1 Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samar¡a; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en 'n rowerbende plunder op die straat.

2 En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig.

3 Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.

4 Hulle is almal owerspelers; hulle is soos 'n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is.

5 Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters.

6 Ja, hulle het hul hart gemaak soos 'n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos 'n vuurvlam.

7 Hulle almal gloei soos 'n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.

8 Efraim -- hy vermeng hom met die volke; Efraim is 'n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.

9 Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.

10 Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.

11 So het Efraim dan geword soos 'n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.

12 Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.

13 Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! k tog wou hulle verlos, maar hulle het leuens teen My gespreek.

14 Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.

15 Alhoewel Ek hulle arms geoefen, versterk het, het hulle kwaad teen My beraam.

16 Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos 'n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.

1 "我医治以色列的时候, 以法莲的罪孽, 和撒玛利亚的罪恶就显露出来; 因为他们行欺诈, 小偷入屋偷窃, 强盗在外抢劫。

2 他们心里并未想到, 我记得他们的一切罪恶。他们所作的一切, 现在都围绕他们, 都在我面前。

3 他们以自己的恶行讨王欢喜, 用自己的虚谎叫领袖快乐。

4 他们全是犯奸淫的, 像一个被烤饼的人烧热的火炉, 从抟面, 直到全团发酵的时候, 烤饼的人暂停使火发旺。

5 在我们王喜庆的日子, 领袖们因酒的烈性而生病, 王就与亵慢人联手。

6 他们阴谋埋伏的时候, 心中烧得热如火炉。他们整夜抑制怒气, 一到早晨, 却像发出火焰的火燃烧起来。

7 所有的人都热如火炉, 吞灭他们的官长。他们所有的君王都倒毙了, 他们中间没有一人向我呼求。

8 "以法莲与外族混杂, 以法莲是没有翻过的饼。

9 外族人吞吃了他的力量, 他却不知道; 他头上满是白发, 他也不晓得。

10 虽然以色列的骄傲当面指证自己, 他们却不回转归向耶和华他们的 神, 也不因此寻求他。

11 以法莲好像一只愚蠢无知的鸽子。他们向埃及求助, 投奔亚述。

12 但他们去的时候, 我要把我的网撒在他们身上; 我要把他们如同空中的飞鸟打下来。我要按着他们会众所听见的, 惩罚他们。

13 他们有祸了, 因为他们离弃了我; 他们遭毁灭, 因为他们背叛了我。我虽然想救赎他们, 他们却对我说谎。

14 他们并没有真心向我呼求, 只是在床上哀恸罢了。他们为了五谷和新酒割伤自己, 仍然悖逆我。

15 我虽然锻炼他们的手臂, 使它们有力, 他们却图谋恶计攻击我。

16 他们转向巴力, 成了不可靠的了。他们的领袖因自己舌头上的狂傲倒在刀下, 这在埃及地必成为被人讥笑的对象。"