1 Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.

2 Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.

3 As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.

4 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.

5 Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?

6 Want soos daar baie drome is, so is daar ook nietige woorde in menigte, maar vrees God!

7 As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land -- verwonder jou nie oor die saak nie, want 'n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle.

8 Maar 'n voordeel vir 'n land onder alles is dit: 'n koning wat aan die landbou diensbaar word.

9 Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.

10 As die goed baie word, word die eters baie; watter voordeel het die besitter dan daarvan, behalwe dat sy oë dit aanskou?

11 Soet is die slaap van die arbeider, of hy min en of hy baie eet; maar die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.

12 Daar is 'n smartlike onheil wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie ongeluk.

13 Gaan hierdie rykdom verlore deur 'n ongeval, en het hy 'n seun verwek, dan besit die niks nie.

14 Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie.

15 So is dit dan ook 'n smartlike onheil: net soos hy gekom het, so sal hy heengaan; watter voordeel het hy dan dat hy hom vermoei het vir wind?

16 Ook eet hy sy lewe lank in duisternis en het baie ergernis; daarby sy lyding en toorn!

17 Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.

18 Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit 'n gawe van God.

19 Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie, omdat God hom laat besig wees met die vreugde van sy hart.

1 你到 神的殿, 脚步要谨慎; 近前聆听, 胜于愚昧人献祭, 因为他们不知道所作的是恶的。(本节在《马索拉抄本》为4:17)

2 在 神面前不可冒失开口, 心急发言, 因为 神在天上, 你在地上, 所以你的言语要寡少。(本节在《马索拉抄本》为5:1)

3 挂虑多就令人作梦, 言语多就显出愚昧。

4 你向 神许了愿, 就不可迟迟不还, 因为他不喜悦愚昧人; 所许的愿必须偿还。

5 许愿不还, 不如不许。

6 不可任你的口把自己陷于罪恶, 也不可在使者前面说是许错了。何必使 神因你的声音发怒, 破坏你手中的工作呢?

7 多梦和多话, 都是虚空的, 你只要敬畏 神。

8 如果你在一省之中, 看到穷人遭受欺压, 公正和公义被夺去, 也不必因此惊讶, 因为高位者之上有较高的照应, 在他们之上还有更高的。

9 各人都从土地得着利益, 就是君王也得到田地的供应。

10 贪爱银子的, 不因有银子满足; 贪爱财富的, 也不因得利知足。这也是虚空。

11 财物增加, 吃用的人也增加, 物主除了眼看以外, 还有什么益处呢?

12 劳力的人无论吃多吃少, 都睡得甜; 财主的丰足, 却不容他安睡。

13 我看见日光之下有一令人痛心的憾事, 就是财主积聚财富, 反受其害。

14 遭遇祸患, 财富就尽失; 他即使生了儿子, 也没有什么留给他。

15 他怎样从母胎赤身而来, 也必怎样赤身而去; 在劳碌中得来的, 他的手也带不走什么。

16 他怎样来, 也要怎样去, 这也是令人痛心的憾事; 他为风劳碌, 有什么益处呢?

17 他终生在黑暗中吃喝, 多有愁烦、疾病与愤怨。

18 我认为既善又美的, 就是人在 神所赐给他一生有限的年日中吃喝, 享受他在日光之下劳碌所得的一切, 因为这是他的分。

19 蒙 神赐予财富与资产的人, 神都使他能够享用, 并取自己的分, 在劳碌中自得其乐, 这是 神的恩赐。

20 他不多思念自己一生的年日, 因为 神使喜乐充满他的心。