1 Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.

2 Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.

3 Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.

4 Laat net niemand met ons twis of ons berispe nie! Nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis!

5 Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan.

6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

7 Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.

8 Hulle lewe van die sondoffer van my volk, en na die se ongeregtigheid verlang hulle siel.

9 Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk -- Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade.

10 Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die HERE te vereer.

11 Hoerery en wyn en mos neem die hart weg.

12 My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want 'n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword.

13 Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.

14 Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want die manne sonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot 'n val.

15 As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie na Gilgal nie, en gaan nie op na Bet-Awen nie, en sweer nie: So waar as die HERE leef!

16 Want Israel is wederstrewig soos 'n wederstrewige koei; nou sal die HERE hulle laat wei soos 'n lam in die oop veld.

17 Efraim is gekoppel aan die afgode: laat hom staan!

18 As hulle drinkery verby is, dan hoereer hulle te meer. Hulle vorste is versot op skande.

19 Die wind bind hulle in sy vleuels, sodat hulle oor hul offers beskaamd sal staan.

1 以色列人哪! 你们要听耶和华的话。耶和华要与这地的居民争辩, 因为在这地上没有诚实, 没有慈爱, 也没有认识 神的知识;

2 只有起假誓、撒谎、残杀、偷盗、奸淫、行强暴, 以至流人血事件相继而来。

3 因此, 这地必悲哀, 地上所有的居民、田野的走兽、空中的飞鸟都必衰微、枯萎, 连海里的鱼也要灭亡。

4 虽然这样, 人人都不必争论, 不要彼此指责。祭司啊! 要与你辩论的是我。

5 白天你要跌倒, 晚上先知也必与你一同跌倒; 我要毁灭你的母亲。

6 我的子民因无知识而灭亡; 因为你拒绝了知识, 我必拒绝你, 不让你作我的祭司; 因为你忘掉了你 神的律法, 我也必忘记你的子孙。

7 祭司越增多, 就越发得罪我, 我必把他们的尊荣变为耻辱。

8 他们借着我的子民犯罪来养活自己, 渴望他们多有罪孽。

9 所以, 祭司怎样, 人民也怎样。我必按他们的行为惩罚他们, 照他们的行为报应他们。

10 他们吃, 却吃不饱; 行淫, 人数却不会增多; 因为他们离弃了耶和华, 不遵守他的命令。

11 淫行、陈酒和新酒, 把人的心夺走了。

12 我的子民求问木头, 由木杖引导他们, 因为淫荡的心使他们走迷了路, 他们就行淫不顺从 神。

13 他们在山顶上献祭, 在冈陵上的橡树、杨树和栗树之下献上烧香, 因为树荫美好。所以你们的女儿行淫乱, 你们的儿媳犯奸淫。

14 我却不因你们的女儿行淫乱, 也不因你们的儿媳犯奸淫而惩罚她们, 因为你们男人自己离群与娼妓在一起, 又与庙妓一同献祭。这无知的人民必遭毁灭。

15 以色列啊! 你虽然行淫, 犹大却不可犯罪, 不要往吉甲去, 不要上到伯.亚文, 也不要指着永活的耶和华起誓。

16 以色列倔强, 好像倔强的母牛, 现在耶和华怎样牧放他们, 好像牧放宽阔草场上的羊羔呢?

17 以法莲和偶像连在一起, 任凭他吧!

18 他们醉意全消以后, 就不断行淫; 他们的官长最喜爱耻辱的事。

19 风要把他们裹在翅膀里卷去, 他们必因自己所献的祭祀而蒙受羞辱。