1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd:
2 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is,
3 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou,
4 'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring,
5 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing,
6 'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi,
7 'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek,
8 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.
9 Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?
10 Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.
11 Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
12 So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.
13 En ook -- dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.
14 Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.
15 Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.
16 Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg -- daar was onreg, en die plek van geregtigheid -- daar was onreg.
17 Ek het in my hart gesê: God sal die regverdige en die goddelose oordeel, want d r is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk.
18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is.
19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en 'n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.
20 Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.
21 Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?
22 So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat n hom sal wees?
1 万事都有定期, 天下万务都有定时:
2 生有时, 死有时; 栽种有时, 拔出所种的也有时;
3 杀戮有时, 医治有时; 拆毁有时, 建造有时;
4 哭有时, 笑有时; 哀恸有时, 踊跃有时;
5 拋掷石头有时, 堆聚石头有时; 拥抱有时, 避免拥抱有时;
6 寻找有时, 舍弃有时; 保存有时, 拋弃有时;
7 撕裂有时, 缝补有时; 静默有时, 讲话有时;
8 爱有时, 恨有时; 战争有时, 和平有时。
9 作工的人在自己的劳碌上得到什么益处呢?
10 我看 神给予世人的担子, 是要他们为此烦恼。
11 他使万事各按其时, 成为美好; 他又把永恒的意识放在人的心里; 虽然这样, 人还是不能察觉 神自始至终的作为。
12 我晓得人生最好是寻乐享福,
13 人人有吃有喝, 在自己的一切劳碌中自得其乐; 这就是 神的恩赐。
14 我知道 神所作的一切, 都必永存, 无可增添, 无可减少; 神这样作, 为要使人在他面前存敬畏的心。
15 现在有的, 先前就有; 将来有的, 早已有了; 因为 神使已过的事重新出现(" 神使已过的事重新出现"原文作" 神寻回已过的事")。
16 我在日光之下又看见: 审判的地方有奸恶, 维护公义的地方也有奸恶。
17 我自己心里说: " 神必审判义人和恶人, 因为各样事务、各样工作都有定时。"
18 我自己心里说: "至于世人, 神要试验他们, 使他们看见自己与牲畜无异。
19 因为世人所遭遇的与牲畜所遭遇的, 都是一样: 这个怎样死, 那个也怎样死, 两者的气息都是一样, 所以人并不胜于牲畜。一切都是虚空。
20 大家都到一个地方去, 都出于尘土, 也都归回尘土。
21 有谁知道人的灵是往上升, 牲畜的魂("魂"的原文与"灵"〔3:21〕和"气息"〔3:19〕相同)是下降而入地呢?"
22 因此我看人最好是在自己所作的事上自得其乐, 因为这也是他的分; 谁能使他看见他自己死后的事呢?