1 Paulus en Silv nus en Timothes aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:

2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

3 Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,

4 sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur --

5 'n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;

6 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,

7 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

9 Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,

10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

11 Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak,

12 sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.

1 保罗、西拉和提摩太, 写信给帖撒罗尼迦、在我们的父 神和主耶稣基督里的教会。

2 愿恩惠平安从父 神和主耶稣基督临到你们。

3 弟兄们, 我们应该常常为你们感谢 神, 这是合适的。因为你们的信心格外长进, 你们众人彼此相爱的心也在增加。

4 所以我们在 神的众教会里, 亲自夸奖你们, 因为你们在所受的一切迫害患难中, 仍然存着坚忍和信心。

5 这正是 神公义判断的明证, 使你们可以算是配得上他的国; 你们也是为了 神的国而受苦。

6 神既然是公义的, 主耶稣和他有能力的天使从天上显现在火焰中的时候, 就使你们这些受灾难的人, 可以和我们同享安息; 却以灾难报应那些把灾难加给你们的人。

8 又要报应那些不认识 神、不听从我们主耶稣的福音的人。

9 当主来的时候, 他们要受永远沉沦的惩罚, 就是离开主的面和他权能的荣光。在那一天, 他要在圣徒身上得着荣耀, 又要在所有信徒身上受到尊崇(你们也在他们当中, 因为你们信了我们向你们所作的见证)。

11 因此, 我们常常为你们祷告, 愿我们的 神看你们是配得上所蒙的召, 又用大能成就你们所羡慕的一切良善和信心的工作,

12 使我们主耶稣的名, 照着我们的 神和主耶稣基督的恩, 在你们身上得着荣耀, 你们也在他身上得着荣耀。