1 Daar is 'n onheil wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die mensdom:

2 'n Man aan wie God rykdom en skatte en eer gee, sodat hom niks ontbreek van alles wat hy kan begeer nie, maar God stel hom nie in staat om daarvan te geniet nie, want 'n vreemde geniet dit; dit is vergeefse moeite en 'n bitter lyding.

3 As 'n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy siel nie genoeg kry van die goeie en hy ook nie 'n begrafnis het nie, dan sê ek: 'n Misgeboorte is beter as hy,

4 want in nietigheid kom dit, en in duisternis gaan dit heen, en met duisternis word die naam daarvan bedek;

5 ook het dit die son nie gesien of geken nie. Dit het meer rus as hy.

6 Ja, al lewe hy ook twee maal duisend jaar en geniet nie die goeie nie -- gaan nie alles na een en dieselfde plek nie?

7 Al die moeitevolle arbeid van 'n mens is vir sy mond, en tog word die begeerte nie bevredig nie.

8 Want watter voorkeur het die wyse bo die dwaas, watter voorkeur die arme wat weet om hom te beweeg onder die lewendes?

9 Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die begeerte. Ook dit is tevergeefs en 'n gejaag na wind.

10 Wat hy ook is, lankal is sy naam genoem, en dit is bekend dat hy mens is: hy kan nie in die gereg gaan met Hom wat sterker is as hy nie.

11 Want hoe meer woorde, des te meer vermeerder hulle die nietigheid; watter voordeel het die mens daarvan?

12 Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die mens bekend maak wat n hom sal wees onder die son?

1 我看见日光之下有一件憾事, 重压在世人身上。

2 蒙 神赐予财富、资产和荣誉的人, 心里所愿的, 都一无所缺, 可是 神使他无力享用, 反而有外人来享用。这是虚空, 也是祸患。

3 人如果生下百子, 活了许多岁数, 年日长久, 但是心里不因美物满足, 又得不到安葬, 我以为流产的胎比他还好。

4 因为这胎虚虚而来, 暗暗而去, 黑暗把他的名字遮蔽了。

5 这胎既看不见天日, 又一无所知, 就比那人更得安息。

6 那人即使活了一千年, 再活一千年, 也享受不到什么; 他们两者不是都归一个地方吗?

7 人的一切劳碌都为口腹, 他的心却还是填不满。

8 智慧人比愚昧人有什么长处呢?穷人在众人面前知道怎样行事为人, 又有什么长处呢?

9 眼睛看见的, 胜过心中想望的。这也是虚空, 也是捕风。

10 已经存在的, 早已有了名称; 大家都知道人是怎样的; 人绝对无法与比自己强的抗辩。

11 因为话语增多, 虚空也增多, 这对人有什么益处呢?

12 在虚空、消逝如影的人生, 短暂的日子里, 有谁知道什么是对人有益处呢?谁能告诉人他死后在日光之下会发生什么事呢?