1 Toe sê haar skoonmoeder Naomi vir haar: My dogter, sal ek nie vir jou 'n rusplek soek, dat dit goed met jou kan gaan nie?

2 Nou dan, is Boas by wie se diensmeisies jy gewees het, nie ons bloedverwant nie? Kyk, hy wan vannag op die vloer gars uit.

3 Was jou dan en salf jou en trek jou klere aan, en gaan af na die vloer toe; laat jou deur die man nie herken totdat hy klaar geëet en gedrink het nie.

4 Maar as hy gaan slaap, let dan op die plek waar hy gaan slaap; kom dan nader, maak sy voetenent oop en gaan lê; en hy sal jou te kenne gee wat jy moet doen.

5 En sy antwoord haar: Alles wat u sê, sal ek doen.

6 Daarop het sy afgegaan na die vloer en gedoen net soos haar skoonmoeder haar beveel het.

7 Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, het sy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lê.

8 En die man het teen middernag geskrik en vooroor gebuig en -- daar lê 'n vrou aan sy voetenent.

9 En hy vra: Wie is jy? Toe antwoord sy: Ek is Rut, u dienares; brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die losser.

10 En hy sê: Geseënd is jy deur die HERE, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.

11 Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy 'n deugsame vrou is.

12 Nou dan, dit is sekerlik waar dat ek die losser is, maar daar is nog 'n losser, nader as ek.

13 Bly vannag oor; en as hy jou môre wil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal ,k jou los, so waar as die HERE leef! Bly lê tot môre.

14 En sy het tot die môre aan sy voetenent bly lê. Maar nog voordat een die ander kon herken, het sy opgestaan; want hy het gesê: Dit mag nie bekend word dat die vrou op die vloer gekom het nie.

15 Daarna sê hy: Gee die tjalie wat jy om het, en hou dit oop. En sy het dit oopgehou, en hy het ses mate gars afgemeet en dit op haar gesit en die stad ingegaan.

16 Toe sy by haar skoonmoeder kom, het die gevra: En toe, my dogter? En sy het haar alles vertel wat die man aan haar gedoen het,

17 en gesê: Hierdie ses mate gars het hy my gegee, want hy het gesê: Jy moet nie met leë hande by jou skoonmoeder kom nie.

18 En sy antwoord: Sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak uitval; want die man sal nie rus tensy hy vandag nog die saak afgehandel het nie.

1 路得的婆婆拿俄米对她说: "女儿啊, 我不是应当为你找个归宿, 使你得到幸福吗?

2 你常常和他的女佣人在一起的波阿斯不是我们的亲戚吗?他今天晚上要在禾场上簸大麦。

3 你洗个澡, 抹上香膏, 穿上斗篷, 就下到禾场去。不过, 那个人还没有吃喝完毕, 别让他认出你来。

4 等到他躺下来, 你要弄清楚他所躺的地方, 进去掀露他的脚, 然后躺下去。他就会告诉你该作什么。"

5 路得对她说: "你吩咐的, 我就去作。"

6 于是, 她下到禾场去, 照着婆婆吩咐的一切去作。

7 波阿斯吃喝完了, 心里舒畅, 就去躺在麦堆的旁边。路得悄悄地来, 掀露他的脚, 躺卧下去。

8 到了夜半, 波阿斯惊醒过来, 一翻身就看到一个女子躺在他的脚边,

9 就说: "你是谁?"她回答: "我是你的婢女路得, 请用你的衣襟遮盖你的婢女, 因为你是我的有买赎权的近亲。"

10 波阿斯说: "我女儿, 愿你蒙耶和华赐福。你末后表现的爱心比起初更大, 因为年轻人无论贫富, 你都没有跟从。

11 我女儿, 现在你不要怕, 你所说的, 我一定去作。本城的人都知道你是个贤慧的女人。

12 不错, 我是你那有买赎权的近亲, 可惜还有一个有买赎权的近亲比我更亲。

13 今晚你就在这里过夜, 明早如果他肯尽买赎你的本分, 好, 就由他来履行; 假如他不愿意这样作, 我指着永活的耶和华起誓, 我一定尽买赎你的本分。你只管躺到天亮吧。"

14 路得躺在波阿斯脚边直到早晨。因为波阿斯说过不可以让人知道有女人来过禾场, 路得就趁天色未明, 人们彼此无法辨认的时候就起来。

15 他又说: "拿你所披的外衣来, 把它打开。"她打开了, 他就量了六簸箕大麦, 放在她的肩上。路得就进城去。

16 到她婆婆那里, 婆婆就问: "我女儿, 怎样了?"路得就把那人对她所作的一切都告诉了婆婆,

17 又说: "他给我这六簸箕大麦, 对我说: ‘不要空手去见你婆婆。’"

18 拿俄米说: "我女儿, 你尽管安静等候, 直到你知道事情怎样了结, 因为那人今天不把事情办妥, 绝不歇息。"