看见自己的创伤, 以法莲就往亚述去, 派人去见亚述的大王。可是他却不能医治你们, 也不能医好你们的创伤。
14 因为我对以法莲要像只猛狮, 对犹大家必像头少壮狮子。我要亲自撕裂他们, 然后离去; 我把他们带走, 没有人能搭救。
15 我要回到自己的地方去; 直到他们承认自己的罪过, 寻求我的面。在痛苦中必恳切寻求我。"